Kersfeessuikerbos

plantspesie
  • Taal
  • Hou dop
  • Wysig
(Aangestuur vanaf Protea welwitschii)

Die Kersfeessuikerbos of troshofiesuikerbos[1] (Protea welwitschii) is 'n struik wat aan die bekende Protea-genus van die Proteaceae-familie behoort. Dit is meestal 'n struik met 'n veelvoudige stam of 'n klein verkrompte boom wat in grasveld en bosveld voorkom. Die blare is blougroen en harig aan die basis as hulle volwasse is. Blomme kom gewoonlik in trosse van 3 of 4 voor, en die vrugte is 'n digte harige neut.

Kersfeessuikerbos
Protea welwitschii00.jpg
Bewaringstatus

Veilig (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Plantae
(geen rang):
Angiosperms
(geen rang):
Eudicots
Orde:
Proteales
Familie:
Proteaceae
Genus:
Protea
Spesie:
P. welwitschii
Binomiale naam
Protea welwitschii
Engl.
Sinonieme
  • Leucadendron welwitschii (Engl.) Hiern
  • Protea congensis Engl.
  • Protea eickii Engl.
  • Protea goetzeana Engl.
  • Protea hirta Klotzsch ex Krauss
  • Protea kirkii C.H.Wright
  • Protea melliodora Engl. & Gilg
  • Protea myrsinifolia Engl. & Gilg
  • Protea obtusifolia De Wild.
  • Protea swynnertonii S.Moore
  • Protea uhehensis Engl.

Die spesie is wydverspreid in Afrika suid van die Sahara[2] en kom in Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.

Dit is die eerste keer deur Adolf Engler beskryf.[3]

Die boom se nasionale nommer is 98.2[4]. In Engels staan dit as die Cluster-head sugarbush bekend, wat aanleiding gee tot sy ander Afrikaanse naam troshofiesuikerbos.

Inhoud

  • 1 Sien ook
  • 2 Bronne
  • 3 Verwysings
  • 4 Eksterne skakels

Sien ookWysig

  • Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
  • Lys van proteaspesies

BronneWysig

  • https://www.proteaatlas.org.za/sugar12.htm
  • http://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/protea_welwitschiii.htm
  • http://redlist.sanbi.org/species.php?species=799-153
  • http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:706250-1

VerwysingsWysig

  1. ↑ Troshofiesuikerbos op die Protea Atlas Project-blad
  2. ↑ "Protea welwitschii". African Plant Database. Conservatoire et Jardin Botaniques de la Ville de Genève. Besoek op 2015-08-11.
  3. ↑ Roskov Y. (2014). "Species 2000 & ITIS Catalogue of Life: 2014 Annual Checklist" (in Engels). Species 2000: Reading, UK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 26 Mei 2014.
  4. ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Eksterne skakelsWysig

  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kersfeessuikerbos.


Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kersfeessuikerbos&oldid=2454124"