Hawais
Hawais (ʻŌlelo Hawaiʻi, [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi]) is die taal van Hawaii se inheemse bevolking. Dit vorm saam met Engels die amptelike tale van die Amerikaanse deelstaat Hawaii. Taalkundiges klassifiseer Hawais as 'n Oos-Polinesiese taal wat nouverwant aan Mangarevanies en Marquesanies van Frans-Polinesië is. Dit is ietwat minder verwant aan Cookeilandse Māori, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van Wes-Polinesië, waaronder Niuies, Samoaans, Tokelauaans, Tongaans en Tuvaluaans. Volgens die Hawaii-taalkommissie het die aantal volwasse sprekers, wat Hawais vlot kan praat, in 1997 tot sowat 2 000 gedaal. Hawais
ʻŌlelo Hawaiʻi Uitspraak: [ʔoːˈlɛlo həˈvɐjʔi] Gepraat in: Verenigde State Gebied: Oseanië Totale sprekers: 24 000 volgens 2010-sensus Taalfamilie: Austronesies
Maleis-Polinesies
Oseanies
Polinesies
Oos-Polinesies
Marquesies
Hawais Skrifstelsel: Latynse alfabet Amptelike status Amptelike taal in: Verenigde State Gereguleer deur: Hawaii-taalkommissie Taalkodes ISO 639-1: geen ISO 639-2: haw ISO 639-3: Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.