fbpx
Wikipedia

Grace Kelly

Grace Patricia Kelly (12 November 1929 - 14 September 1982), later bekend as prinses Grace van Monaco, was 'n Amerikaanse rolprentaktrise en Oscar-wenner wat later die vrou van prins Rainier III van Monaco geword het.

Grace Kelly
Grace Kelly in 1956.

Geboortenaam Grace Patricia Kelly
Geboorte 12 November 1929
Philadelphia, PA, (VSA)
Sterfte 14 September 1982 (op 52)
Monaco-Ville, Monaco
Nasionaliteit Verenigde State
Beroep(e) Aktrise
Rolprente The Country Girl, To Catch a Thief
Toekennings Oscar & Golden Globe vir The Country Girl
Golden Globe vir Mogambo

Sy is in Philadelphia (Pennsilvanië) gebore; haar Ierse Katolieke familie was nuwe, maar prominente figure in Philadelphia se sosiale gemeenskap. Haar vader, John B. Kelly sr., was 'n selfgemaakte miljoenêr.

Inhoud

Alhoewel haar familie gekant was teen haar keuse om 'n aktrise te word, het Grace 'n modemodel geword en in haar eerste rolprent, Fourteen Hours (1951), verskyn toe sy 22 jaar oud was. Die volgende jaar was sy te sien in High Noon (1952), 'n omstrede rolprent met die akteur Gary Cooper.

In Oktober 1953 het sy bekendheid verwerf danksy haar rol in die regisseur John Ford se prent Mogambo saam met Clark Gable en Ava Gardner. Sy het in 1954 ’n Golden Globe daarvoor gewen en is vir ’n Oscar benoem. Daarna het sy in vyf rolprente hoofrolle vertolk, insluitende The Country Girl (1954) saam met Bing Crosby, waarvoor sy die Oscar vir beste aktrise gewen het. Ander prente sluit in High Society (1956), saam met Bing Crosby en Frank Sinatra, en drie prente van Alfred Hitchcock: Dial M for Murder (1954), Rear Window (1954) en To Catch a Thief (1955).

Kelly was in April 1955 aan die hoof van die Amerikaanse afvaardiging by die Cannes-rolprentfees. Terwyl sy daar was, is sy genooi om deel te neem aan ’n fotosessie saam met prins Rainier III, die prins van Monaco, in die Prins se Paleis sowat 55 km van Cannes af. Sy het hom op 6 Mei 1955 ontmoet. Sy het in dié tyd met die Franse akteur Jean-Pierre Aumont uitgegaan.

Die prins en prinses van Monaco in 1961 in die Withuis.

Ná ’n jaar lange hofmakery is prins Rainier in 1956 met Kelly getroud. Daar was ’n burgerlike en godsdienstige seremonie. Sowat 30 miljoen kykers het na raming die troue op televisie gesien. Dit is deur die biograaf Robert Lacey beskryf as "the first modern event to generate media overkill".

Die 700 gaste het verskeie beroemdes ingesluit, soos Aristoteles Onassis, Cary Grant, David Niven, Gloria Swanson, Ava Gardner, Aga Khan III, Gloria Guinness, ens. Frank Sinatra was genooi, maar het nie die troue bygewoon nie. Ná die troue is Kelly en Rainier op ’n wittebrood van sewe weke op sy jag op die Middellandse See.

Kelly het op 26 jaar uit die rolprentbedryf getree om met haar pligte as die prinses van Monaco te begin. Hulle het drie kinders gehad: Caroline, Albert en Stéphanie. Kelly het haar bande met Amerika behou met ’n dubbele burgerskap van die VSA en Monaco.

Prinses Grace is op 14 September 1982 oorlede ná ’n motorongeluk die vorige dag. Ná haar dood het die Franse dokters wat haar behandel het, bekend gemaak dat sy volgens ’n CT-skandering twee breinbloedings gehad het: die eerste voor die ongeluk (dit was waarskynlik die rede vir die ongeluk) en die tweede terwyl sy in die hospitaal was (vermoedelik weens die fisieke trauma van die ongeluk). Sy was 52 jaar oud toe sy dood is.

