fbpx
Wikipedia

Richard Feynman

Richard Phillips Feynman (11 Mei 1918 in New York15 Februarie 1988 in Los Angeles) was 'n Amerikaanse teoretiese fisikus wat instrumenteel was met betrekking tot die teorie van kwantumelektrodinamika en deeltjiefisika. Omdat hy soveel werk vir kwantumelektrodinamika gedoen het, het hy in 1965 'n Nobelprys vir fisika gewen (saam met Julian Schwinger en Shin'ichirō Tomonaga). Hy is bekend as een van die beste fisici in die geskiedenis, en is van Joodse afkoms.

Richard Feynman
Richard Feynman in 1984

Geboortenaam Richard Phillips Feynman
Gebore 11 Mei 1918
New York Stad, New York
Oorlede 15 Februarie 1988
Los Angeles, Kalifornië
Blyplek Verenigde State
Nasionaliteit Verenigde State
Vakgebied Teoretiese fisika
Instelling(s) Cornell Universiteit
Kalifornië Instituut van Tegnologie
Alma mater Massachusetts Instituut van Tegnologie (B.S.)
Princeton Universiteit (Ph.D.)
Doktorale promotor(s) John Archibald Wheeler
Ander akademiese adviseur(s) Manuel Sandoval Vallarta
Doktorale student(e) F. L. Vernon, Jr.
Willard H. Wells
Al Hibbs
George Zweig
Giovanni Rossi Lomanitz
Thomas Curtright
James M. Bardeen
Ander bekende student(e) Douglas D. Osheroff
Robert Barro
W. Daniel Hillis
Bekend vir Manhattan-projek
verskeie andere
Beïnvloed deur Paul Dirac
Invloed op Freeman Dyson
Toekennings Albert Einstein-toekenning (1954)
E. O. Lawrence-toekenning (1962)
Nobelprys vir fisika (1965)
Oersted-medalje (1972)
Nasionale Medalje van die Wetenskap (1979)
Handtekening

Inhoud

Feynman het op 'n vroeë ouderdom 'n aanleg vir ingenieurswese getoon; hy was begeester deur die vervaardiging van radio's en het 'n eksperimentele laboratorium gehad. Toe hy 14 jaar oud was, het hy homself rekenkunde geleer en net 'n jaar later het hy self trigonometriese verhoudings baasgeraak.

Feynman begin in 1936 aan die Massachusetts Instituut van Tegnologie studeer en net drie jaar later 'n Baccalaureusgraad verwerf. Sy studierigting was wiskunde.

Feynman (middel) en Oppenheimer (regs van Feynman) tydens die Manhattan-projek

Feynman is miskien mees bekend vir sy werk aan die Manhattan-projek. In 1941, terwyl die Tweede Wêreldoorlog in Europa gewoed het, maar die Verenigde State nog nie betrokke in oorlog was nie, het Feynman die somer aan ballistieke probleme gewerk aan die Frankford Arsenal in Pennsilvanië. Na die aanval op Pearl Harbor die Verenigde State in die oorlog in gebring het, is Feynman deur Robert R. Wilson gewerf. Wilson het gewerk aan die vervaardiging van verrykte uraan vir gebruik in 'n atoombom, as deel van wat die Manhattan-projek sou word. Feynman het toe nog nie 'n graad behaal nie. Wilson se span by Princeton het gewerk aan 'n isotron, wat bedoel is om uraan-235 van uraan-238 elektromagneties te skei.

Op hierdie tydstip, vroeg in 1943, was Robert Oppenheimer besig om die Los Alamos Laboratorium op te rig, 'n geheime laboratorium op 'n mesa in Nieu-Meksiko, waar atoombomme ontwerp en gebou sou word. Die Princeton-span was 'n aanbod gegee om na Los Alamos te skuif. Feynman het 'n vakansie van ses weke geneem om sy proefskrif af te handel, sodat hy sy doktorsgraad voor sy aankoms in Los Alamos ontvang het.

In Los Alamos is Feynman in Hans Bethe se teoretiese-afdeling aangestel, en het hy Bethe genoeg beïndruk om as 'n groepleier aangestel te word. Hy en Bethe het die Bethe-Feynman-formule ontwikkel vir die berekening van die opbrengs van 'n kernwapen, gebaseer op vorige werk van Robert Serber. As junior fisikus was hy nie die kern van die projek nie. Hy het die berekeningsgroep van menslike rekenaars in die teoretiese afdeling bestuur. Met Stanley Frankel en Nicholas Metropolis, het hy gehelp om 'n stelsel vir die gebruik van IBM-ponskaarte vir berekeninge op te stel. Hy het 'n nuwe metode vir die berekening van logaritmes uitgevind wat hy later op die Connection Machine gebruik het. Ander werk by Los Alamos was onder meer die neutron-berekenings vir Los Alamos se "waterketel", 'n klein kernreaktor, om te meet hoe naby 'n groep fissiele materiaal aan kritiek was.

