Suideroord
Suideroord is 'n voorstad van Johannesburg wat in die administratiewe Streek F, sowat 8 km suid van die middestad, geleë is. Suideroord beslaan 'n oppervlakte van 1,54 km², terwyl die bevolking in die sensus van 2011 as 3 556 bepaal is. Die voorstad word verder verdeel in twee woonbuurte, Suideroord-Noord en Suideroord-Suid. Suideroord is oorspronklik in die 1970's as 'n blanke woonbuurt ontwikkel. Noemenswaardige geboue in Suideroord sluit die Anglikaanse St Andrews-kerk in Burgerstraat in. Honderde Afrikaner-slagoffers van 'n Britse konsentrasiekamp, wat tydens die Anglo-Boereoorlog op die terrein van die Turffontein-renbaan ingerig is, het hul laaste rusplek in Suideroord gevind. Die begrafnisterrein is in die vorm van sewe groot doodkiste ontwerp. Koördinate:26°16′19″S28°1′40″O /26.27194°S 28.02778°O /-26.27194; 28.02778Koördinate:26°16′19″S28°1′40″O /26.27194°S 28.02778°O /-26.27194; 28.02778 Land Suid-Afrika Provinsie Gauteng Munisipaliteit Stad Johannesburg Hoofplek Johannesburg Oppervlak • Totaal 1,41 km2 (0,54 vk. myl) Bevolking • Totaal 3 556 • Digtheid 2 522/km2 (6 530/vk. m.) Rasverdeling(2011) •Wit mense 35,2% •Indiërs/Asiërs 17,2% •Bruin mense 11,8% •Swart mense 33,3% •Ander 2,5% Taal(2011) •Engels 57,0% •Afrikaans 13,6% •Zoeloe 10,0% •Sotho 5,1% •Ander 2,5% Poskode(strate)
