fbpx
Wikipedia

Ligkurwe

In sterrekunde is ’n ligkurwe ’n grafika van die ligsterkte van ’n hemelliggaam of streek as ’n funksie van tyd. Ligkurwes kan periodiek wees, soos in die geval van ’n verduisterende dubbelster, Cepheïed, ander periodieke veranderlike ster en eksoplaneet wat voor hul sterre verbybeweeg; of nieperiodiek, soos dié van ’n nova, supernova of gravitasielens-voorval. Die bestudering van die ligkurwe kan saam met ander waarnemings lig werp op die fisiese proses wat ligskommelings veroorsaak.

Die ligkurwe van die asteroïde 201 Penelope, gebaseer op foto's wat op 6 Oktober 2006 geneem is. Dit wys een volle rotasie, wat 3,7474 uur geduur het.

Die ligkurwe van ’n supernova kan byvoorbeeld gebruik word om vas te stel watter soort supernova dit is. As die ligkurwe ’n skerp stygende maksimum het en daarna stadig afneem, is dit ’n tipe I-supernova. As die kurwe ’n minder skerp maksimum het, vinnig afneem en dan afplat, is dit ’n tipe II-supernova.

Inhoud

In planeetkunde kan ’n ligkurwe gebruik word om die rotasieperiode van ’n kleinplaneet, maan of komeetkern te bepaal. Van die Aarde af is dit dikwels onmoontlik om die eienskappe van ’n klein voorwerp waar te neem, selfs met die kragtigste teleskope, en dan word die hoeveelheid lig wat die voorwerp uitstraal, gemeet as ’n funksie van tyd. Die tydverskille tussen maksimums in die kurwe gee ’n aanduiding van die rotasiespoed van die voorwerp.

Verskille in die maksimum en minimum helderheid van ’n voorwerp kan die gevolg wees van die vorm van die voorwerp, of van helder en dowwer gebiede op die oppervlak daarvan. Die ligkurwe van ’n asimmetriese asteroïde het byvoorbeeld duideliker verskille, terwyl dié van ’n gladder asteroïde platter sal wees.

Ligkurwes kan ook in plantkunde gebruik word om ’n plant se reaksie op ligintensiteit te meet. Die kurwe wys die fotosintetiese reaksie van blaarweefsel of alggemeenskappe op veranderende ligintensiteit. Omdat fotosintese ook deur koolstofdioksied beïnvloed word, word ligkurwes gewoonlik herhaal teen verskillende konsentrasies van CO2.

  1. S.V.H. Haugan Separating intrinsic and microlensing variability using parallax measurements (astro-ph/9508112. Augustus 1995) 29 September 2011 op Wayback Machine
  2. Harris, A. W.; Warner, B. D.; Pravec, P. (Eds.) (2006). . NASA Planetary Data System. vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2007. Besoek op2007-03-15.AS1-onderhoud: ekstra teks: authors list (link)
  3. Smith, E.L. (August 1936). . PNAS. 22 (8): 504–511. Bibcode:. doi:. JSTOR . PMC. PMID .

Ligkurwe
ligkurwe, taal, wysig, sterrekunde, ligkurwe, grafika, ligsterkte, hemelliggaam, streek, funksie, periodiek, wees, soos, geval, verduisterende, dubbelster, cepheïed, ander, periodieke, veranderlike, ster, eksoplaneet, voor, sterre, verbybeweeg, nieperiodiek, s. Ligkurwe Taal Hou dop Wysig In sterrekunde is n ligkurwe n grafika van die ligsterkte van n hemelliggaam of streek as n funksie van tyd Ligkurwes kan periodiek wees soos in die geval van n verduisterende dubbelster Cepheied ander periodieke veranderlike ster en eksoplaneet wat voor hul sterre verbybeweeg of nieperiodiek soos die van n nova supernova of gravitasielens voorval Die bestudering van die ligkurwe kan saam met ander waarnemings lig werp op die fisiese proses wat ligskommelings veroorsaak 1 Die ligkurwe van die asteroide 201 Penelope gebaseer op foto s wat op 6 Oktober 2006 geneem is Dit wys een volle rotasie wat 3 7474 uur geduur het Die ligkurwe van n supernova kan byvoorbeeld gebruik word om vas te stel watter soort supernova dit is As die ligkurwe n skerp stygende maksimum het en daarna stadig afneem is dit n tipe I supernova As die kurwe n minder skerp maksimum het vinnig afneem en dan afplat is dit n tipe II supernova 2 Inhoud 1 Planeetkunde 2 Plantkunde 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsPlaneetkunde WysigIn planeetkunde kan n ligkurwe gebruik word om die rotasieperiode van n kleinplaneet maan of komeetkern te bepaal Van die Aarde af is dit dikwels onmoontlik om die eienskappe van n klein voorwerp waar te neem selfs met die kragtigste teleskope en dan word die hoeveelheid lig wat die voorwerp uitstraal gemeet as n funksie van tyd Die tydverskille tussen maksimums in die kurwe gee n aanduiding van die rotasiespoed van die voorwerp Verskille in die maksimum en minimum helderheid van n voorwerp kan die gevolg wees van die vorm van die voorwerp of van helder en dowwer gebiede op die oppervlak daarvan Die ligkurwe van n asimmetriese asteroide het byvoorbeeld duideliker verskille terwyl die van n gladder asteroide platter sal wees 3 Plantkunde WysigLigkurwes kan ook in plantkunde gebruik word om n plant se reaksie op ligintensiteit te meet Die kurwe wys die fotosintetiese reaksie van blaarweefsel of alggemeenskappe op veranderende ligintensiteit Omdat fotosintese ook deur koolstofdioksied beinvloed word word ligkurwes gewoonlik herhaal teen verskillende konsentrasies van CO2 4 Verwysings Wysig S V H Haugan Separating intrinsic and microlensing variability using parallax measurements astro ph 9508112 Augustus 1995 1 Geargiveer 29 September 2011 op Wayback Machine hyperphysics phy astr gsu edu Harris A W Warner B D Pravec P Eds 2006 Asteroid Lightcurve Derived Data EAR A 5 DDR derived lightcurve V8 0 NASA Planetary Data System Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2007 Besoek op 2007 03 15 AS1 onderhoud ekstra teks authors list link Smith E L August 1936 Photosynthesis in Relation to Light and Carbon Dioxide PNAS 22 8 504 511 Bibcode 1936PNAS 22 504S doi 10 1073 pnas 22 8 504 JSTOR 86299 PMC 1079215 PMID 16577734 Eksterne skakels WysigDie AAVSO se aanlyn skepper van ligkurwes vir veranderlike sterre Geargiveer 11 Oktober 2008 op Wayback Machine Lightcurves An Introduction by Nasa Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ligkurwe amp oldid 2445911,