fbpx
Wikipedia

Tsjeljabinsk-oblast

Tsjeljabinsk-oblast (Russies: Челя́бинская о́бласть, Tsjeljabinskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland in die Oeralgebergte, op die grens tussen Europa en Asië. Dit lê in die Federale Distrik Oeral en die hoofstad is Tsjeljabinsk.

Tsjeljabinsk-oblast
Челябинская область
Die ligging van Tsjeljabinsk-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Oeral
Ekonomiese streek Oeral
Stigting 17 Januarie 1934
Regering
Hoofstad Tsjeljabinsk
Leier Michail Joerjewitsj
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 3 476 217
Volgorde 9de
Digtheid 39,55/km2
Stedelik 82%
Plattelands 18%
Statistiek
Oppervlakte 87 900 km2
Volgorde 36de
Tydsone UTC+06:00
Registrasienommer 74
Amptelike tale Russies
Webtuiste
Wapen en vlag

Portaal Rusland

Die oblast het volgens die Russiese sensus van 2010 ’n inwonertal van 3 476 217.

Inhoud

Gedurende die Middeleeue het Basjkiriese stamme die suidelike streek van die Oeralgebergte bewoon. Hulle was deel van die Goue Horde, Nogai-horde en kleiner Basjkiriese groepe. Die Tsaredom Rusland het die gebied in die laat 16de eeu beset. Die Russiese kolonisasie van die streek het egter eers in die 18de eeu begin, met die vestiging van ’n stelsel forte en handelsposte in 1734 aan wat toe die Russiese grens was. Baie stede in die oblast, ook Tsjeljabinsk self, kan hulle geskiedenis na hierdie forte terugspeur.

In 1743 het die Tsjeljabinsk-fort die middelpunt geword van die Iset-provinsie, ’n deel van die Orenburg-goewernaat. Van die 1750's tot 1770's het nywerhede in die suidelike Oeral hulle verskyning begin maak. Nadat die streek herstel het van die Poegatsjof-rebellie van 1773-1775, het die gebied van die hedendaagse oblast meer mense uit die Europese deel van Rusland gelok. Teen die middel 19de eeu was Tsjeljabinsk ’n groot handelsentrum in die Oeral, en ná die bou van die Transsiberiese Spoorlyn in die 1890's het dit ’n belangrike vervoersentrum geword wat Siberië met die res van die Russiese Ryk verbind het.

Die setel van die oblast se regering in Tsjeljabinsk.

In 1919 het Tsjeljabinsk die streekhoofstad van die nuut gestigte Tsjeljabinsk-goewernaat van die Russiese SFSR geword wat oostelike dele van die Orenburg-goewernaat asook Koergan en die Tobolsk-goewernaat ingesluit het. In 1923 het dit met die Perm-, Jekaterinburg- en Tobolsk-goewernaat saamgesmelt en die Oeral-oblast gevorm, Dit het 10 jaar bestaan. In Januarie 1934 is die Tsjeljabinsk-oblast gestig. Sy huidige grense is gevorm toe Koergan in 1943 ’n aparte oblast geword het.

In die 1930's het die streek se ekonomie en nywerheidsbedryf aansienlik gegroei toe dit ’n sleutelfokuspunt van die eerste Sowjetse vyfjaarplan geword het.

Op 4 Julie 1997 het Tsjeljabinsk saam met die Brjansk-, Magadan-, Saratof- en Wologda-oblast ’n magdelingsooreenkoms met die federale regering gesluit waarvolgens outonomie aan hulle toegeken is. Die ooreenkoms is op 2 Februarie 2002 afgeskaf.

Op 15 Februarie 2013 het ’n meteoroïde van 10 000 ton die Aarde se atmosfeer oor Rusland binnegedring. Dit het oor die suidelike Oeralstreek beweeg en bo Tsjeljabinsk-oblast ontplof. Sowat 1 500 mense is na berig word beseer, baie deur glas wat deur ’n skokgolf uit vensters geskiet is. Tot 3 000 geboue in ses stede dwarsoor die oblast is beskadig. Die ontploffing was so groot dat dit helder oordag skadu's op die grond gegooi het.

Die oblast het in 2010 altesaam 3 476 217 inwoners gehad. Daarvolgens was 83,8% Russe, 5,4% Tatare, 4,8% Basjkiriërs, 1,5% Oekraïners en 1,05% Kasakke. Ander groepe sluit in Duitsers, Belarusse en Armeniërs.

  1. . Unvestunrussia.biz. Geargiveer vanaf op 1 Desember 2020. Besoek op9 Junie 2016.
  2. (PDF). Rotobo.or.jp. Besoek op9 Junie 2016.
  3. . Investunural.com. Geargiveer vanaf op 2013-02-24. Besoek op9 Junie 2016.
  4. (ru) 19 Oktober 2015 op Wayback Machine
  5. . Jamestown (in Engels). 1997-07-07. Besoek op2019-05-02.
  6. Chuman, Mizuki. (PDF). Demokratizatsiya: 146. Geargiveer vanaf (PDF) op 2019-03-08. Besoek op2019-05-02.

