Internasionale Sterrekundige Vereniging
Die Internasionale Sterrekundige Vereniging of Internasionale Astronomiese Unie (IAU) (Frans: Union astronomique internationale of UAI) is ’n groep professionele sterrekundiges met doktorsgrade wat navorsing en opvoeding in sterrekunde doen. Dit word internasionaal beskou as die owerheid wat name aan hemelliggame (sterre, planete, asteroïdes, ens.) gee, asook aan enige strukture op hul oppervlak. Hul hoofdoel is om die sterrekunde in al sy aspekte te bevorder en beskerm deur middel van internasionale samewerking. Die vereniging is lid van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU) en het vriendskaplike betrekkinge met organisasies wat amateursterrekundiges as lede insluit. Hul hoofkwartier is op die tweede verdieping van die Institut d'Astrophysique de Paris in die 14de arrondissement van Parys, Frankryk, en die amptelike taal is Frans. Afdelings sluit in die werkgroepe vir die naamgewing van planetêre stelsels, van sterre en van meteoorreëns, asook die Kleinplaneetsentrum. Die IAU is op 28 Julie 1919 in Brussel, België, gestig. Die sewe stigterstate was België, Kanada, Frankryk, Brittanje, Griekeland, Japan en die VSA. Hulle is gou daarna gevolg deur Italië en Mexiko. Vandag het die IAU 12 664 "individuele lede", wat professionele sterrekundiges uit 96 lande is. Verder is daar 79 "nasionale lede", professionele sterrekundige gemeenskappe wat hul lande se sustersverenigings van die IAU verteenwoordig. Hulle is van onder meer Suid-Afrika, Australië, China, Indië, die VSA, Argentinië, Saoedi-Arabië, Duitsland, Brittanje, Nieu-Seeland, Rusland en Japan. Die IAU se algemene vergadering sluit al die lede in en bepaal die vereniging se beleid, keur sy verordenige goed en verkies verskeie komitees. Stemreg van die lede hang af van die saak wat voor die vergadering dien – soms stem net die individuele lede en soms net die nasionale lede. Inhoud
Vergadering Jaar Plek Iste IAU- algemene vergadering (1ste) 1922 Rome, Italië IIde IAU- algemene vergadering (2de) 1925 Cambridge, Engeland, Verenigde Koninkryk IIIde IAU- algemene vergadering (3de) 1928 Leiden, Nederland IVde IAU- algemene vergadering (4de) 1932 Cambridge, Massachusetts, Verenigde State Vde IAU- algemene vergadering (5de) 1935 Parys, Frankryk VIde IAU- algemene vergadering (6de) 1938 Stockholm, Swede VIIde IAU- algemene vergadering (7de) 1948 Zürich, Switserland VIIIste IAU- algemene vergadering (8ste) 1952 Rome, Italië IXde IAU- algemene vergadering (9de) 1955 Dublin, Ierland Xde IAU- algemene vergadering (10de) 1958 Moskou, Sowjetunie XIde IAU- algemene vergadering (11de) 1961 Berkeley, Kalifornië, Verenigde State XIIde IAU- algemene vergadering (12de) 1964 Hamburg, Wes-Duitsland XIIIde IAU- algemene vergadering (13de) 1967 Praag, Tsjeggo-Slowakye XIVde IAU- algemene vergadering (14de) 1970 Brighton, Engeland, Verenigde Koninryk XVde IAU- algemene vergadering (15de) 1973 Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië XVIde IAU- algemene vergadering (16de) 1976 Grenoble, Frankryk XVIIde IAU- algemene vergadering (17de) 1979 Montreal, Quebec, Kanada XVIIIde IAU- algemene vergadering (18de) 1982 Patras, Griekeland XIXde IAU- algemene vergadering (19de) 1985 Nieu-Delhi, Indië XXste IAU- algemene vergadering (20ste) 1988 Baltimore, Maryland, Verenigde State XXIste IAU- algemene vergadering (21ste) 1991 Buenos Aires, Argentinië XXIIste IAU- algemene vergadering (22ste) 1994 Den Haag, Nederland XXIIIste IAU- algemene vergadering (23ste) 1997 Kioto, Kansai, Japan XXIVste IAU- algemene vergadering (24ste) 2000 Manchester, Engeland, Verenigde Koninkryk XXVste IAU- algemene vergadering (25ste) 2003 Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië XXVIste IAU- algemene vergadering (26ste) 2006 Praag, Tsjeggië XXVIIste IAU- algemene vergadering (27ste) 2009 Rio de Janeiro, Brasilië XXVIIIste IAU- algemene vergadering (28ste) 2012 Beijing, Volksrepubliek China XXIXste IAU- algemene vergadering (29ste) 2015 Honolulu, Hawaii, Verenigde State XXXste IAU- algemene vergadering (30ste) 2018 Wene, Oostenryk XXXIste IAU- algemene vergadering (31ste) 2021 Busan, Suid-Korea Wikimedia Commons bevat media in verband met International Astronomical Union.
