fbpx
Wikipedia

Sfeer

'n Sfeer is 'n perfek ronde meetkundige voorwerp in driedimensionele ruimte, soos die vorm van 'n ronde bal. 'n Sfeer is, nes 'n perfekte sirkel in twee dimensies, geheel en al simmetries rond sy middelpunt en alle punte op sy oppervlak is dieselfde afstand r van sy middelpunt. Hierdie afstand, r, staan bekend as die "radius" van die sfeer. Die maksimum reguit afstand deur die sfeer staan as die "deursnit" of "diameter" van die sfeer bekend. Die deursnit sny deur die middelpunt en is so twee keer die lengte van die radius, of 2r.

'n Tweedimensionele voorstelling van 'n sfeer

In gevorderde wiskunde word onderskei tussen die oppervlak van die sfeer (waarna as 'n "sfeer" verwys word) en die binnekant van die sfeer (waarna as 'n "bal" verwys word). Dus word 'n "sfeer" in drie dimensies as 'n tweedimensionele sferiese oppervlak beskou wat in driedimensionele Euklidiese ruimte geanker is. 'n "Bal" word as 'n soliede figuur beskou wat deur 'n sfeer beperk word.

Die oppervlak van 'n sfeer is:

O p p e r v l a k = 4 π r 2 = π d 2 {\displaystyle Oppervlak=4\pi r^{2}=\pi d^{2}}

Die volume van 'n sfeer is:

V o l u m e = 4 3 π r 3 {\displaystyle Volume={\frac {4}{3}}\pi r^{3}}

Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Sfeer
sfeer, taal, wysig, perfek, ronde, meetkundige, voorwerp, driedimensionele, ruimte, soos, vorm, ronde, perfekte, sirkel, twee, dimensies, geheel, simmetries, rond, middelpunt, alle, punte, oppervlak, dieselfde, afstand, middelpunt, hierdie, afstand, staan, bek. Sfeer Taal Hou dop Wysig n Sfeer is n perfek ronde meetkundige voorwerp in driedimensionele ruimte soos die vorm van n ronde bal n Sfeer is nes n perfekte sirkel in twee dimensies geheel en al simmetries rond sy middelpunt en alle punte op sy oppervlak is dieselfde afstand r van sy middelpunt Hierdie afstand r staan bekend as die radius van die sfeer Die maksimum reguit afstand deur die sfeer staan as die deursnit of diameter van die sfeer bekend Die deursnit sny deur die middelpunt en is so twee keer die lengte van die radius of 2r n Tweedimensionele voorstelling van n sfeer In gevorderde wiskunde word onderskei tussen die oppervlak van die sfeer waarna as n sfeer verwys word en die binnekant van die sfeer waarna as n bal verwys word Dus word n sfeer in drie dimensies as n tweedimensionele sferiese oppervlak beskou wat in driedimensionele Euklidiese ruimte geanker is n Bal word as n soliede figuur beskou wat deur n sfeer beperk word Die oppervlak van n sfeer is O p p e r v l a k 4 p r 2 p d 2 displaystyle Oppervlak 4 pi r 2 pi d 2 Die volume van n sfeer is V o l u m e 4 3 p r 3 displaystyle Volume frac 4 3 pi r 3 Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sfeer amp oldid 2364618,