fbpx
Wikipedia

Skeptical Inquirer

Skeptical Inquirer (SI) is 'n tweemaandelikse Amerikaanse tydskrif vir algemene gehoor, gepubliseer deur die Committee for Skeptical Inquiry (CSI) met die ondertitel: "The Magazine for Science and Reason". In 2016 het dit sy veertigste bestaansjaar gevier. Die Skeptical Inquirer (SI) is gedurende die grootste deel van sy bestaan gepubliseer deur die Committee for the Scientific Investigation of Claims of the Paranormal, alom bekend onder die akroniem CSICOP. In 2006 het die uitvoerende raad van CSICOP die naam van CSICOP tot die Committee for Skeptical Inquiry (CSI) verkort en sy missieverklaring uitgebrei.

Skeptical Inquirer
Hoofredakteur Kendrick Frazier
Kategorieë skeptiese tydskrif
Frekwensie tweemaandeliks
Oplaag 24 672
Uitgewer Committee for Skeptical Inquiry
Center for Inquiry
Jaar gestig 1976; 44 jaar gelede (1976)
Eerste uitgawe tweede helfte 1976
Land Verenigde State van Amerika
Taal Engels
Webwerf
ISSN

Inhoud

Kendrick Frazier in sy kantoor, 2018

Die formele missieverklaring wat in 2006 goedgekeur is, lui: "Die Committee for Skeptical Inquiry bevorder wetenskap en wetenskaplike ondersoek, kritiese denke, wetenskaponderrig en die gebruik van rede in die ondersoek van belangrike kwessies. Dit moedig die kritiese ondersoek na omstrede of buitengewone aansprake vanuit 'n verantwoordelike, wetenskaplike oogpunt en versprei feitelike inligting oor die resultate van sulke navrae aan die wetenskaplike gemeenskap, die media en die publiek." In elke uitgawe verskyn 'n korter weergawe van die missiestelling: “... bevorder wetenskaplike ondersoek, kritiese ondersoek en die gebruik van rede om kontroversiële en buitengewone eise te ondersoek.”

Kendrick Frazier (links) en George Hrab in April 2011

Kendrick Frazier, wat sedert Augustus 1977 Skeptical Inquirer geredigeer het, het die tydskrif beskryf as "'n ongewone baster: deel semipopulêre tydskrif en 'n deel wetenskaplike en vakkundige tydskrif." Hy het gesê: "Ek dink dit is billik om te sê dat ons nie net help om dissiplinêre hindernisse binne wetenskaplike velde oor te brug nie, maar ook die gapings tussen die 'harde' en 'sagte' wetenskappe, tussen wetenskap en geesteswetenskappe, tussen akademici en nie-akademici, en tussen wetenskap en die algemene publiek oorbrug.” Frazier het ook gereeld gepraat oor die breër doelstellings en hoër waardes van skeptiese ondersoek wat volgens hom die Skeptical Inquirer 'n voorbeeld van moet probeer wees: "Ons skeptici doen dit alles, ons ondersoek die kleinste vreemde raaisels terwyl ons ook die kragtige instrumente van wetenskap en rede verduidelik en toepas om te dink oor die grootste kwessies van kommer en verwarring in die hedendaagse komplekse samelewings."

Daniel Loxton, Kanadese skrywer, skeptikus en historikus, wat in 2013 geskryf het oor die missie en doelstellings van die skeptiese beweging, het 'n redakteur van die Sweedse skeptiese tydskrif Folkvett aangehaal wat voel dat SI 'n tydskrif is wat geskryf is deur "ou wit mans, vir ou wit mans". Hy het die idee dat mense oor die paranormale, die kulkunstenaar Uri Geller en kristalskedels wil lees gekritiseer omdat dit nie meer van belang is nie. Dit blyk asof Paul Kurtz, Amerikaanse wetenskaplike skeptici en sekulêre humanis, in 2009 hierdie sentiment wou deel en verklaar het dat die organisasie steeds sommige paranormale onderwerpe sal ondersoek omdat hulle kundigheid op hierdie gebied het, maar dat hulle ander gebiede sal begin ondersoek. Kurtz het gesê SI het "'n historiese punt bereik: die erkenning dat daar 'n kritieke behoefte is om ons rigting te verander."

