fbpx
Wikipedia

Paaseier

'n Paaseier is 'n geverfde, dikwels beskilderde of met patrone versierde en meestal hardgekookte hoendereier wat mense tradisioneel in Paastyd aan mekaar skenk of eet. Die voedselbedryf bied 'n oordaad sjokolade-eiers in kleurryke verpakkings as Paaseiers aan.

'n Paasruiker met Paaseiers
'n Mandjie met Paaseiers
Handgeverfde Sorbiese Paaseiers
Litause Paaseiers (Margučiai)

Die term verwys daarnaas ook na nie-eetbare eiers wat in Paastyd vir dekorasie of as geskenk gebruik word. Gewoonlik word hiervoor hoendereiers uitgeblaas of kunseiers uit materiale soos karton, gips, hout, natuursteen of plastiek vervaardig. Afhangende van die materiaal en funksie waarvoor hulle benodig word, word ook hierdie Paaseiers van 'n groot verskeidenheid versierings voorsien.

Die Christelike tradisie van eierverf as deel van die Paasviering is inheems aan 'n verskeidenheid Europese en Westerse kulture soos Armenië, Rusland, Griekeland, die Middellandse Seegebied en Sentraal-Europa. Vir 'n gewilde kinderspeletjie word geverfde Paaseiers op Paassondagoggend versteek.

Alhoewel die Christelike Paasviering sy oorsprong in die Joodse Pasgafees het en eiers tydens die seder-maaltyd genuttig is, is daar geen samehang tussen die Joodse feesviering en Europese Paaseiertradisies nie. Die historiese en kulturele agtergrond van die Paaseiertradisie is tans nie bekend nie. Weliswaar word daar dikwels na die simboliese betekenis van eiers in die antieke tydperk asook in ander beskawings en godsdienste verwys. In die moderne tyd maak geverfde eiers deel uit van die Nouruz-fees in Iran, veral by Zoroastriërs en Jesiede.

In die Christelike teologie speel die eiersimboliek al lank 'n beduidende rol. In die Middeleeue is die eier reeds met Christus se heropstanding geassosieer. Die eier is dan ook in die Europese kunsgeskiedenis algemeen as 'n simbool vir die heropstanding beskou – dit kom byvoorbeeld op Mariaportrette in die agtergrond of as randmotief voor om na die maagdelike geboorte te verwys.

  1. Die Yeziden, EKD Hannover (red.), 1992
  2. Vergelyk Augustinus in Sermo 105. Artikel oor eier in Lexikon der christlichen Ikonographie (LCI), boekdeel 1, Freiburg 1968
  3. Vergelyk Hugo van St. Victor in De Bestiis. Artikel oor eier in Lexikon der christlichen Ikonographie, Freiburg 1968
  4. LCI, artikel oor eier

Paaseier
paaseier, lees, ander, taal, wysig, geverfde, dikwels, beskilderde, patrone, versierde, meestal, hardgekookte, hoendereier, mense, tradisioneel, paastyd, mekaar, skenk, voedselbedryf, bied, oordaad, sjokolade, eiers, kleurryke, verpakkings, paasruiker, mandjie. Paaseier Lees in 039 n ander taal Hou dop Wysig n Paaseier is n geverfde dikwels beskilderde of met patrone versierde en meestal hardgekookte hoendereier wat mense tradisioneel in Paastyd aan mekaar skenk of eet Die voedselbedryf bied n oordaad sjokolade eiers in kleurryke verpakkings as Paaseiers aan n Paasruiker met Paaseiers n Mandjie met Paaseiers Handgeverfde Sorbiese Paaseiers Litause Paaseiers Marguciai Die term verwys daarnaas ook na nie eetbare eiers wat in Paastyd vir dekorasie of as geskenk gebruik word Gewoonlik word hiervoor hoendereiers uitgeblaas of kunseiers uit materiale soos karton gips hout natuursteen of plastiek vervaardig Afhangende van die materiaal en funksie waarvoor hulle benodig word word ook hierdie Paaseiers van n groot verskeidenheid versierings voorsien Oorsprong van die tradisie WysigDie Christelike tradisie van eierverf as deel van die Paasviering is inheems aan n verskeidenheid Europese en Westerse kulture soos Armenie Rusland Griekeland die Middellandse Seegebied en Sentraal Europa Vir n gewilde kinderspeletjie word geverfde Paaseiers op Paassondagoggend versteek Alhoewel die Christelike Paasviering sy oorsprong in die Joodse Pasgafees het en eiers tydens die seder maaltyd genuttig is is daar geen samehang tussen die Joodse feesviering en Europese Paaseiertradisies nie Die historiese en kulturele agtergrond van die Paaseiertradisie is tans nie bekend nie Weliswaar word daar dikwels na die simboliese betekenis van eiers in die antieke tydperk asook in ander beskawings en godsdienste verwys In die moderne tyd maak geverfde eiers deel uit van die Nouruz fees in Iran veral by Zoroastriers en Jesiede 1 2 In die Christelike teologie speel die eiersimboliek al lank n beduidende rol 3 In die Middeleeue is die eier reeds met Christus se heropstanding geassosieer 4 Die eier is dan ook in die Europese kunsgeskiedenis algemeen as n simbool vir die heropstanding beskou dit kom byvoorbeeld op Mariaportrette in die agtergrond of as randmotief voor om na die maagdelike geboorte te verwys 5 Verwysings Wysig yeziden de Die Yeziden EKD Hannover red 1992 Vergelyk Augustinus in Sermo 105 Artikel oor eier in Lexikon der christlichen Ikonographie LCI boekdeel 1 Freiburg 1968 Vergelyk Hugo van St Victor in De Bestiis Artikel oor eier in Lexikon der christlichen Ikonographie Freiburg 1968 LCI artikel oor eierOntsluit van https af wikipedia org w index php title Paaseier amp oldid 1842967,