fbpx
Wikipedia

Sentoure is onstabiele kleinplanete wat eienskappe van beide asteroïdes en komete toon. Hulle word genoem na die sentoure in die Griekse mitologie, wat eienskappe van beide mense en perde gehad het. Sentoure het veranderlike wentelbane wat dié van een of meer van die groot gasplanete gekruis het, en het dinamiese leeftye van ’n paar miljoen jaar. Daar is sowat 44 000 sentoure in die sonnestelsel met ’n deursnee groter as 1 km.

Die ligging van bekende voorwerpe in en buite die sonnestelsel. Die sentoure is die voorwerpe in oranje wat meestal binne die Kuiper-gordel (in groen) en buite die Jupiter-trojane (in pienk) lê.

Die eerste sentour-agtige voorwerp wat ontdek is, was 944 Hidalgo in 1920. Hulle is egter nie as unieke voorwerpe beskou nie tot met die ontdekking van 2060 Chiron in 1977. Die grootste bekende sentour is 10199 Chariklo, wat in 1997 ontdek is. Dit het ’n deursnee van 260 km, so groot soos ’n asteroïde van gemiddelde grootte.

Tot met 2008 is drie sentoure ontdek met komas: 2060 Chiron, 60558 Echeclus en 166P/NEAT. Chiron en Echeclus word dus as beide asteroïdes en komete geklassifiseer. Ander sentoure soos 52872 Okyrhoe toon vermoedelik komeet-aktiwiteite. Enige sentour wat naby genoeg aan die Son aangetrek word, is vermoedelik ’n komeet.

Inhoud

Verspreiding

Die wentelbane van bekende sentoure. Vir die doel van die diagram word voorwerpe as sentoure geklassifiseer as hulle halwe lengteas tussen Jupiter en Neptunus lê.

Die diagram illustreer die wentelbane van bekende sentoure in verhouding met die wentelbane van die planete. Die voorwerpe se eksentrisiteit word deur rooi lyne voorgestel (wat strek van die perihelium tot die afelium).

Die sentoure se wentelbane toon ’n groot omvang van eksentrisiteit, van hoogs eksentriek (Pholus, Asbolus, Amycus, Nessus) tot ronder (Chariklo en die Saturnuskruisers Thereus en Okyrhoe).

Om die omvang van die wentelbane se parameters te illustreer wys die diagram ’n paar voorwerpe met baie ongewone wentelbane, wat in geel aangedui word:

  • 1999 XS35 (Apollo-asteroïde) het ’n uiters eksentrieke wentelbaan (e = 0,947), wat dit neem van binne die Aarde se wentelbaan (0,94 AE) tot ver verby Neptunus (>34 AE).
  • 2007 TB434 het ’n kwasironde wentelbaan (e <0,026).
  • 2001 XZ255 het die kleinste baanhelling (i <3°).
  • (144908) 2004 YH32 is een van die min sentoure met ’n uiters prograde baanhelling (i 79°). Hoewel dit strek van die afstand van die asteroïdegordel van die Son af tot verby die afstand van Saturnus, is sy baanhelling so groot dat as dit op die vlak van Jupiter se wentelbaan geprojekteer word, dit nie eens so ver strek as Jupiter nie.

’n Paar dosyn bekende sentoure het retrograde wentelbane. Hulle baanhellings wissel van matig (byvoorbeeld 160° vir Dioretsa) tot ekstreem (i <120°; byvoorbeeld 105° vir(342842) 2008 YB3.)

Veranderende wentelbane

Omdat die sentoure nie deur baanresonansies beskerm word nie, is hulle wentelbane onstabiel binne ’n tydskaal van 106-107 jaar. Amycus is byvoorbeeld in ’n onstabiele wentelbaan naby die 3:4-resonansie van Uranus. Dinamiese studies van hulle wentelbane dui daarop dat sentoure waarskynlik ’n soort voorwerp met ’n tussentydse wentelbaan is wat skuif van die Kuipergordel tot die Jupiterfamilie kortperiodekomete.

Voorwerpe kan deur versteurings uit die Kuipergordel verdring word, waarna hulle Neptunus se wentelbaan kruis en gravitasioneel met dié planeet ’n wisselwerking het. Hulle word dan as sentoure geklassifiseer, maar hulle wentelbane is chaoties en ontwikkel relatief vinnig terwyl die sentour naby aan een of meer van die buitenste planete kom. Sommige sentoure sal in wentelbane gaan wat Jupiter kruis, waarna hulle perihelium kleiner sal word tot in die binneste sonnestelsel en dan kan hulle as aktiewe komete in die Jupiterfamilie herklassifiseer word as hulle komeetbedrywighede toon. Sentoure sal dus eindelik met die Son of ’n planeet bots, of anders in die interstellêre ruimte uitgewerp word nadat hulle naby aan een van die planete, veral Jupiter, gekom het.

  1. Horner, J.; Evans, N.W.; Bailey, M. E. (2004). "Simulations of the Population of Centaurs I: The Bulk Statistics". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 354 (3): 798–810. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  2. C. de la Fuente Marcos; R. de la Fuente Marcos (2014). "Large retrograde Centaurs: visitors from the Oort cloud?". Astrophysics and Space Science. 352 (2): 409–419. arXiv:. doi:.
  3. Delsanti, Audrey; Jewitt, David (2006). (PDF). Institute for Astronomy, University of Hawaii. Geargiveer vanaf (PDF) op 29 Januarie 2007. Besoek op3 Januarie 2007.
  • Centaurs from