Die tydskif se redakteur Kendrick Frazier het die omvang van die tydskrif uitgebrei om onderwerpe wat minder paranormaal was in te sluit en meer van die wat 'n aanval op wetenskap en kritiese denke is, soos ontkenning van klimaatsverandering, samesweringsteorieë en die invloed van die alternatiewe medisyne-beweging in gesluit. Frazier het ook bygevoeg dat "paranormale eise steeds wydverspreid is" en verwys na peilings wat lui dat die Amerikaanse publiek uit 'n lys van tien algemene paranormale onderwerpe vier sal kies as 'n onderwerp waarin hulle glo. Terwyl die algemene skeptisisme-gemeenskap van mening is dat mense nie meer tyd moet mors om die paranormale te ontrafel nie, onderwerpe wat lank gelede gediskrediteer is, het Frazier gesê: "Miljoene Amerikaners aanvaar hulle nog vandag."

Douglas Hofstadter het in die tydskrif Scientific American geskyf dat die doel van die Skeptical Inquirer tydskrif is om "nonsens te bestry ... belaglike eise word gereeld in stukke geslaan." Hy skryf dat daar artikels geskryf is vir almal wat Engels kan lees, geen spesiale kennis of kundigheid is nodig nie; die enigste vereiste is "nuuskierigheid oor die waarheid".

Barry Karr lees Skeptical Inquirer in die sneeu buite CSI se kantoor in Amherst, New York, 2014

Die tydskrif was oorspronklik getiteld The Zetetic (uit die Grieks wat 'skeptiese soeker' of 'skeptisisme' beteken), en is oorspronklik geredigeer deur Marcello Truzzi. Ongeveer 'n jaar na die begin van die tydskrif het 'n skeuring ontwikkel tussen die redakteur Truzzi en die res van CSICOP. Die een kant (CSICOP) was meer "ferm teen onsin, meer bereid om op die aanval te gaan teen bonatuurlike eise" en die ander kant ("Die relativistiese faksie", oftewel Truzzi) wou hê dat wetenskap en pseudowetenskap "gelukkig saam" moet bestaan. Truzzi het vertrek om The Zetetic Scholar te begin en CSICOP het die tydskrif se naam verander na Skeptical Inquirer.

Historikus Daniel Loxton spekuleer oor die antwoord op die vraag: as CSICOP indien nie die eerste skeptiese publikasie was nie, waarom dit dan beskou word as die "geboorte van moderne skeptisisme" ten minste vir die Engelssprekende wêreld? Loxton skryf dat dit was omdat CSICOP hierdie versameling werk georganiseer het en dit 'n besondere studieveld was. Die organisasie was die eerste om beste praktyke, spesialiskenners, tydskrifte en professionele skrywers en navorsers op te stel.

Benewens die artikels, bevat die gedrukte weergawe van die tydskrif resensies van noemenswaardige paranormale en skeptiese boeke geskryf deur personeel of gaskrywers. "'n Brief aan die redakteur" is ook ingesluit. Binnekant bevat die tydskrif kennis van huidige CSI-genote, wetenskaplike en tegniese konsultante sowel as verbonde organisasies. Daar is ook wêreldwye CFI-liggings gelys. Die finale bladsy bevat 'n "Skeptiese herdenkings"-afdeling geskryf deur Tim Farley en 'n strokiesprent genoemd "Carbon Dating" geskryf en geteken deur strokiesprenttekenaar Kyle Sanders. Die webwerf van die tydskrif bevat bykomende inhoud, waaronder 'n winkel, en 'n argief van aanlyn-artikels (anders as dié in die gedrukte weergawe) wat dateer terug na 1994 en wat sonder 'n intekening beskikbaar gestel word. Een rubriek is in Spaans geskryf, en 'n verskeidenheid Engelse artikels op die webwerf is ook beskikbaar in Spaans. Daar is ook 'n mobiele toep beskikbaar.