Sy is 13de op die lys van die American Film Institute se 25 grootste vroulike sterre van die klassieke Hollywood-rolprentbedryf.

  1. . AMC Filmsite (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019.
  2. Annenberg, Walter H., red. (7 Mei 1955). . The Philadelphia Inquirer. 252 (127). Philadelphia, PA. p. 1 – via Newspapers.com.
  3. Thompson, Edward K., red. (May 30, 1955). . TIME. Vol. 28 no. 22. Andrew Heiskell. pp. 14–15. ISSN .
  4. " ". The Times. 7 April 2005. p. 59.
  5. , BBC: On This Day. Besoek op 31 Mei 2008.
  6. . Life. 40. Time Inc. 30 April 1956. p. 37. ISSN .
  7. Choron, Sandra; Choron, Harry (2010). . Houghton Mifflin Harcourt. p. 103. ISBN 978-0-618-74658-3.
  8. Vickers, Hugo (2007). Horses & Husbands – The Memoirs of Etti Plesch. p. 170. ISBN 978-1-904349-54-9.
  9. Quine, Judith Balaban (1990). . Pocket Books. ISBN 978-0-671-70770-5.
  10. Davies, Jennifer. . RW Press. p. 38. ISBN 978-1-909284-04-3.
  11. Taraborrelli 2003, p. 149
  12. Buchwald, Art (17 April 1956). (in Engels). Los Angeles Times. vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019.
  13. Robinson, Jeffery (23 Oktober 1989). (in Engels). Chicago Tribune. vanaf die oorspronklike op 12 September 2018.
  14. 7 Julie 2011 op Wayback Machine