Na voltooiing van hierdie werk is Feynman na die Clinton Engineer Works in Oak Ridge, Tennessee, gestuur waar die Manhattan-projek sy uraanverrykingsfasiliteite gehad het. Hy het die ingenieurs daar gehelp om veiligheidsprosedures vir die opberg van materiaal uit te werk, sodat kritieke ongelukke vermy kon word, veral as verrykte uraan in aanraking kom met water, wat as neutron-moderator opgetree het. Hy het daarop gedring om die personeel 'n lesing te gee oor kernfisika sodat hulle die gevare kon besef. Hy het verduidelik dat hoewel enige hoeveelheid onverrykte uraan veilig geberg kon word, die verrykte uraan noukeurig hanteer moes word.

Met die terugkeer na Los Alamos, is Feynman in beheer geplaas van die groep wat verantwoordelik was vir die teoretiese werk en berekeninge oor die voorgestelde uraanhidriedbom, wat uiteindelik nie werkbaar was nie. Hy is deur die fisikus Niels Bohr uitgesoek vir een-tot-een besprekings. Hy het later die rede ontdek: die meeste ander fisici het te veel ontsag gehad vir Bohr om met hom te redeneer. Feynman het nie sulke inhibisies gehad nie, en het alles wat hy as foutief beskou het in Bohr se denke uitgewys. Hy het gesê hy voel net soveel respek vir Bohr as enige iemand anders, maar sodra iemand hom oor fisika laat praat het, sou hy so gefokus word dat hy van sosiale konvensies vergeet het. Miskien is dit hoekom Bohr nooit groot vriende met Feynman geword het nie..

Feynman was teenwoordig vir die Trinity-kernwapentoets.

  • (en)Feynman, Richard P. (1985). Ralph Leighton (red.). Surely You're Joking, Mr. Feynman!: Adventures of a Curious Character. W. W. Norton & Co. ISBN 0-393-01921-7. OCLC .AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • (en)Gribbin, John; Gribbin, Mary (1997). . Dutton. ISBN 0-525-94124-X. OCLC .AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • (en)Gleick, James (1992). Genius: The Life and Science of Richard Feynman. Pantheon Books. ISBN 0-679-40836-3. OCLC .AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • (en)Hoddeson, Lillian; Henriksen, Paul W.; Meade, Roger A.; Westfall, Catherine L. (1993). Critical Assembly: A Technical History of Los Alamos During the Oppenheimer Years, 1943–1945. New York: Cambridge University Press. ISBN 0-521-44132-3. OCLC .AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • (en)Bashe, Charles J.; Johnson, Lyle R.; Palmer, John H.; Pugh, Emerson W. (1986). . Cambridge, Massachusetts: MIT. ISBN 0-262-02225-7. OCLC .AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • (en)Hillis, W. Daniel (1989). . Physics Today. Institute of Physics. 42 (2): 78. Bibcode:. doi:. Geargiveer vanaf op July 28, 2009.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • (en)Galison, Peter (1998). "Feynman's War:Modelling Weapons, Modelling Nature". Studies in History and Philosophy of Science Part B: Studies in History and Philosophy of Modern Physics. 29 (3): 391–434. Bibcode:. doi:.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  1. (in Engels). Nobelprize.org. vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op8 Oktober 2017.
  2. Feynman 1985, pp. 99–103.
  3. Gribbin & Gribbin 1997, pp. 64–65.
  4. Feynman 1985, pp. 107–108.
  5. . YouTube (in Engels). 12 Julie 2016. vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op16 Desember 2019.
  6. Gleick 1992, pp. 165–169.
  7. Hoddeson et al. 1993, pp. 157–159.
  8. Hoddeson et al. 1993, p. 183.
  9. Bashe et al. 1986, p. 14.
  10. Hillis 1989, p. 78.
  11. Feynman 1985, pp. 125–129.
  12. Galison 1998, pp. 403–407.
  13. Galison 1998, pp. 407–409.
  14. Galison 1998, pp. 414–422.
  15. Gleick 1992, p. 257.
  16. Gribbin & Gribbin 1997, pp. 95–96.

