Hoërskool Vryburg
Die Hoërskool Vryburg is ’n publieke hoërskool in Vryburg, Noordwes, Suid-Afrika. Die skool is in 1891 gestig. In 1999 was die Hoërskool Vryburg in die nuus nadat Andrew Babeile, ’n 19-jarige swart gr. 9-leerling ’n blanke klasmaat, Christoff Erasmus met ’n skêr in die nek gesteek het. Babeile is skuldig bevind op ’n aanklag van poging tot moord en is tot slegs drie jaar tronkstraf gevonnis. Nelson Mandela het nie die voorval veroordeel nie en dit goedgedink om aan Babeile R20 000 rand gegee om verder te studeer. Hy het ook gesê hy glo dat Babeile se appèl teen die tronkstraf sou slaag. Later daardie jaar het die regering ’n swart adjunkhoof op die skool afgedwing om die rassespanning te probeer verminder maar die skool se beheerliggaam het dit probeer voorkom. Babeile het slegs die helfte van sy vonnis uitgedien en is in 2003, nadat hy vrygelaat is, weer aangekla, hierdie keer op aanklagte van onsedelike aanranding. Hoërskool Vryburg se skoollied: Hoërskool Vryburg Leuse Carpe diem Gestig 1891 Tipe Staatskool Hoof Dr. A.S. du Toit Personeel 33 Grade 8-12 Adres De Kockstraat, Vryburg Stad Vryburg Provinsie Noordwes Land Suid-Afrika Kleure Koshuis(e) Huis Hannes du Toit (meisies)
Huis Nico Malan (seuns) Skoolkoerant Prontuit Webblad Inhoud