Skeptical Inquirer in Parys

Verskeie noemenswaardige skeptici het die invloed wat die tydskrif op hulle gehad het tydens die vroeë stadium van hul ontwikkeling as wetenskaplike skeptici beskryf. In 1995 was Perry DeAngelis, Amerikaanse podsender, en dr. Steven Novella, Amerikaanse kliniese neuroloog, vriende wat Dungeons & Dragons saam gespeel het totdat DeAngelis 'n Skeptical Inquirer tydskrif op die tafel in Novella se woonstel opgemerk het. DeAngelis, wat ook 'n ywerige leser van die tydskrif was, het die agterblad aan Novella uitgewys, waar daar 'n lys van skeptiese organisasies was, en gesê: "Wat skort?" DeAngelis het gesê dat wat ontbreek was 'n skeptiese groep van Connecticut en het gesê "ons moet dit doen" waarop Novella ingestem het. Hulle het die New England Skeptical Society en uiteindelik die "Skeptic's Guide to the Universe"-podsending begin.

Amerikaanse skeptiese aktivis Susan Gerbic skryf dat toe sy 'n Skeptical Inquirer-tydskrif in die biblioteek gevind het, het dit haar op die weg van kritiese denke begin. "Ek wens ek kon onthou watter artikels daarin was, maar ek is seker dat ek my besig gehou het met die omslagkuns ... dit was waarskynlik in die vroeë 1980's. Dit was asof 'n gloeilamp in kop my ontplof het. Dit was soos om af 'n gang te loop en deure oop te maak vir onderwerpe waarvan ek nie geweet het nie. Oor sommige onderwerpe het ek myself gevra: 'Glo mense in die gekke ding?' en ander onderwerpe het my laat sê: 'Wag, dit kan nie waar wees nie?'"

Douglas Hofstader het in Scientific American geskryf "waarom sou Skeptical Inquirer slaag as die enigste mense wat dit lees mense is wat nie in die paranormale glo nie?" Die antwoord, sê hy, lê agter in die tydskrif in die afdeling 'Briewe aan die redakteur'. "Baie mense skryf in om te sê hoe belangrik die tydskrif vir hulle, hul vriende en hul studente was. Hoërskoolonderwysers is een van die gereeldste skrywers van bedankings vir die redaksie van die tydskrif, maar ek het ook entoesiastiese briewe gesien van predikante, gashere van radio-geselsprogramme en mense in baie ander beroepe."

Noord-Oos-konferensie oor wetenskap en skeptisisme aan Barusch-kollege, 2011

Levy en Olynyk-kunsprojek

Geïnspireer deur die vier dekades van die Skeptical Inquirer tydskrif, is die uitstalling Some Provocations from Skeptical Inquirers deur kunstenaars Ellen Levy en Patricia Olynyk in die Baruch College se Mishkin-gallery in Manhattan, New York in Februarie 2016 uitgestal. Resensent Eileen G'Sell skryf dat hulle "die dieptes van die muilagtige ontologiese see, wat empiriese geloof is, verken." Sy verklaar dat die werk "hierdie ingeboude konfrontasie verteenwoordig tussen feit en fiksie was die basis van die Skeptical Inquirer en dié se speelse bereidwilligheid om die onwaarskynlikste verskynsels te oorweeg."

CSI het tans ongeveer honderd vooraanstaande genote.