Koördinate:54°32′N60°20′O /54.533°N 60.333°O /54.533; 60.333

Tsjeljabinsk-oblast
tsjeljabinsk, oblast, federale, deelgebied, rusland, taal, wysig, russies, Челя, бинская, бласть, tsjeljabinskaja, oblast, deelgebied, rusland, oeralgebergte, grens, tussen, europa, asië, federale, distrik, oeral, hoofstad, tsjeljabinsk, Челябинская, областьdi. Tsjeljabinsk oblast federale deelgebied van Rusland Taal Hou dop Wysig Tsjeljabinsk oblast Russies Chelya binskaya o blast Tsjeljabinskaja oblast is n deelgebied van Rusland in die Oeralgebergte op die grens tussen Europa en Asie 1 2 3 Dit le in die Federale Distrik Oeral en die hoofstad is Tsjeljabinsk Tsjeljabinsk oblast Chelyabinskaya oblastDie ligging van Tsjeljabinsk oblast in Rusland Politieke statusLand Russiese FederasieFederale distrik OeralEkonomiese streek OeralStigting 17 Januarie 1934RegeringHoofstad TsjeljabinskLeier Michail JoerjewitsjAmp GoewerneurWetgewer Wetgewende RaadBevolkingSensus 2010Totaal 3 476 217Volgorde 9deDigtheid 39 55 km2Stedelik 82 Plattelands 18 StatistiekOppervlakte 87 900 km2Volgorde 36deTydsone UTC 06 00Registrasienommer 74Amptelike tale RussiesWebtuiste http www pravmin74 ruWapen en vlagPortaal Rusland Die oblast het volgens die Russiese sensus van 2010 4 n inwonertal van 3 476 217 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Demografie 3 Verwysings 4 SkakelsGeskiedenis WysigGedurende die Middeleeue het Basjkiriese stamme die suidelike streek van die Oeralgebergte bewoon Hulle was deel van die Goue Horde Nogai horde en kleiner Basjkiriese groepe Die Tsaredom Rusland het die gebied in die laat 16de eeu beset Die Russiese kolonisasie van die streek het egter eers in die 18de eeu begin met die vestiging van n stelsel forte en handelsposte in 1734 aan wat toe die Russiese grens was Baie stede in die oblast ook Tsjeljabinsk self kan hulle geskiedenis na hierdie forte terugspeur In 1743 het die Tsjeljabinsk fort die middelpunt geword van die Iset provinsie n deel van die Orenburg goewernaat Van die 1750 s tot 1770 s het nywerhede in die suidelike Oeral hulle verskyning begin maak Nadat die streek herstel het van die Poegatsjof rebellie van 1773 1775 het die gebied van die hedendaagse oblast meer mense uit die Europese deel van Rusland gelok Teen die middel 19de eeu was Tsjeljabinsk n groot handelsentrum in die Oeral en na die bou van die Transsiberiese Spoorlyn in die 1890 s het dit n belangrike vervoersentrum geword wat Siberie met die res van die Russiese Ryk verbind het Die setel van die oblast se regering in Tsjeljabinsk In 1919 het Tsjeljabinsk die streekhoofstad van die nuut gestigte Tsjeljabinsk goewernaat van die Russiese SFSR geword wat oostelike dele van die Orenburg goewernaat asook Koergan en die Tobolsk goewernaat ingesluit het In 1923 het dit met die Perm Jekaterinburg en Tobolsk goewernaat saamgesmelt en die Oeral oblast gevorm Dit het 10 jaar bestaan In Januarie 1934 is die Tsjeljabinsk oblast gestig Sy huidige grense is gevorm toe Koergan in 1943 n aparte oblast geword het In die 1930 s het die streek se ekonomie en nywerheidsbedryf aansienlik gegroei toe dit n sleutelfokuspunt van die eerste Sowjetse vyfjaarplan geword het Op 4 Julie 1997 het Tsjeljabinsk saam met die Brjansk Magadan Saratof en Wologda oblast n magdelingsooreenkoms met die federale regering gesluit waarvolgens outonomie aan hulle toegeken is 5 Die ooreenkoms is op 2 Februarie 2002 afgeskaf 6 Op 15 Februarie 2013 het n meteoroide van 10 000 ton die Aarde se atmosfeer oor Rusland binnegedring Dit het oor die suidelike Oeralstreek beweeg en bo Tsjeljabinsk oblast ontplof Sowat 1 500 mense is na berig word beseer baie deur glas wat deur n skokgolf uit vensters geskiet is Tot 3 000 geboue in ses stede dwarsoor die oblast is beskadig Die ontploffing was so groot dat dit helder oordag skadu s op die grond gegooi het Demografie WysigDie oblast het in 2010 altesaam 3 476 217 inwoners gehad 4 Daarvolgens was 83 8 Russe 5 4 Tatare 4 8 Basjkiriers 1 5 Oekrainers en 1 05 Kasakke Ander groepe sluit in Duitsers Belarusse en Armeniers Verwysings Wysig Investing in Chelyabinsk city Invest in Russia Unvestunrussia biz Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2020 Besoek op 9 Junie 2016 On cooperation between the Chelyabinsk region and Japan PDF Rotobo or jp Besoek op 9 Junie 2016 Invest in Ural Investunural com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013 02 24 Besoek op 9 Junie 2016 4 0 4 1 ru Ocenka chislennosti naseleniya na 1 yanvarya 2014 goda i v srednem za 2013 god Geargiveer 19 Oktober 2015 op Wayback Machine Moscow Signs Power Sharing Agreements With Five More Regions Jamestown in Engels 1997 07 07 Besoek op 2019 05 02 Chuman Mizuki The Rise and Fall of Power Sharing Treaties Between Center and Regions in Post Soviet Russia PDF Demokratizatsiya 146 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 2019 03 08 Besoek op 2019 05 02 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tsjeljabinsk oblast Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Koordinate 54 32 N 60 20 O 54 533 N 60 333 O 54 533 60 333Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Tsjeljabinsk oblast amp oldid 2449202,