Richard Feynman
richard, feynman, lees, ander, taal, wysig, richard, phillips, feynman, 1918, york, februarie, 1988, angeles, amerikaanse, teoretiese, fisikus, instrumenteel, betrekking, teorie, kwantumelektrodinamika, deeltjiefisika, omdat, soveel, werk, kwantumelektrodinami. Richard Feynman Lees in 039 n ander taal Hou dop Wysig Richard Phillips Feynman 11 Mei 1918 in New York 15 Februarie 1988 in Los Angeles was n Amerikaanse teoretiese fisikus wat instrumenteel was met betrekking tot die teorie van kwantumelektrodinamika en deeltjiefisika Omdat hy soveel werk vir kwantumelektrodinamika gedoen het het hy in 1965 n Nobelprys vir fisika gewen saam met Julian Schwinger en Shin ichirō Tomonaga 1 Hy is bekend as een van die beste fisici in die geskiedenis en is van Joodse afkoms Richard FeynmanRichard Feynman in 1984Geboortenaam Richard Phillips FeynmanGebore 11 Mei 1918 New York Stad New YorkOorlede 15 Februarie 1988 Los Angeles KalifornieBlyplek Verenigde StateNasionaliteit Verenigde StateVakgebied Teoretiese fisikaInstelling s Cornell Universiteit Kalifornie Instituut van TegnologieAlma mater Massachusetts Instituut van Tegnologie B S Princeton Universiteit Ph D Doktorale promotor s John Archibald WheelerAnder akademiese adviseur s Manuel Sandoval VallartaDoktorale student e F L Vernon Jr Willard H Wells Al Hibbs George Zweig Giovanni Rossi Lomanitz Thomas Curtright James M BardeenAnder bekende student e Douglas D Osheroff Robert Barro W Daniel HillisBekend vir Manhattan projek verskeie andereBeinvloed deur Paul DiracInvloed op Freeman DysonToekennings Albert Einstein toekenning 1954 E O Lawrence toekenning 1962 Nobelprys vir fisika 1965 Oersted medalje 1972 Nasionale Medalje van die Wetenskap 1979 Handtekening Inhoud 1 Vroee lewe 2 Manhattan projek 3 Bronne 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsVroee lewe WysigFeynman het op n vroee ouderdom n aanleg vir ingenieurswese getoon hy was begeester deur die vervaardiging van radio s en het n eksperimentele laboratorium gehad Toe hy 14 jaar oud was het hy homself rekenkunde geleer en net n jaar later het hy self trigonometriese verhoudings baasgeraak Feynman begin in 1936 aan die Massachusetts Instituut van Tegnologie studeer en net drie jaar later n Baccalaureusgraad verwerf Sy studierigting was wiskunde Feynman middel en Oppenheimer regs van Feynman tydens die Manhattan projekManhattan projek WysigFeynman is miskien mees bekend vir sy werk aan die Manhattan projek In 1941 terwyl die Tweede Wereldoorlog in Europa gewoed het maar die Verenigde State nog nie betrokke in oorlog was nie het Feynman die somer aan ballistieke probleme gewerk aan die Frankford Arsenal in Pennsilvanie 2 Na die aanval op Pearl Harbor die Verenigde State in die oorlog in gebring het is Feynman deur Robert R Wilson gewerf Wilson het gewerk aan die vervaardiging van verrykte uraan vir gebruik in n atoombom as deel van wat die Manhattan projek sou word 3 4 Feynman het toe nog nie n graad behaal nie 5 Wilson se span by Princeton het gewerk aan n isotron wat bedoel is om uraan 235 van uraan 238 elektromagneties te skei Op hierdie tydstip vroeg in 1943 was Robert Oppenheimer besig om die Los Alamos Laboratorium op te rig n geheime laboratorium op n mesa in Nieu Meksiko waar atoombomme ontwerp en gebou sou word Die Princeton span was n aanbod gegee om na Los Alamos te skuif Feynman het n vakansie van ses weke geneem om sy proefskrif af te handel sodat hy sy doktorsgraad voor sy aankoms in Los Alamos ontvang het In Los Alamos is Feynman in Hans Bethe se teoretiese afdeling aangestel 6 en het hy Bethe genoeg beindruk om as n groepleier aangestel te word 7 Hy en Bethe het die Bethe Feynman formule ontwikkel vir die berekening van die opbrengs van n kernwapen gebaseer op vorige werk van Robert Serber 8 As junior fisikus was hy nie die kern van die projek nie Hy het die berekeningsgroep van menslike rekenaars in die teoretiese afdeling bestuur Met Stanley Frankel en Nicholas Metropolis het hy gehelp om n stelsel vir die gebruik van IBM ponskaarte vir