  1. (PDF). Skeptical Inquirer (in Engels). 39 (6): 12. November–Desember 2015. ISSN . Geargiveer vanaf (PDF) op 13 Februarie 2020.
  2. . CSI (in Engels). CFI. 28 April 2019. vanaf die oorspronklike op 28 April 2019. Besoek op17 Junie 2020.
  3. Frazier, Kendrick (4 Desember 2006). (in Engels). CFI. vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020. Besoek op17 Junie 2020.
  4. Frazier, Kendrick (1988). (PDF). Skeptical Inquirer (in Engels). XII: 228–229. Geargiveer vanaf (PDF) op 30 Januarie 2020.
  5. Frazier, Kendrick (November 2013). . Skeptical Inquirer (in Engels). 6 (37): 11–13. Geargiveer vanaf op 25 Januarie 2020.
  6. Loxton, Daniel (2007). (Engels). Skeptic Blog. The Skeptic Society. Argief geskep van op 12 Januarie 2020. URL besoek op 16 Junie 2020.
  7. Hofstadter, Douglas (1 Februarie 1982). . Scientific American (in Engels). 246 (2): 18–26. Geargiveer vanaf op 25 Januarie 2020. Besoek op16 Junie 2020.
  8. Kurtz, Paul (29 Oktober 2010). (in Engels). Prometheus Books. p. 218. ISBN 9781615929702. Besoek op16 Junie 2020.
  9. Hofstadter, Douglas (2008). (in Engels). Penguin Basic Books. p. 95. ISBN 978-0-7867-2386-7. Besoek op16 Junie 2020.
  10. Loxton, Daniel (13 Mei 2013). . Skeptic Blog (in Engels). The Skeptic Society. vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020. Besoek op16 Junie 2020.
  11. . skepticalinquirer.org (in Engels). CFI. vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op17 Junie 2020.
  12. . centerforinquiry.org (in Engels). CFI. 18 Februarie 2016. vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2020. Besoek op17 Junie 2020.
  13. Bernstein, Evan (19 Augustus 2013). (Engels). The Rogues Gallery. The Rogues Gallery. Argief geskep van op 5 Januarie 2014. URL besoek op 16 Junie 2020.
  14. Susan, Gerbic (17 Maart 2016). . Skeptical Inquirer (in Engels). CSICOP. vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2020. Besoek op17 Junie 2020.
  15. G'Sell, Eileen (19 Maart 2016). . Arte Fuse (in Engels). Geargiveer vanaf op 3 Julie 2019. Besoek op16 Junie 2020.
  16. Corwin, William (April 2016). . The Brooklyn Rail (in Engels). vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2017. Besoek op16 Junie 2020.
  17. . Skepticalinquirer.org (in Engels). CSI. vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op17 Junie 2020.

