fbpx
Wikipedia

Orde van Lenin

Die Orde van Lenin (Russies: Орден Ленина, Orden Lenina), wat genoem is na Wladimir Lenin, die leier van die Russiese Rewolusie van 1917, was die hoogste toekenning in die Sowjetunie. Dit is op 6 April 1930 deur die Sentrale Uitvoerende Komitee ingestel.

  • Orde van Lenin tipe 2

  • Orde van Lenin tipe 3

  • Orde van Lenin tipe 4

Die Orde van Lenin is toegeken aan:

  • Burgerlikes vir besondere dienste aan die staat
  • Weermaglede vir uitstekende diens
  • Diegene wat vriendskap en samewerking tussen volke en vrede bevorder het
  • Diegene wat voortreflike diens aan die Sowjet-staat en gemeenskap gelewer het

Van 1944 tot 1957, voordat afsonderlike medaljes ingestel is, is dit ook toegeken aan mense vir 25 jaar merkwaardige militêre diens. Mense wat die titel Held van die Sowjetunie en Held van Sosialistiese Arbeid ontvang het, het ook die Orde van Lenin gekry as deel van hul toekenning. Ook buitelanders, stede, fabrieke, streke, militêre eenhede en skepe kon dit kry.

Die eerste ontvanger van die toekenning was die koerant Komsomolskaja Prawda, destyds die spreekbuis van die Kommunistiese Jeugliga, op 23 Mei 1930. Die eerste persoon wat dit ’n tweede keer ontvang het, was die vlieënier Waleri Tsjkalof in 1936. Nog ’n vlieënier, Wladimir Kokkinaki, was die eerste persoon wat dit ’n derde keer gekry het. Die persoon wat dit die meeste keer (11 keer) gekry het, is Dmitri Oestinof, minister van verdediging van 1976 tot 1984.

Altesaam 431 418 van die medaljes is tydens die bestaan daarvan toegeken – die laaste een op 21 Desember 1991.

Bekende ontvangers

Streke en organisasies wat die Orde van Lenin ontvang het, is:

Bekende individue wat dit gekry het, is:

Orde van Lenin
orde, lenin, lees, ander, taal, wysig, russies, Орден, Ленина, orden, lenina, genoem, wladimir, lenin, leier, russiese, rewolusie, 1917, hoogste, toekenning, sowjetunie, april, 1930, deur, sentrale, uitvoerende, komitee, ingestel, tipe, tipe, tipe, 4toekenning. Orde van Lenin Lees in 039 n ander taal Hou dop Wysig Die Orde van Lenin Russies Orden Lenina Orden Lenina wat genoem is na Wladimir Lenin die leier van die Russiese Rewolusie van 1917 was die hoogste toekenning in die Sowjetunie Dit is op 6 April 1930 deur die Sentrale Uitvoerende Komitee ingestel Orde van Lenin tipe 2 Orde van Lenin tipe 3 Orde van Lenin tipe 4Toekennings WysigDie Orde van Lenin is toegeken aan Burgerlikes vir besondere dienste aan die staat Weermaglede vir uitstekende diens Diegene wat vriendskap en samewerking tussen volke en vrede bevorder het Diegene wat voortreflike diens aan die Sowjet staat en gemeenskap gelewer het Van 1944 tot 1957 voordat afsonderlike medaljes ingestel is is dit ook toegeken aan mense vir 25 jaar merkwaardige militere diens Mense wat die titel Held van die Sowjetunie en Held van Sosialistiese Arbeid ontvang het het ook die Orde van Lenin gekry as deel van hul toekenning Ook buitelanders stede fabrieke streke militere eenhede en skepe kon dit kry Die eerste ontvanger van die toekenning was die koerant Komsomolskaja Prawda destyds die spreekbuis van die Kommunistiese Jeugliga op 23 Mei 1930 Die eerste persoon wat dit n tweede keer ontvang het was die vlieenier Waleri Tsjkalof in 1936 Nog n vlieenier Wladimir Kokkinaki was die eerste persoon wat dit n derde keer gekry het Die persoon wat dit die meeste keer 11 keer gekry het is Dmitri Oestinof minister van verdediging van 1976 tot 1984 Altesaam 431 418 van die medaljes is tydens die bestaan daarvan toegeken die laaste een op 21 Desember 1991 Bekende ontvangers Wysig Streke en organisasies wat die Orde van Lenin ontvang het is Al vyftien republieke van die Sowjetunie Komsomol die Kommunistiese Jeugliga Moskou oblast n streek Komsomolskaja Prawda n koerant Prawda n koerant Moskou Donetsk en Jekaterinburg stede Bekende individue wat dit gekry het is Fidel Castro Kubaanse leier Sergei Eisenstein rolprentregisseur Joeri Gagarin die eerste mens in die ruimte Erich Honecker oudleier van Oos Duitsland Sergei Iljoesjin vlieenier en ontwerper van vliegtuie agt keer Michail Kalasjnikof ontwerper van die AK 47 Nikita Chroesjtsjof Sowjet leier Kim Philby Britse Sowjet spioen Dmitri Sjostakowitsj Sowjet komponis Josip Broz Tito president van Joego Slawie 1945 1980 Eksterne skakels Wysig ru Die Sowjetunie se Regsbiblioteek Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Orde van Lenin amp oldid 2437948,