fbpx
Wikipedia

Tolien

Toliene (van die Griekse θολός tholós, "wasig" of "troebel") is die naam wat die sterrekundige Carl Sagan ingevoer het vir ’n groot verskeidenheid organiese verbindings wat gevorm word deur ultravioletsonstraling van eenvoudige verbindings wat koolstof bevat, soos koolstofdioksied (CO2), metaan (CH4) of etaan (C2H6), dikwels in kombinasie met stikstof (N2) of water (H2O). Toliene vorm nie natuurlik op die moderne Aarde nie, maar word in groot hoeveelhede aangetref op die oppervlak van ysliggame in die buitenste Sonnestelsel, en as rooierige gasdeeltjies in die atmosfeer van planete en mane in dié streek.

New Horizons se saamgestelde kleurfoto van(486958) 2014 MU69 toon sy rooi kleur vanweë toliene op sy oppervlak.

In die teenwoordigheid van water kan toliene rou materiale wees vir prebiotiese chemie, dus die nielewende chemie wat die basiese chemikalieë is wat lewe vorm. Hul bestaan het implikasies vir die oorsprong van lewe op Aarde en moontlik ander planete. As deeltjies in ’n atmosfeer verstrooi toliene lig en kan hulle die bewoonbaarheid van planete beïnvloed.

Op die mane Triton en Titaan word toliene van stikstof en metaan onder die invloed van sonlig gevorm. Triton se atmosfeer bevat 99,9% stikstof en 0,1% metaan, en Titaan s’n 98,4% stikstof en 1,6% metaan. Die oranjerooi kleur van laasgenoemde se atmosfeer word juis deur die aanwesigheid van toliene veroorsaak.

Ook op Pluto se grootste maan, Charon, kom toliene aan die noordpool voor, blyk uit waarnemings van die ruimtetuig New Horizons, wat in 2015 verby die dwergplaneet gevlieg het. Die hele(486958) 2014 MU69, wat ook deur New Horizons besoek is, is rooierig vanweë toliene op sy oppervlak.

  1. (in Engels). Nasa. 16 Mei 2019. vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019. Besoek op16 Mei 2019.
  2. Sagan, Carl; Khare, Bishun (11 Januarie 1979). "Tholins: organic chemistry of interstellar grains and gas". Nature. 277 (5692): 102–107. Bibcode:. doi:.
  3. McDonald, G.D.; Whited, L.J.; DeRuiter, C.; Khare, B.N.; Patnaik, A.; Sagan, C. (1996). "Production and chemical analysis of cometary ice tholins". Icarus. 122 (1): 107–117. Bibcode:. doi:.
  4. (PDF). Dale P. Cruikshank, Tobias. Owen, Cristina Dalle Ore, Thomas R. Geballe, Ted L. Roush, Catherine de Bergh, Scott A. Sandford, Francois Poulet, Gretchen K. Benedix, Joshua P. Emery. Icarus, 175, pages: 268–283, 2 March 2005.
  5. Sarah Hörst , Planetary Society, 23 Julie 2015. Besoek op 30 November 2016.
  6. Baez, J. (2005) - , Universiteit van Kalifornië
  7. Waite, J.H. jr., Young, D.T., Cravens, T.E., Coates, A.J., Crary, F.J., Magee, B. en Westlake, J. (2007) - , Science, 316, p. 870
  8. op Spaceref.com, 10 September 2015
  9. (PDF) P. Cruikshank, W.M. Grundy, D.T. Britt, E. Quirico, B. Schmitt, F. Scipioni, C.M. Dalle Ore, J.C. Cook, L. Gabasova, S. Protopapa, S.A. Stern, H.A. Weaver, A.J. Verbiscer, J.R. Spencer, C.J.A. Howett, R.P. Binzel, A.H. Parker, New Horizons Composition Team. 50th Lunar and Planetary Science Conference 2019 (LPI Contrib. No. 2132). Januarie 2019.
  10. Nola Taylor Redd, Space.com. 31 Desember 2018.