Skeptical Inquirer
skeptical, inquirer, lees, ander, taal, wysig, tweemaandelikse, amerikaanse, tydskrif, algemene, gehoor, gepubliseer, deur, committee, skeptical, inquiry, ondertitel, magazine, science, reason, 2016, veertigste, bestaansjaar, gevier, gedurende, grootste, deel,. Skeptical Inquirer Lees in 039 n ander taal Hou dop Wysig Skeptical Inquirer SI is n tweemaandelikse Amerikaanse tydskrif vir algemene gehoor gepubliseer deur die Committee for Skeptical Inquiry CSI met die ondertitel The Magazine for Science and Reason In 2016 het dit sy veertigste bestaansjaar gevier Die Skeptical Inquirer SI is gedurende die grootste deel van sy bestaan gepubliseer deur die Committee for the Scientific Investigation of Claims of the Paranormal alom bekend onder die akroniem CSICOP In 2006 het die uitvoerende raad van CSICOP die naam van CSICOP tot die Committee for Skeptical Inquiry CSI verkort en sy missieverklaring uitgebrei Skeptical InquirerHoofredakteur Kendrick FrazierKategoriee skeptiese tydskrifFrekwensie tweemaandeliksOplaag 24 672 1 Uitgewer Committee for Skeptical Inquiry Center for InquiryJaar gestig 1976 44 jaar gelede 1976 Eerste uitgawe tweede helfte 1976Land Verenigde State van AmerikaTaal EngelsWebwerf skepticalinquirer wbr orgISSN 0194 6730 Inhoud 1 Missieverklaring en doelstellings 2 Geskiedenis 3 Tydskrifinhoud 4 Invloed 4 1 Levy en Olynyk kunsprojek 5 Oor CSI 6 Sien ook 7 VerwysingsMissieverklaring en doelstellings Wysig Kendrick Frazier in sy kantoor 2018 Die formele missieverklaring wat in 2006 goedgekeur is lui Die Committee for Skeptical Inquiry bevorder wetenskap en wetenskaplike ondersoek kritiese denke wetenskaponderrig en die gebruik van rede in die ondersoek van belangrike kwessies Dit moedig die kritiese ondersoek na omstrede of buitengewone aansprake vanuit n verantwoordelike wetenskaplike oogpunt en versprei feitelike inligting oor die resultate van sulke navrae aan die wetenskaplike gemeenskap die media en die publiek 2 In elke uitgawe verskyn n korter weergawe van die missiestelling bevorder wetenskaplike ondersoek kritiese ondersoek en die gebruik van rede om kontroversiele en buitengewone eise te ondersoek 3 Kendrick Frazier links en George Hrab in April 2011 Kendrick Frazier wat sedert Augustus 1977 Skeptical Inquirer geredigeer het het die tydskrif beskryf as n ongewone baster deel semipopulere tydskrif en n deel wetenskaplike en vakkundige tydskrif Hy het gese Ek dink dit is billik om te se dat ons nie net help om dissiplinere hindernisse binne wetenskaplike velde oor te brug nie maar ook die gapings tussen die harde en sagte wetenskappe tussen wetenskap en geesteswetenskappe tussen akademici en nie akademici en tussen wetenskap en die algemene publiek oorbrug 4 Frazier het ook gereeld gepraat oor die breer doelstellings en hoer waardes van skeptiese ondersoek wat volgens hom die Skeptical Inquirer n voorbeeld van moet probeer wees Ons skeptici doen dit alles ons ondersoek die kleinste vreemde raaisels terwyl ons ook die kragtige instrumente van wetenskap en rede verduidelik en toepas om te dink oor die grootste kwessies van kommer en verwarring in die hedendaagse komplekse samelewings 5 Daniel Loxton Kanadese skrywer skeptikus en historikus wat in 2013 geskryf het oor die missie en doelstellings van die skeptiese beweging het n redakteur van die Sweedse skeptiese tydskrif Folkvett aangehaal wat voel dat SI n tydskrif is wat geskryf is deur ou wit mans vir ou wit mans Hy het die idee dat mense oor die paranormale die kulkunstenaar Uri Geller en kristalskedels wil lees gekritiseer omdat dit nie meer van belang is nie Dit blyk asof Paul Kurtz Amerikaanse wetenskaplike skeptici en sekulere humanis in 2009 hierdie sentiment wou deel en verklaar het dat die organisasie steeds sommige paranormale onderwerpe sal ondersoek omdat hulle kundigheid op hierdie gebied het maar dat hulle ander gebiede sal begin ondersoek Kurtz het gese SI het n historiese punt bereik die erkenning dat daar n kritieke behoefte is om ons rigting te verander 6 Die tydskif se redakteur Kendrick Frazier het die omvang van die tydskrif uitgebrei om onderwerpe wat minder paranormaal was in te sluit en meer van die wat n aanval op wetenskap en kritiese denke is soos ontkenning van klimaatsverandering samesweringsteoriee en die invloed van die alternatiewe medisyne beweging in gesluit Frazier het ook bygevoeg dat paranormale eise steeds wydverspreid is en verwys na peilings wat lui dat die Amerikaanse publiek uit n lys van tien algemene paranormale onderwerpe vier sal kies as n onderwerp waarin hulle glo Terwyl die algemene skeptisisme gemeenskap van mening is dat mense nie meer tyd moet mors om