fbpx
Wikipedia

Lier (sterrebeeld)

Die Lier of Harp (Latyn: Lyra) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Lier
Latynse naam Lyra
Genitief Lyrae
Afkorting Lyr
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 19h
Deklinasie 40º
Grootte 286 vk. grade (52ste)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 5
Helderste ster Vega (α Lyr)
Naaste ster 2MASS J18353790+3259545
Sterre helderder as 3 m 1
Sterre met planete 29
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 25
Meteoorreëns Lyrids, June Lyrids, Alpha Lyrids
Aangrensende sterrebeelde
Draak, Hercules, Vos, Swaan
Portaal Sterrekunde

Die sterrebeeld is in die Suidelike Halfrond in die winter sigbaar, laag in die noordelike naghemel.

Messier 56 (M56) bestaan uit ’n groot aantal sterre wat dig bymekaargehou word deur swaartekrag.

Die Lier se helderste sterre sluit in Vega (α Lyr), die vyfde helderste ster in die ruimte; dit is ’n A0 V-tipe en is net 25,3 ligjare van die Aarde af.

Die voorwerpe Messier 56, M57 en Kuiper 90 kom in die Lier voor. M56 is ’n taamlike los bolvormige sterreswerm sowat 32 900 ligjare van die Aarde af. Dit het ’n deursnee van 85 ligjare en ’n oënskynlike magnitude van 8,3 mag.

M57, ook bekend as die Ring-newel of NGC 6720, het ’n deursnee van een ligjaar en is 2 000 ligjare van hier. Dit is een van die bekendste planetêre newels en die tweede een wat ontdek is – in 1779 deur Antoine Darquier, 15 jaar nadat Charles Messier die Handgewig-newel ontdek het. Sterrekundiges het bepaal dat dit tussen 6 000 en 8 000 jaar oud is.

NGC 6745 is ’n onreëlmatige spiraalsterrestelsel sowat 208 miljoen ligjare van die Aarde af. Verskeie miljoene jare gelede het dit met ’n kleiner stelsel gebots en so is ’n streek met jong, warm blou sterre gevorm. Sterrekundiges weet nie of dit ’n vlugtige botsing was of die voorloper van ’n volle samesmelting van die twee stelsels nie

Verskeie planete is reeds in die Lier ontdek, so onlangs as in Januarie 2010 deur die Kepler-sending. ’n Groot deel van die Kepler-ruimtesterrewag se waarnemings word in die Lier gedoen en daar word verwag dat nog baie ander planete hier ontdek sal word.

  1. . ESA/Hubble Picture of the Week (in Engels). vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op20 Augustus 2012.
  2. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe. Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Lier (sterrebeeld)
lier, sterrebeeld, sterrebeeld, taal, wysig, lier, harp, latyn, lyra, klein, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemaeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, lierlatynse, naam, lyragenitief, lyraeafkorting, lyr. Lier sterrebeeld sterrebeeld Taal Hou dop Wysig Die Lier of Harp Latyn Lyra is n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde LierLatynse naam LyraGenitief LyraeAfkorting LyrWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 19hDeklinasie 40ºGrootte 286 vk grade 52ste Kwadrant NQ4BesonderhedeHoofsterre 5Helderste ster Vega a Lyr Naaste ster 2MASS J18353790 3259545Sterre helderder as 3 m 1Sterre met planete 29Messier voorwerpe 2Bayer Flamsteed sterre 25Meteoorreens Lyrids June Lyrids Alpha LyridsAangrensende sterrebeeldeDraak Hercules Vos SwaanPortaal Sterrekunde Die sterrebeeld is in die Suidelike Halfrond in die winter sigbaar laag in die noordelike naghemel Ruimtevoorwerpe Wysig Messier 56 M56 bestaan uit n groot aantal sterre wat dig bymekaargehou word deur swaartekrag 1 Die Lier se helderste sterre sluit in Vega a Lyr die vyfde helderste ster in die ruimte dit is n A0 V tipe en is net 25 3 ligjare van die Aarde af Die voorwerpe Messier 56 M57 en Kuiper 90 kom in die Lier voor M56 is n taamlike los bolvormige sterreswerm sowat 32 900 ligjare van die Aarde af Dit het n deursnee van 85 ligjare en n oenskynlike magnitude van 8 3 mag M57 ook bekend as die Ring newel of NGC 6720 het n deursnee van een ligjaar en is 2 000 ligjare van hier Dit is een van die bekendste planetere newels en die tweede een wat ontdek is 2 in 1779 deur Antoine Darquier 15 jaar nadat Charles Messier die Handgewig newel ontdek het Sterrekundiges het bepaal dat dit tussen 6 000 en 8 000 jaar oud is NGC 6745 is n onreelmatige spiraalsterrestelsel sowat 208 miljoen ligjare van die Aarde af Verskeie miljoene jare gelede het dit met n kleiner stelsel gebots en so is n streek met jong warm blou sterre gevorm Sterrekundiges weet nie of dit n vlugtige botsing was of die voorloper van n volle samesmelting van die twee stelsels nie Verskeie planete is reeds in die Lier ontdek so onlangs as in Januarie 2010 deur die Kepler sending n Groot deel van die Kepler ruimtesterrewag se waarnemings word in die Lier gedoen en daar word verwag dat nog baie ander planete hier ontdek sal word Verwysings Wysig A Collection of Ancient Stars ESA Hubble Picture of the Week in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020 Besoek op 20 Augustus 2012 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lier sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Lier sterrebeeld amp oldid 2210264,