Tolien
tolien, taal, wysig, griekse, θολός, tholós, wasig, troebel, naam, sterrekundige, carl, sagan, ingevoer, groot, verskeidenheid, organiese, verbindings, gevorm, word, deur, ultravioletsonstraling, eenvoudige, verbindings, koolstof, bevat, soos, koolstofdioksied. Tolien Taal Hou dop Wysig Toliene van die Griekse 8olos tholos wasig of troebel 2 is die naam wat die sterrekundige Carl Sagan ingevoer het vir n groot verskeidenheid organiese verbindings wat gevorm word deur ultravioletsonstraling van eenvoudige verbindings wat koolstof bevat soos koolstofdioksied CO2 metaan CH4 of etaan C2H6 dikwels in kombinasie met stikstof N2 of water H2O 3 4 5 Toliene vorm nie natuurlik op die moderne Aarde nie maar word in groot hoeveelhede aangetref op die oppervlak van ysliggame in die buitenste Sonnestelsel en as rooierige gasdeeltjies in die atmosfeer van planete en mane in die streek New Horizons se saamgestelde kleurfoto van 486958 2014 MU69 toon sy rooi kleur vanwee toliene op sy oppervlak 1 In die teenwoordigheid van water kan toliene rou materiale wees vir prebiotiese chemie dus die nielewende chemie wat die basiese chemikaliee is wat lewe vorm Hul bestaan het implikasies vir die oorsprong van lewe op Aarde en moontlik ander planete As deeltjies in n atmosfeer verstrooi toliene lig en kan hulle die bewoonbaarheid van planete beinvloed Op die mane Triton en Titaan word toliene van stikstof en metaan onder die invloed van sonlig gevorm Triton se atmosfeer bevat 99 9 stikstof en 0 1 metaan en Titaan s n 98 4 stikstof en 1 6 metaan Die oranjerooi kleur van laasgenoemde se atmosfeer word juis deur die aanwesigheid van toliene veroorsaak 6 7 Ook op Pluto se grootste maan Charon kom toliene aan die noordpool voor blyk uit waarnemings van die ruimtetuig New Horizons wat in 2015 verby die dwergplaneet gevlieg het 8 Die hele 486958 2014 MU69 wat ook deur New Horizons besoek is is rooierig vanwee toliene op sy oppervlak 9 10 Verwysings Wysig NASA s New Horizons Team Publishes First Kuiper Belt Flyby Science Results in Engels Nasa 16 Mei 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019 Besoek op 16 Mei 2019 Sagan Carl Khare Bishun 11 Januarie 1979 Tholins organic chemistry of interstellar grains and gas Nature 277 5692 102 107 Bibcode 1979Natur 277 102S doi 10 1038 277102a0 McDonald G D Whited L J DeRuiter C Khare B N Patnaik A Sagan C 1996 Production and chemical analysis of cometary ice tholins Icarus 122 1 107 117 Bibcode 1996Icar 122 107M doi 10 1006 icar 1996 0112 A spectroscopic study of the surfaces of Saturn s large satellites H2O ice tholins and minor constituents PDF Dale P Cruikshank Tobias Owen Cristina Dalle Ore Thomas R Geballe Ted L Roush Catherine de Bergh Scott A Sandford Francois Poulet Gretchen K Benedix Joshua P Emery Icarus 175 pages 268 283 2 March 2005 Sarah Horst What in the world s are tholins Planetary Society 23 Julie 2015 Besoek op 30 November 2016 Baez J 2005 This Week s Finds in Mathematical Physics Universiteit van Kalifornie Waite J H jr Young D T Cravens T E Coates A J Crary F J Magee B en Westlake J 2007 The Process of Tholin Formation in Titan s Upper Atmosphere Science 316 p 870 New Horizons Probes the Mystery of Charon s Red Pole op Spaceref com 10 September 2015 The Colors of 486958 2014 MU69 Ultima Thule The Role Of Synthetic Organic Solids Tholins PDF P Cruikshank W M Grundy D T Britt E Quirico B Schmitt F Scipioni C M Dalle Ore J C Cook L Gabasova S Protopapa S A Stern H A Weaver A J Verbiscer J R Spencer C J A Howett R P Binzel A H Parker New Horizons Composition Team 50th Lunar and Planetary Science Conference 2019 LPI Contrib No 2132 Januarie 2019 NASA to Make Historic New Year s Day Flyby of Mysterious Ultima Thule Here s What to Expect Nola Taylor Redd Space com 31 Desember 2018 Eksterne skakels Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse en Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Tolien amp oldid 2216503,