Malgassies
Malgassies (Fiteny malagasy, [ˌmalaˈɡasʲ],(hulp·inligting)) is die taal van Madagaskar se inheemse Malgasse-volk en word deur sowat 18,1 miljoen mense gepraat. Saam met Frans vorm dit die amptelike tale van Madagaskar. Dit is die mees westelike en enigste in Afrika gebesige van die Austronesiese tale, wat hoofsaaklik in Asië en Oseanië gepraat word. Taalkundiges klassifiseer Malgassies as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan die Ma'anyan-taal van die eiland Borneo in Indonesië is, byna 7000 km ver van Madagaskar. Malgassies het saam met immigrante uit Suidoos-Asië na Madagaskar gekom. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van die Filippyne, waaronder Cebuano en Tagalog. Malgassies het met verloop van tyd leenwoorde uit Arabies en Swahili, maar ook later van Engels en Frans oorgeneem. Malgassies
Fiteny malagasy Uitspraak: [ˌmalaˈɡasʲ] Gepraat in: Madagaskar Gebied: Oos-Afrika Totale sprekers: 18,1 miljoen Taalfamilie: Austronesies
Maleis-Polinesies
Wes-Maleis-Polinesies
Borneo
Barito
Oos-Barito
Malgassies Skrifstelsel: Latynse alfabet Amptelike status Amptelike taal in: Madagaskar Gereguleer deur: geen Taalkodes ISO 639-1: mg ISO 639-2: mlg ISO 639-3: Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.