Slowenië
Slowenië (Sloweens: Slovenija, [slɔˈʋèːnija],(hulp·inligting)), amptelik die Republiek Slowenië (Republika Slovenija,(hulp·inligting)), is 'n land in die suidelike Sentraal-Europa, aan die suidoostelike uitlopers van die Alpe. Slowenië beslaan 'n oppervlakte van 20 273 km² en het 'n bevolking van 2 094 060 in 2019 gehad. Slowenië word in die weste begrens deur Italië, in die suide deur die Adriatiese See, Kroasië in die suide en ooste, Hongarye in die noordooste en Oostenryk in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Ljubljana. Tot en met sy onafhanklikheid in 1991 was Slowenië 'n deelstaat van Joego-Slawië. Slowenië is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2007 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Die land is ook 'n lid van die Europese Raad, NAVO en het waarnemerstatus in die gemeenskap van Franstalige state, La Francophonie. Slowenië is die welvarendste en mees ontwikkelde van alle voormalige Joego-Slawiese deelstate. Op 25 Junie 1991, aan die begin van die Joego-Slawiese oorloë het Kroasië en Slowenië gelyktydig hul onafhanklikheid van Joego-Slawië verklaar, waarmee die verbrokkeling van dié multi-etniese staat, maar ook die Joego-Slawiese Oorlog van die 1990's begin het.
Republiek Slowenië Volkslied: Zdravljica
(Sloweens vir: "’n Heildronk") Hoofstad Ljubljana Grootste stad Ljubljana Amptelike tale Sloweens Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Borut Pahor
Janez Janša Onafhanklikheid
Kroate en Serwiërs
• Koninkryk van Serwiërs,
Kroate en Slowene
(Koninkryk Joego-Slawië)
• Sloweense nasieskap
• Joego-Slawië word republiek
• Sloweense onafhanklikheid
• Brioni-ooreenkoms
• Huidige grondwetvan Joego-Slawië
29 Oktober 1918
4 Desember 1918
19 Februarie 1944
29 November 1945
25 Junie 1991
7 Julie 1991
23 Desember 1991 Oppervlakte
- Totaal
- Water (%)
20 273 km2 (151ste)
7 827 myl2
0,7 Bevolking
- 2019-skatting
- 2002-sensus
- Digtheid
2 094 060 (144ste)
1 964 036
102 / km2 (106de)
264,2 / myl2BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita 2020-skatting
BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita 2020-skatting
MOI (2018) 0,902 (24ste) –baie hoog Gini (2018) 23,4(1ste) –laag Geldeenheid Euro (€) ( EUR
) Tydsone
- Somertyd MET (UTC+1)
MEST (UTC+2) Internet-TLD .si Skakelkode +386 Inhoud