fbpx
Wikipedia

Starotsjerkasskaja

Starotsjerkasskaja (Russies: Старочерка́сская), voorheen Tsjerkassk (Черка́сск), is ’n stanitsa (dorp) in Rostof-oblast, Rusland. Dit dateer van die laat 16de eeu en is geleë aan die regteroewer van die Donrivier, sowat 35 km van die groot Russiese hawestad Rostof aan die Don.

Huise en die Petropawlofsk-kerk gesien vanuit die kloktoring van die Katedraal van die Opstanding.

Die dorp is bekend daarvoor dat dit byna twee eeue lank die hoofkwartier van die kultuur en politiek van die Don-Kosakke was. Weens gereelde oorstromings in die lente wat die dorp verskeie kere verswelg het, het die Kosakke hulle hoofstad in 1805 na die hoërliggende Nowotsjerkassk geskuif.

In en om Starotsjerkasskaja is meer as 40 merkwaardige historiese en kulturele terreine, insluitende die Katedraal van die Opstanding (Woskresenski), wat in 1719 voltooi is, en sy beroemde vergulde ikonostase van hout.

’n Uitsig op die Katedraal van die Verheerliking (Preobrazjenski).

’n Kosakfort is waarskynlik reeds voor 1570 gebou op die eiland in die Donrivier wat later Monastirski genoem is, hoewel dit in 1593 die eerste keer in geskrifte genoem is. Dit het ná 50 jaar die hoofstad van die Don-Kosakke geword, eers as ’n onafhanklike entiteit tussen Rusland, Turkye en Pole, wat toe ’n vasal van die Russiese tsaars was, toe as ’n administratiewe streek en toe as die Don Woisko-provinsie van die Russiese Ryk.

Op sy hoogtepunt in die 18de eeu was Tsjerkassk ’n besige stad met ’n sterk fort. Dit was die woonplek van ’n hele paar beroemde Kosakke van die 17de en 18de eeu, onder andere Stepan Razin en Jermak Timofejewitsj. Dit was ook die terrein van woeste gevegte tussen Rusland, die Ottomaanse Ryk, die Krim en Kosakmagte.

Omdat dit op ’n eiland geleë was, was die stad se posisie baie gerieflik vir ’n fort en militêre kamp, maar ongerieflik vir ’n administratiewe en handelsentrum – die eiland is in die lente deur die Don oorstroom en die dig bevolkte houtstad het dikwels onder vernietigende brande deurgeloop.

In 1805 het die ataman die hoofstad na die nuwe stad Nowotsjerkassk (letterlik "Nuwe Tsjerkassk") geskuif. Dié was op ’n heuwel sowat 40 km van Tsjerkassk. Die meeste inwoners het na die nuwe hoofstad getrek. Die oorblyfsels van die ou stad het die status van stanitsa en die nuwe naam Starotsjerkasskaja (letterlik "Ou Tsjerkassk") gekry. Dit is nou die tuiste van ’n belangrike museum, toeristesentrum en Ortodokse monnikeklooster.

Koördinate:47°14′31″N40°02′10″O /47.242°N 40.036°O /47.242; 40.036

Starotsjerkasskaja
starotsjerkasskaja, taal, wysig, aangestuur, vanaf, tsjerkassk, russies, Старочерка, сская, voorheen, tsjerkassk, Черка, сск, stanitsa, dorp, rostof, oblast, rusland, dateer, laat, 16de, geleë, regteroewer, donrivier, sowat, groot, russiese, hawestad, rostof, . Starotsjerkasskaja Taal Hou dop Wysig Aangestuur vanaf Tsjerkassk Starotsjerkasskaja Russies Starocherka sskaya voorheen Tsjerkassk Cherka ssk is n stanitsa dorp in Rostof oblast Rusland Dit dateer van die laat 16de eeu en is gelee aan die regteroewer van die Donrivier sowat 35 km van die groot Russiese hawestad Rostof aan die Don Huise en die Petropawlofsk kerk gesien vanuit die kloktoring van die Katedraal van die Opstanding Die dorp is bekend daarvoor dat dit byna twee eeue lank die hoofkwartier van die kultuur en politiek van die Don Kosakke was Weens gereelde oorstromings in die lente wat die dorp verskeie kere verswelg het het die Kosakke hulle hoofstad in 1805 na die hoerliggende Nowotsjerkassk geskuif In en om Starotsjerkasskaja is meer as 40 merkwaardige historiese en kulturele terreine insluitende die Katedraal van die Opstanding Woskresenski wat in 1719 voltooi is en sy beroemde vergulde ikonostase van hout Geskiedenis Wysig n Uitsig op die Katedraal van die Verheerliking Preobrazjenski n Kosakfort is waarskynlik reeds voor 1570 gebou op die eiland in die Donrivier wat later Monastirski genoem is hoewel dit in 1593 die eerste keer in geskrifte genoem is Dit het na 50 jaar die hoofstad van die Don Kosakke geword eers as n onafhanklike entiteit tussen Rusland Turkye en Pole wat toe n vasal van die Russiese tsaars was toe as n administratiewe streek en toe as die Don Woisko provinsie van die Russiese Ryk Op sy hoogtepunt in die 18de eeu was Tsjerkassk n besige stad met n sterk fort Dit was die woonplek van n hele paar beroemde Kosakke van die 17de en 18de eeu onder andere Stepan Razin en Jermak Timofejewitsj Dit was ook die terrein van woeste gevegte tussen Rusland die Ottomaanse Ryk die Krim en Kosakmagte Omdat dit op n eiland gelee was was die stad se posisie baie gerieflik vir n fort en militere kamp maar ongerieflik vir n administratiewe en handelsentrum die eiland is in die lente deur die Don oorstroom en die dig bevolkte houtstad het dikwels onder vernietigende brande deurgeloop In 1805 het die ataman die hoofstad na die nuwe stad Nowotsjerkassk letterlik Nuwe Tsjerkassk geskuif Die was op n heuwel sowat 40 km van Tsjerkassk Die meeste inwoners het na die nuwe hoofstad getrek Die oorblyfsels van die ou stad het die status van stanitsa en die nuwe naam Starotsjerkasskaja letterlik Ou Tsjerkassk gekry Dit is nou die tuiste van n belangrike museum toeristesentrum en Ortodokse monnikeklooster Skakels WysigDorp se blad op die webtuiste van die goewerneur van Rostof Terrein van die Starotsjerkasskaja museum Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Starotsjerkasskaja Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Koordinate 47 14 31 N 40 02 10 O 47 242 N 40 036 O 47 242 40 036Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Starotsjerkasskaja amp oldid 2234662,