fbpx
Wikipedia

Eksoplaneet

’n Eksoplaneet of ekstrasolêre planeet is ’n planeet buite die Sonnestelsel. Tot en met 1 Maart 2013 was altesaam 861 sulke planete geïdentifiseer (planete in 677 planetêre stelsels, insluitende 128 stelsels met meer as een planeet). Teen 1 Julie 2021 was daar 4 777 bevestigde eksoplanete in 3 534 planeetstelsels, met 785 stelsels wat meer as een planeet het. Daar is dus ’n voortdurende stroom nuwe ontdekkings.

’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe algemeen planete voorkom om sterre in die Melkweg.

Wat meer sê, die Keplersending het reeds ’n paar duisend bykomende kandidate opgespoor, insluitende ’n paar honderd wat lewe sou kon huisves.

Inhoud

Baie filosowe en wetenskaplikes het eeue lank aangeneem eksoplanete bestaan, maar daar was geen manier om vas te stel hoe algemeen hulle voorkom of hoeveel hulle met die planete in ons Sonnestelsel ooreenstem nie. Verskeie bewerings van waarnemings vanaf die 19de eeu is eindelik deur sterrekundiges verwerp.

Die eerste bevestigde waarneming was in 1992 met die ontdekking van verskeie aardgrootte-planete om die pulsar PSR B1257+12. Die eerste ontdekking van ’n eksoplaneet om ’n hoofreeksster was in 1995: ’n reuseplaneet met ’n wentelperiode van vier dae om die nabygeleë ster 51 Pegasi. Danksy verbeterde opsporingstegnieke het die tempo van waarnemings sedertdien vinnig toegeneem. Sommige eksoplanete is deur teleskope afgeneem, maar die oorgrote meerderheid is opgespoor met indirekte metodes soos die meet van radiale snelhede. Ook komete buite ons Sonnestelsel is al waargeneem en kan algemeen in die Melkweg voorkom.

Die heel eerste foto van ’n eksoplaneet (links onder), wat in 2004 deur die Baie Groot Teleskoop geneem is. Dit wentel om die bruindwerg 2M1207 en sy massa is vyf keer so groot soos Jupiter s’n.

Daar is na verwagting in die Melkweg alleen miljarde planete (gemiddeld minstens een planeet vir elke ster, dus na skatting 100-400 miljard eksoplanete), plus nog talle vrybewegende enkelplanete wat nie om ’n ster wentel nie.

Die naaste bekende eksoplaneet is Alpha Centauri Bb. Byna al die planete wat tot dusver waargeneem is, lê in die Melkweg. Sterrekundiges aan die Harvard-Smithsonian-sentrum vir Astrofisika (CfA) het in Januarie 2013 aangedui dat daar "minstens 17 miljard" aardgrootte-eksoplanete in die Melkweg is.

Die meeste bekende eksoplanete is gasreuse soortgelyk aan Jupiter en Neptunus, maar dit is waarskynlik omdat hulle makliker is om op te spoor vanweë hul grootte. Daar is ook kleiner planete bekend wat net ’n paar keer so groot as die Aarde is (sulke planete staan deesdae bekend as superaardes). Volgens nuwe statistiese studies kom hulle meer algemeen voor as die gasreuse, terwyl verskeie planete kleiner as die Aarde onlangs ontdek is. Daar is ook planete om bruindwergsterre en ander hemelliggame wat "vry rondbeweeg" in die ruimte en nie om ’n ster wentel nie, maar hulle word nie altyd planete genoem nie.

Die ontdekking van eksoplanete, veral dié in die bewoonbare sone van sterre (waar moontlik vloeibare water op die oppervlak, en dus lewe, kan voorkom), het die belangstelling in die soeke na buiteaardse lewe verhoog. Die soeke na eksoplanete sluit dus ook die studie van planetêre bewoonbaarheid in.