berekeninge op te stel 9 Hy het n nuwe metode vir die berekening van logaritmes uitgevind wat hy later op die Connection Machine gebruik het 10 11 Ander werk by Los Alamos was onder meer die neutron berekenings vir Los Alamos se waterketel n klein kernreaktor om te meet hoe naby n groep fissiele materiaal aan kritiek was 12 Na voltooiing van hierdie werk is Feynman na die Clinton Engineer Works in Oak Ridge Tennessee gestuur waar die Manhattan projek sy uraanverrykingsfasiliteite gehad het Hy het die ingenieurs daar gehelp om veiligheidsprosedures vir die opberg van materiaal uit te werk sodat kritieke ongelukke vermy kon word veral as verrykte uraan in aanraking kom met water wat as neutron moderator opgetree het Hy het daarop gedring om die personeel n lesing te gee oor kernfisika sodat hulle die gevare kon besef 13 Hy het verduidelik dat hoewel enige hoeveelheid onverrykte uraan veilig geberg kon word die verrykte uraan noukeurig hanteer moes word Met die terugkeer na Los Alamos is Feynman in beheer geplaas van die groep wat verantwoordelik was vir die teoretiese werk en berekeninge oor die voorgestelde uraanhidriedbom wat uiteindelik nie werkbaar was nie 7 14 Hy is deur die fisikus Niels Bohr uitgesoek vir een tot een besprekings Hy het later die rede ontdek die meeste ander fisici het te veel ontsag gehad vir Bohr om met hom te redeneer Feynman het nie sulke inhibisies gehad nie en het alles wat hy as foutief beskou het in Bohr se denke uitgewys Hy het gese hy voel net soveel respek vir Bohr as enige iemand anders maar sodra iemand hom oor fisika laat praat het sou hy so gefokus word dat hy van sosiale konvensies vergeet het Miskien is dit hoekom Bohr nooit groot vriende met Feynman geword het nie 15 16 Feynman was teenwoordig vir die Trinity kernwapentoets Bronne Wysig en Feynman Richard P 1985 Ralph Leighton red Surely You re Joking Mr Feynman Adventures of a Curious Character W W Norton amp Co ISBN 0 393 01921 7 OCLC 10925248 AS1 onderhoud ref harv link en Gribbin John Gribbin Mary 1997 Richard Feynman A Life in Science Dutton ISBN 0 525 94124 X OCLC 636838499 AS1 onderhoud ref harv link en Gleick James 1992 Genius The Life and Science of Richard Feynman Pantheon Books ISBN 0 679 40836 3 OCLC 243743850 AS1 onderhoud ref harv link en Hoddeson Lillian Henriksen Paul W Meade Roger A Westfall Catherine L 1993 Critical Assembly A Technical History of Los Alamos During the Oppenheimer Years 1943 1945 New York Cambridge University Press ISBN 0 521 44132 3 OCLC 26764320 AS1 onderhoud ref harv link en Bashe Charles J Johnson Lyle R Palmer John H Pugh Emerson W 1986 IBM s Early Computers Cambridge Massachusetts MIT ISBN 0 262 02225 7 OCLC 12021988 AS1 onderhoud ref harv link en Hillis W Daniel 1989 Richard Feynman and The Connection Machine Physics Today Institute of Physics 42 2 78 Bibcode 1989PhT 42b 78H doi 10 1063 1 881196 Geargiveer vanaf die oorspronklike op July 28 2009 AS1 onderhoud ref harv link en Galison Peter 1998 Feynman s War Modelling Weapons Modelling Nature Studies in History and Philosophy of Science Part B Studies in History and Philosophy of Modern Physics 29 3 391 434 Bibcode 1998SHPMP 29 391G doi 10 1016 S1355 2198 98 00013 6 AS1 onderhoud ref harv link Verwysings Wysig The Nobel Prize in Physics 1965 in Engels Nobelprize org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018 Besoek op 8 Oktober 2017 Feynman 1985 pp 99 103 Gribbin amp Gribbin 1997 pp 64 65 Feynman 1985 pp 107 108 Richard Feynman Lecture Los Alamos From Below YouTube in Engels 12 Julie 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020 Besoek op 16 Desember 2019 Gleick 1992 pp 165 169 7 0 7 1 Hoddeson et al 1993 pp 157 159 Hoddeson et al 1993 p 183 Bashe et al 1986 p 14 Hillis 1989 p 78 Feynman 1985 pp 125 129 Galison 1998 pp 403 407 Galison 1998 pp 407 409 Galison 1998 pp 414 422 Gleick 1992 p 257 Gribbin amp Gribbin 1997 pp 95 96 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Richard Feynman Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Richard Feynman amp oldid 2383029,