fbpx
Wikipedia

Klariste

Die Klariste (Engels: Poor Clares), amptelik die Orde van sint Klara (Latyn: Ordo sanctae Clarae) en ook bekend as die Tweede Orde van Sint Franciskus, is lede van ’n godsdiensorde vir nonne in die Rooms-Katolieke Kerk. Dit is die tweede Franciskaanse orde wat gestig is – op Palmsondag in 1212 deur die heiliges Klara van Assisi en Franciskus van Assisi.

’n Muurskildery van sint Klara en nonne van haar orde, San Damiano-kapel, Assisi.

Die Klariste is georganiseer volgens die struktuur van die Franciskaanse Orde (die eerste orde). In 2011 was daar meer as 20 000 Klariste in meer as 75 lande reg oor die wêreld.

Die Klariste volg die Reël van Sint Klara, wat die dag voor haar dood in 1253 deur pous Innocentius IV goedgekeur is, maar het verskillende voorskrifte en word in federasies georganiseer.

Klariste
klariste, taal, wysig, aangestuur, vanaf, orde, sint, klara, engels, poor, clares, amptelik, orde, sint, klara, latyn, ordo, sanctae, clarae, bekend, tweede, orde, sint, franciskus, lede, godsdiensorde, nonne, rooms, katolieke, kerk, tweede, franciskaanse, ord. Klariste Taal Hou dop Wysig Aangestuur vanaf Orde van Sint Klara Die Klariste Engels Poor Clares amptelik die Orde van sint Klara Latyn Ordo sanctae Clarae en ook bekend as die Tweede Orde van Sint Franciskus is lede van n godsdiensorde vir nonne in die Rooms Katolieke Kerk Dit is die tweede Franciskaanse orde wat gestig is op Palmsondag in 1212 deur die heiliges Klara van Assisi en Franciskus van Assisi n Muurskildery van sint Klara en nonne van haar orde San Damiano kapel Assisi Die Klariste is georganiseer volgens die struktuur van die Franciskaanse Orde die eerste orde In 2011 was daar meer as 20 000 Klariste in meer as 75 lande reg oor die wereld Die Klariste volg die Reel van Sint Klara wat die dag voor haar dood in 1253 deur pous Innocentius IV goedgekeur is maar het verskillende voorskrifte en word in federasies georganiseer 1 Verwysings Wysig Poor Clare Sisters Surrounding the World with PrayerEksterne skakels WysigPoor Clares Amptelike webtuiste in die VSA The Catholic Encyclopedia The Poor Clares Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klariste Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Klariste amp oldid 2082741,