die paranormale te ontrafel nie onderwerpe wat lank gelede gediskrediteer is het Frazier gese Miljoene Amerikaners aanvaar hulle nog vandag 6 Douglas Hofstadter het in die tydskrif Scientific American geskyf dat die doel van die Skeptical Inquirer tydskrif is om nonsens te bestry belaglike eise word gereeld in stukke geslaan Hy skryf dat daar artikels geskryf is vir almal wat Engels kan lees geen spesiale kennis of kundigheid is nodig nie die enigste vereiste is nuuskierigheid oor die waarheid 7 Barry Karr lees Skeptical Inquirer in die sneeu buite CSI se kantoor in Amherst New York 2014Geskiedenis WysigDie tydskrif was oorspronklik getiteld The Zetetic uit die Grieks wat skeptiese soeker of skeptisisme beteken en is oorspronklik geredigeer deur Marcello Truzzi 8 Ongeveer n jaar na die begin van die tydskrif het n skeuring ontwikkel tussen die redakteur Truzzi en die res van CSICOP Die een kant CSICOP was meer ferm teen onsin meer bereid om op die aanval te gaan teen bonatuurlike eise 9 en die ander kant Die relativistiese faksie 9 oftewel Truzzi wou he dat wetenskap en pseudowetenskap gelukkig saam moet bestaan Truzzi het vertrek om The Zetetic Scholar te begin en CSICOP het die tydskrif se naam verander na Skeptical Inquirer 7 Historikus Daniel Loxton spekuleer oor die antwoord op die vraag as CSICOP indien nie die eerste skeptiese publikasie was nie waarom dit dan beskou word as die geboorte van moderne skeptisisme ten minste vir die Engelssprekende wereld Loxton skryf dat dit was omdat CSICOP hierdie versameling werk georganiseer het en dit n besondere studieveld was Die organisasie was die eerste om beste praktyke spesialiskenners tydskrifte en professionele skrywers en navorsers op te stel 10 Tydskrifinhoud WysigBenewens die artikels bevat die gedrukte weergawe van die tydskrif resensies van noemenswaardige paranormale en skeptiese boeke geskryf deur personeel of gaskrywers n Brief aan die redakteur is ook ingesluit Binnekant bevat die tydskrif kennis van huidige CSI genote wetenskaplike en tegniese konsultante sowel as verbonde organisasies Daar is ook wereldwye CFI liggings gelys Die finale bladsy bevat n Skeptiese herdenkings afdeling geskryf deur Tim Farley en n strokiesprent genoemd Carbon Dating geskryf en geteken deur strokiesprenttekenaar Kyle Sanders Die webwerf van die tydskrif bevat bykomende inhoud waaronder n winkel en n argief van aanlyn artikels anders as die in die gedrukte weergawe wat dateer terug na 1994 en wat sonder n intekening beskikbaar gestel word Een rubriek is in Spaans geskryf en n verskeidenheid Engelse artikels op die webwerf is ook beskikbaar in Spaans Daar is ook n mobiele toep beskikbaar 11 12 Skeptical Inquirer in ParysInvloed WysigVerskeie noemenswaardige skeptici het die invloed wat die tydskrif op hulle gehad het tydens die vroee stadium van hul ontwikkeling as wetenskaplike skeptici beskryf In 1995 was Perry DeAngelis Amerikaanse podsender en dr Steven Novella Amerikaanse kliniese neuroloog vriende wat Dungeons amp Dragons saam gespeel het totdat DeAngelis n Skeptical Inquirer tydskrif op die tafel in Novella se woonstel opgemerk het DeAngelis wat ook n ywerige leser van die tydskrif was het die agterblad aan Novella uitgewys waar daar n lys van skeptiese organisasies was en gese Wat skort DeAngelis het gese dat wat ontbreek was n skeptiese groep van Connecticut en het gese ons moet dit doen waarop Novella ingestem het Hulle het die New England Skeptical Society en uiteindelik die Skeptic s Guide to the Universe podsending begin 13 Amerikaanse skeptiese aktivis Susan Gerbic skryf dat toe sy n Skeptical Inquirer tydskrif in die biblioteek gevind het het dit haar op die weg van kritiese denke begin Ek wens ek kon onthou watter artikels daarin was maar ek is seker dat ek my besig gehou het met die omslagkuns dit was waarskynlik in die vroee 1980 s Dit was asof n gloeilamp in kop my ontplof het Dit was soos om af n gang te loop en deure oop te maak vir onderwerpe waarvan ek nie geweet het nie Oor sommige onderwerpe het ek myself gevra Glo mense in die gekke ding en ander onderwerpe het my laat se Wag dit kan nie waar wees nie 14 Douglas Hofstader het in Scientific American geskryf waarom sou Skeptical Inquirer slaag as die enigste mense wat dit lees mense is wat nie in die paranormale glo nie Die antwoord se hy le agter in die tydskrif in die afdeling Briewe aan die redakteur Baie mense skryf in om te se hoe belangrik die tydskrif vir hulle hul vriende en hul studente was Hoerskoolonderwysers is een van die gereeldste skrywers van bedankings vir die redaksie van die tydskrif maar ek het ook entoesiastiese briewe gesien van predikante gashere van radio