fbpx
Wikipedia

Jiddisj

Jiddisj (ייִדיש‎, יידיש‎ of אידיש‎, yidish/idish/yidish, [ˈjɪdɪʃ] of [ˈɪdɪʃ]; Engels: Yiddish, van Duits Jiddisch: Jüdisch) of Mame-Losjen (מאמע-לשון, "Moedertaal") is 'n Wes-Germaanse taal met Hebreeuse en Slawiese elemente wat meestal met die Hebreeuse alfabet geskryf word. Jiddisj het gedurende die Hoë Middeleeue uit die Middelhoogduitse taal ontwikkel en is nog steeds nou verwant aan moderne Hoogduits en sy dialekte. Dit was veral die Joodse bevolking van Pole en Rusland wat die bestaande Middelhoogduitse verkeerstaal – 'n dialek met Hebreeuse leenwoorde – tot 'n skryftaal uitgebou het (soortgelyk aan die Romaanse taal Ladino wat nou verwant is aan Spaans).

Jiddisj
ייִדיש‎, יידיש‎ of אידיש‎ ; yidish/idish/yidish
Uitspraak: [ˈjɪdɪʃ] of [ˈɪdɪʃ]
Gepraat in: Bosnië en Herzegowina
Israel
Moldowa
Nederland
Oekraïne
Pole
Roemenië
Rusland
Swede
Belarus
Gebied: Sentraal- en Oos-Europa
Totale sprekers: 1,8 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
Germaans
Wes-Germaans
Hoog-Duits
Jiddisj
Skrifstelsel: Hebreeuse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: Joodse Outonome Oblast
Gereguleer deur: YIVO
Taalkodes
ISO 639-1: yi
ISO 639-2: yid
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Kaart van Jiddisje dialekte in Sentraal-Europa

Die Jiddisje taal word in twee hoofdialekte, Wes-Jiddisj en Oos-Jiddisj, verdeel. Met die Europese Verligting en die toelating tot volledige burgerregte het die meerderheid van die Wes-Europese Joodse bevolking begin om die plaaslike tale oor te neem.

Nadat die Joodse bevolking van Sentraal-Europa in die laat Middeleeue na die oostelike deel van die vasteland verdryf is, het hulle in spesifieke buurte, die shtetls, van Slawiese stede gewoon. Jiddisj het 'n groot aantal leenwoorde en wendings uit Pools en Russies oorgeneem, maar het danksy die oorwegend Duitse woordeskat wesentlik 'n Germaanse taal gebly wat oor 'n ryk literêre tradisie beskik. Die tydperk tussen 1800 en 1900 word as die Goue Era van die taal beskou.

Voor die Holocaust was Jiddisj die moedertaal van sowat twaalf miljoen mense in oostelike Sentraal-Europa en in Oos-Europa, veral Asjkenasiese Jode. Grootskaalse emigrasie het die taalgebied van Jiddisj veral na Israel en die Verenigde State verskuif. Tans is daar nog sowat drie miljoen oorwegend Joodse sprekers dwarsoor die wêreld. Naas ouer sprekers van alle Joodse geloofsrigtings word Jiddisj vandag veral deur Chassidiese Jode as omgangstaal gebesig.

Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Jiddisj
Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.

Jiddisj
jiddisj, taal, wysig, יי, דיש, יידיש, אידיש, yidish, idish, yidish, ˈjɪdɪʃ, ˈɪdɪʃ, engels, yiddish, duits, jiddisch, jüdisch, mame, losjen, מאמע, לשון, moedertaal, germaanse, taal, hebreeuse, slawiese, elemente, meestal, hebreeuse, alfabet, geskryf, word, gedu. Jiddisj Taal Hou dop Wysig Jiddisj יי דיש יידיש of אידיש yidish idish yidish ˈjɪdɪʃ of ˈɪdɪʃ Engels Yiddish van Duits Jiddisch Judisch of Mame Losjen מאמע לשון Moedertaal is n Wes Germaanse taal met Hebreeuse en Slawiese elemente wat meestal met die Hebreeuse alfabet geskryf word Jiddisj het gedurende die Hoe Middeleeue uit die Middelhoogduitse taal ontwikkel en is nog steeds nou verwant aan moderne Hoogduits en sy dialekte Dit was veral die Joodse bevolking van Pole en Rusland wat die bestaande Middelhoogduitse verkeerstaal n dialek met Hebreeuse leenwoorde tot n skryftaal uitgebou het soortgelyk aan die Romaanse taal Ladino wat nou verwant is aan Spaans Jiddisj יי דיש יידיש of אידיש yidish idish yidish Uitspraak ˈjɪdɪʃ of ˈɪdɪʃ Gepraat in Bosnie en Herzegowina Israel Moldowa Nederland Oekraine Pole Roemenie Rusland Swede Belarus Gebied Sentraal en Oos EuropaTotale sprekers 1 8 miljoenTaalfamilie Indo Europees Germaans Wes Germaans Hoog Duits Jiddisj Skrifstelsel Hebreeuse alfabet Amptelike statusAmptelike taal in Joodse Outonome OblastGereguleer deur YIVOTaalkodesISO 639 1 yiISO 639 2 yidISO 639 3 yidNota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Kaart van Jiddisje dialekte in Sentraal Europa Die Jiddisje taal word in twee hoofdialekte Wes Jiddisj en Oos Jiddisj verdeel Met die Europese Verligting en die toelating tot volledige burgerregte het die meerderheid van die Wes Europese Joodse bevolking begin om die plaaslike tale oor te neem Nadat die Joodse bevolking van Sentraal Europa in die laat Middeleeue na die oostelike deel van die vasteland verdryf is het hulle in spesifieke buurte die shtetls van Slawiese stede gewoon Jiddisj het n groot aantal leenwoorde en wendings uit Pools en Russies oorgeneem maar het danksy die oorwegend Duitse woordeskat wesentlik n Germaanse taal gebly wat oor n ryk literere tradisie beskik Die tydperk tussen 1800 en 1900 word as die Goue Era van die taal beskou Voor die Holocaust was Jiddisj die moedertaal van sowat twaalf miljoen mense in oostelike Sentraal Europa en in Oos Europa veral Asjkenasiese Jode Grootskaalse emigrasie het die taalgebied van Jiddisj veral na Israel en die Verenigde State verskuif Tans is daar nog sowat drie miljoen oorwegend Joodse sprekers dwarsoor die wereld Naas ouer sprekers van alle Joodse geloofsrigtings word Jiddisj vandag veral deur Chassidiese Jode as omgangstaal gebesig Eksterne skakels Wysig Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Jiddisj Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jiddisj Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Jiddisj en Yiddish language Encyclopaedia Britannica Besoek op 15 September 2018 Hierdie artikel oor n taal taalgroep of taalfamilie is slegs n saadjie Jy kan help deur dit uit te brei Indo Europese tale Kentum tale Germaanse taleNoord Germaanse tale Deens Faroees Noors Bokmal Nynorsk Sweeds YslandsWes Germaanse tale Afrikaans Duits Engels Fries Noord Fries Oos Fries Saterfries Wes Fries Jiddisj Limburgs Luxemburgs Nederduits Nederlands Oos Vlaams Wes Vlaams Nedersaksies Wes Veluws SkotsOos Germaanse tale Boergondies Goties Vandaals Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Jiddisj amp oldid 2175053,