Grace Kelly
grace, kelly, taal, wysig, grace, patricia, kelly, november, 1929, september, 1982, later, bekend, prinses, grace, monaco, amerikaanse, rolprentaktrise, oscar, wenner, later, vrou, prins, rainier, monaco, geword, 1956, geboortenaam, grace, patricia, kellygeboo. Grace Kelly Taal Hou dop Wysig Grace Patricia Kelly 12 November 1929 14 September 1982 later bekend as prinses Grace van Monaco was n Amerikaanse rolprentaktrise en Oscar wenner wat later die vrou van prins Rainier III van Monaco geword het Grace KellyGrace Kelly in 1956 Geboortenaam Grace Patricia KellyGeboorte 12 November 1929 Philadelphia PA VSA Sterfte 14 September 1982 op 52 Monaco Ville MonacoNasionaliteit Verenigde StateBeroep e AktriseRolprente The Country Girl To Catch a ThiefToekennings Oscar amp Golden Globe vir The Country Girl Golden Globe vir Mogambo Sy is in Philadelphia Pennsilvanie gebore haar Ierse Katolieke familie was nuwe maar prominente figure in Philadelphia se sosiale gemeenskap Haar vader John B Kelly sr was n selfgemaakte miljoener Inhoud 1 Rolprentloopbaan 2 Prinses van Monaco 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRolprentloopbaan WysigAlhoewel haar familie gekant was teen haar keuse om n aktrise te word het Grace n modemodel geword en in haar eerste rolprent Fourteen Hours 1951 verskyn toe sy 22 jaar oud was Die volgende jaar was sy te sien in High Noon 1952 n omstrede rolprent met die akteur Gary Cooper In Oktober 1953 het sy bekendheid verwerf danksy haar rol in die regisseur John Ford se prent Mogambo saam met Clark Gable en Ava Gardner Sy het in 1954 n Golden Globe daarvoor gewen en is vir n Oscar benoem Daarna het sy in vyf rolprente hoofrolle vertolk insluitende The Country Girl 1954 saam met Bing Crosby waarvoor sy die Oscar vir beste aktrise gewen het 1 Ander prente sluit in High Society 1956 saam met Bing Crosby en Frank Sinatra en drie prente van Alfred Hitchcock Dial M for Murder 1954 Rear Window 1954 en To Catch a Thief 1955 Prinses van Monaco WysigKelly was in April 1955 aan die hoof van die Amerikaanse afvaardiging by die Cannes rolprentfees Terwyl sy daar was is sy genooi om deel te neem aan n fotosessie saam met prins Rainier III die prins van Monaco in die Prins se Paleis sowat 55 km van Cannes af Sy het hom op 6 Mei 1955 ontmoet 2 Sy het in die tyd met die Franse akteur Jean Pierre Aumont uitgegaan 3 Die prins en prinses van Monaco in 1961 in die Withuis Na n jaar lange hofmakery 4 is prins Rainier in 1956 met Kelly getroud 5 Daar was n burgerlike en godsdienstige seremonie 6 Sowat 30 miljoen kykers het na raming die troue op televisie gesien Dit is deur die biograaf Robert Lacey beskryf as the first modern event to generate media overkill 7 Die 700 gaste het verskeie beroemdes ingesluit soos Aristoteles Onassis Cary Grant David Niven Gloria Swanson Ava Gardner Aga Khan III Gloria Guinness 8 ens Frank Sinatra was genooi maar het nie die troue bygewoon nie 9 10 Na die troue is Kelly en Rainier op n wittebrood van sewe weke op sy jag op die Middellandse See 7 11 Kelly het op 26 jaar uit die rolprentbedryf getree om met haar pligte as die prinses van Monaco te begin Hulle het drie kinders gehad Caroline Albert en Stephanie Kelly het haar bande met Amerika behou met n dubbele burgerskap van die VSA en Monaco 12 Prinses Grace is op 14 September 1982 oorlede na n motorongeluk die vorige dag Na haar dood het die Franse dokters wat haar behandel het bekend gemaak dat sy volgens n CT skandering twee breinbloedings gehad het die eerste voor die ongeluk dit was waarskynlik die rede vir die ongeluk en die tweede terwyl sy in die hospitaal was vermoedelik weens die fisieke trauma van die ongeluk 13 Sy was 52 jaar oud toe sy dood is Sy is 13de op die lys van die American Film Institute se 25 grootste vroulike sterre van die klassieke Hollywood rolprentbedryf 14 Verwysings Wysig 1954 Academy Awards Winners and History AMC Filmsite in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019 Annenberg Walter H red 7 Mei 1955 Grance Kelly Visits Monaco Prince The Philadelphia Inquirer 252 127 Philadelphia PA p 1 via Newspapers com Thompson Edward K red May 30 1955 Grace s Riviera Romance TIME Vol 28 no 22 Andrew Heiskell pp 14 15 ISSN 0024 3019 The Times 7 April 2005 p 59 1956 Prince Rainier marries Grace Kelly BBC On This Day Besoek op 31 Mei 2008 The Big Week in Monaco Movies Pretty Princess Assumes a Real Life Title Life 40 Time Inc 30 April 1956 p 37 ISSN 0024 3019 7 0 7 1 Choron Sandra Choron Harry 2010 Planet Wedding A Nuptial pedia Houghton Mifflin Harcourt p 103 ISBN 978 0 618 74658 3 Vickers Hugo 2007 Horses amp Husbands The Memoirs of Etti Plesch p 170 ISBN 978 1 904349 54 9 Quine Judith Balaban 1990 The Bridesmaids Grace Kelly and Six Intimate Friends Pocket Books ISBN 978 0 671 70770 5 Davies Jennifer Fatal Car Accidents of the Rich and Famous RW Press p 38 ISBN 978 1 909284 04 3 Taraborrelli 2003 p 149 Buchwald Art 17 April 1956 Grace Kelly Can Retain American Citizenship Status of Pat Poodle Oliver Not So Clear His Marriage Could Start Monaco Squabble in Engels Los Angeles Times Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019 Robinson Jeffery 23 Oktober 1989 Princess Grace s Fatal Crash Her Daughter s Account in Engels Chicago Tribune Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2018 Profile Geargiveer 7 Julie 2011 op Wayback MachineEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grace Kelly Grace Kelly in die Internet rolprentdatabasisOntsluit van https af wikipedia org w index php title Grace Kelly amp oldid 2324419,