geselsprogramme en mense in baie ander beroepe 7 Noord Oos konferensie oor wetenskap en skeptisisme aan Barusch kollege 2011 Levy en Olynyk kunsprojek Wysig Geinspireer deur die vier dekades van die Skeptical Inquirer tydskrif is die uitstalling Some Provocations from Skeptical Inquirers deur kunstenaars Ellen Levy en Patricia Olynyk in die Baruch College se Mishkin gallery in Manhattan New York in Februarie 2016 uitgestal Resensent Eileen G Sell skryf dat hulle die dieptes van die muilagtige ontologiese see wat empiriese geloof is verken 15 Sy verklaar dat die werk hierdie ingeboude konfrontasie verteenwoordig tussen feit en fiksie was die basis van die Skeptical Inquirer en die se speelse bereidwilligheid om die onwaarskynlikste verskynsels te oorweeg 16 Oor CSI WysigCSI het tans ongeveer honderd vooraanstaande genote 17 Opmerklike genote van die verlede sluit in Isaac Asimov Martin Gardner Stephen Jay Gould Carl Sagan en Nobelpryswenners Francis Crick en Glenn T Seaborg Huidige merkwaardige genote sluit in Banachek Robert Bartholomew Susan Blackmore Mark Boslough Sean B Carroll Richard Dawkins Ann Druyan Neil deGrasse Tyson Daniel Dennett Kevin Folta Kendrick Frazier Susan Gerbic David Gorski Deborah Hyde Ray Hyman Lawrence Krauss Elizabeth Loftus Michael Mann Joe Nickell Steven Novella Bill Nye Paul Offit Naomi Oreskes Massimo Polidoro Ben Radford James Randi Richard Saunders Seth Shostak Joe Schwarcz Eugenie Scott Jill Tarter Stuart Vyse Steven Weinberg E O Wilson en Richard Wiseman Sien ook WysigSkeptiese beweging Skepties Suid AfrikaVerwysings Wysig Statement of Ownership Management and Circulation PDF Skeptical Inquirer in Engels 39 6 12 November Desember 2015 ISSN 0194 6730 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 13 Februarie 2020 About CSI CSI in Engels CFI 28 April 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2019 Besoek op 17 Junie 2020 Frazier Kendrick 4 Desember 2006 It s CSI Now Not CSICOP in Engels CFI Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020 Besoek op 17 Junie 2020 Frazier Kendrick 1988 Notes and Comments on a Year of Expansion and Growth PDF Skeptical Inquirer in Engels XII 228 229 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 30 Januarie 2020 Frazier Kendrick November 2013 Why We Do This Revisiting the higher values of skeptical inquiry Skeptical Inquirer in Engels 6 37 11 13 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020 6 0 6 1 Loxton Daniel 2007 Where do we go from here Engels Skeptic Blog The Skeptic Society Argief geskep van die oorspronklike op 12 Januarie 2020 URL besoek op 16 Junie 2020 7 0 7 1 7 2 Hofstadter Douglas 1 Februarie 1982 About two kinds of Inquiry National Enquirer and The Skeptical Inquirer Scientific American in Engels 246 2 18 26 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2020 Besoek op 16 Junie 2020 Kurtz Paul 29 Oktober 2010 Exuberant Skepticism in Engels Prometheus Books p 218 ISBN 9781615929702 Besoek op 16 Junie 2020 9 0 9 1 Hofstadter Douglas 2008 Metamagical Themas Questing For The Essence Of Mind And Pattern in Engels Penguin Basic Books p 95 ISBN 978 0 7867 2386 7 Besoek op 16 Junie 2020 Loxton Daniel 13 Mei 2013 Modern skepticism s unique mandate Skeptic Blog in Engels The Skeptic Society Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2020 Besoek op 16 Junie 2020 Skeptical Inquirer skepticalinquirer org in Engels CFI Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020 Besoek op 17 Junie 2020 SKEPTICAL INQUIRER IS NOW AVAILABLE DIGITALLY centerforinquiry org in Engels CFI 18 Februarie 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2020 Besoek op 17 Junie 2020 Bernstein Evan 19 Augustus 2013 Remembering Perry DeAngelis Today Engels The Rogues Gallery The Rogues Gallery Argief geskep van die oorspronklike op 5 Januarie 2014 URL besoek op 16 Junie 2020 Susan Gerbic 17 Maart 2016 A Skeptic s Woe over Margaret Cho Skeptical Inquirer in Engels CSICOP Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Februarie 2020 Besoek op 17 Junie 2020 G Sell Eileen 19 Maart 2016 Sumptuous Skeptics Ellen K Levy and Patricia Olynyk Stage Creative Inquisition Arte Fuse in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2019 Besoek op 16 Junie 2020 Corwin William April 2016 Truth in the Visual Arts Skepticism in the Work of Ellen K Levy and Patricia Olynyk The Brooklyn Rail in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2017 Besoek op 16 Junie 2020 FELLOWS AND STAFF Skepticalinquirer org in Engels CSI Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020 Besoek op 17 Junie 2020 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Skeptical Inquirer amp oldid 2429226,