sentour, kleinplaneet, taal, wysig, sentoure, onstabiele, kleinplanete, eienskappe, beide, asteroïdes, komete, toon, hulle, word, genoem, sentoure, griekse, mitologie, eienskappe, beide, mense, perde, gehad, sentoure, veranderlike, wentelbane, dié, meer, groot. Sentour kleinplaneet Taal Hou dop Wysig Sentoure is onstabiele kleinplanete wat eienskappe van beide asteroides en komete toon Hulle word genoem na die sentoure in die Griekse mitologie wat eienskappe van beide mense en perde gehad het Sentoure het veranderlike wentelbane wat die van een of meer van die groot gasplanete gekruis het en het dinamiese leeftye van n paar miljoen jaar 1 Daar is sowat 44 000 sentoure in die sonnestelsel met n deursnee groter as 1 km 1 Die ligging van bekende voorwerpe in en buite die sonnestelsel Die sentoure is die voorwerpe in oranje wat meestal binne die Kuiper gordel in groen en buite die Jupiter trojane in pienk le Die eerste sentour agtige voorwerp wat ontdek is was 944 Hidalgo in 1920 Hulle is egter nie as unieke voorwerpe beskou nie tot met die ontdekking van 2060 Chiron in 1977 Die grootste bekende sentour is 10199 Chariklo wat in 1997 ontdek is Dit het n deursnee van 260 km so groot soos n asteroide van gemiddelde grootte Tot met 2008 is drie sentoure ontdek met komas 2060 Chiron 60558 Echeclus en 166P NEAT Chiron en Echeclus word dus as beide asteroides en komete geklassifiseer Ander sentoure soos 52872 Okyrhoe toon vermoedelik komeet aktiwiteite Enige sentour wat naby genoeg aan die Son aangetrek word is vermoedelik n komeet Inhoud 1 Wentelbane 1 1 Verspreiding 1 2 Veranderende wentelbane 2 Verwysings 3 Eksterne skakelsWentelbane WysigVerspreiding Wysig Die wentelbane van bekende sentoure Vir die doel van die diagram word voorwerpe as sentoure geklassifiseer as hulle halwe lengteas tussen Jupiter en Neptunus le Die diagram illustreer die wentelbane van bekende sentoure in verhouding met die wentelbane van die planete Die voorwerpe se eksentrisiteit word deur rooi lyne voorgestel wat strek van die perihelium tot die afelium Die sentoure se wentelbane toon n groot omvang van eksentrisiteit van hoogs eksentriek Pholus Asbolus Amycus Nessus tot ronder Chariklo en die Saturnuskruisers Thereus en Okyrhoe Om die omvang van die wentelbane se parameters te illustreer wys die diagram n paar voorwerpe met baie ongewone wentelbane wat in geel aangedui word 1999 XS35 Apollo asteroide het n uiters eksentrieke wentelbaan e 0 947 wat dit neem van binne die Aarde se wentelbaan 0 94 AE tot ver verby Neptunus gt 34 AE 2007 TB434 het n kwasironde wentelbaan e lt 0 026 2001 XZ255 het die kleinste baanhelling i lt 3 144908 2004 YH32 is een van die min sentoure met n uiters prograde baanhelling i 79 Hoewel dit strek van die afstand van die asteroidegordel van die Son af tot verby die afstand van Saturnus is sy baanhelling so groot dat as dit op die vlak van Jupiter se wentelbaan geprojekteer word dit nie eens so ver strek as Jupiter nie n Paar dosyn bekende sentoure het retrograde wentelbane Hulle baanhellings wissel van matig byvoorbeeld 160 vir Dioretsa tot ekstreem i lt 120 byvoorbeeld 105 vir 342842 2008 YB3 2 Veranderende wentelbane Wysig Omdat die sentoure nie deur baanresonansies beskerm word nie is hulle wentelbane onstabiel binne n tydskaal van 106 107 jaar 3 Amycus is byvoorbeeld in n onstabiele wentelbaan naby die 3 4 resonansie van Uranus 1 Dinamiese studies van hulle wentelbane dui daarop dat sentoure waarskynlik n soort voorwerp met n tussentydse wentelbaan is wat skuif van die Kuipergordel tot die Jupiterfamilie kortperiodekomete Voorwerpe kan deur versteurings uit die Kuipergordel verdring word waarna hulle Neptunus se wentelbaan kruis en gravitasioneel met die planeet n wisselwerking het Hulle word dan as sentoure geklassifiseer maar hulle wentelbane is chaoties en ontwikkel relatief vinnig terwyl die sentour naby aan een of meer van die buitenste planete kom Sommige sentoure sal in wentelbane gaan wat Jupiter kruis waarna hulle perihelium kleiner sal word tot in die binneste sonnestelsel en dan kan hulle as aktiewe komete in die Jupiterfamilie herklassifiseer word as hulle komeetbedrywighede toon Sentoure sal dus eindelik met die Son of n planeet bots of anders in die interstellere ruimte uitgewerp word nadat hulle naby aan een van die planete veral Jupiter gekom het Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Horner J Evans N W Bailey M E 2004 Simulations of the Population of Centaurs I The Bulk Statistics Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 354 3 798 810 arXiv astro ph 0407400 Bibcode 2004MNRAS 354 798H doi 10 1111 j 1365 2966 2004 08240 x C de la Fuente Marcos R de la Fuente Marcos 2014 Large retrograde Centaurs visitors from the Oort cloud Astrophysics and Space Science 352 2 409 419 arXiv 1406 1450 doi 10 1007 s10509 014 1993 9 Delsanti Audrey Jewitt David 2006 The Solar System Beyond The Planets PDF Institute for Astronomy University of Hawaii Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 29 Januarie 2007 Besoek op 3 Januarie 2007 Eksterne skakels WysigList of Centaurs and Scattered Disk Objects Centaurs from The Encyclopedia of Astrobiology Astronomy and Spaceflight Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sentour kleinplaneet Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk Oortwolk Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sentour kleinplaneet amp oldid 2093055,