Op 7 Januarie 2013 het sterrekundiges van die Keplersending die ontdekking van KOI-172.02 aangekondig – ’n planeet baie soos die Aarde wat binne die bewoonbare sone om ’n ster wentel wat met die Son ooreenstem. Dit is dus ’n "goeie kandidaat om buiteaardse lewe te huisves".

  1. . ESO Press Release (in Engels). vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op13 Januarie 2012.
  2. Schneider, J. . The Extrasolar Planets Encyclopedia. Besoek op1 Julie 2021.
  3. , 12 Des. 2012, Peter Tenenbaum, Jon M. Jenkins, Shawn Seader, Christopher J. Burke, Jessie L. Christiansen, Jason F. Rowe, Douglas A. Caldwell, Bruce D. Clarke, Jie Li, Elisa V. Quintana, Jeffrey C. Smith, Susan E. Thompson, Joseph D. Twicken, William J. Borucki, Natalie M. Batalha, Miles T. Cote, Michael R. Haas, Dwight T. Sanderfer, Forrest R. Girouard, Jennifer R. Hall, Khadeejah Ibrahim, Todd C. Klaus, Sean D. McCauliff, Christopher K. Middour, Anima Sabale, Akm Kamal Uddin, Bill Wohler, Thomas Barclay, Martin Still
  4. Planetary Habitability Laboratory, Universiteit van Puerto Rico by Arecibo (3 Januarie 2012). . Persberig. . Besoek op 4 Januarie 2013.
  5. (Paryse Sterrewag)
  6. Staff (7 Januarie 2013). (in Engels). Space.com. vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op8 Januarie 2013.AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  7. Claven, Whitney (3 Januarie 2013). (in Engels). NASA. vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op3 Januarie 2013.
  8. Staff (2 Januarie 2013). (in Engels). Space.com. vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op3 Januarie 2013.AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  9. Cassan, A; Kubas, D.; Beaulieu, J.-P.; Dominik, M.; Horne, K.; Greenhill, J.; Wambsganss, J.; Menzies, J.; Williams, A. (11 Januarie 2012). . Nature. 481 (7380): 167–169. arXiv:. Bibcode:. doi:. PMID . Besoek op2012-01-11.
  10. Wall, Mike (11 Januarie 2012). (in Engels). Space.com. vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op11 Januarie 2012.
  11. , Louis E. Strigari, Matteo Barnabe, Philip J. Marshall, Roger D. Blandford; skat dit op 700 voorwerpe groter as 10−6 sonmassas per hoofreeksster tussen 0,08 and 1 sonmassa, waarvan miljarde in die Melkweg is.
  12. Johnson, Michele (20 Desember 2011). (in Engels). Nasa. vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op20 Desember 2011.
  13. Hand, Eric (20 Desember 2011). "Kepler discovers first Earth-sized exoplanets". Nature. doi:.
  14. Overbye, Dennis (20 Desember 2011). . New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op21 Desember 2011.
  15. . Terrestrial Planet Finder. Jet Propulsion Laboratory/Nasa. Geargiveer vanaf op 2011-11-17. Besoek op2006-07-21.
  16. Moskowitz, Clara (9 Januarie 2013). (in Engels). Space.com. vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op9 Januarie 2013.

Eksoplaneet
eksoplaneet, taal, wysig, ekstrasolêre, planeet, planeet, buite, sonnestelsel, maart, 2013, altesaam, sulke, planete, geïdentifiseer, planete, planetêre, stelsels, insluitende, stelsels, meer, planeet, teen, julie, 2021, daar, bevestigde, eksoplanete, planeets. Eksoplaneet Taal Hou dop Wysig n Eksoplaneet of ekstrasolere planeet is n planeet buite die Sonnestelsel Tot en met 1 Maart 2013 was altesaam 861 sulke planete geidentifiseer planete in 677 planetere stelsels insluitende 128 stelsels met meer as een planeet Teen 1 Julie 2021 was daar 4 777 bevestigde eksoplanete in 3 534 planeetstelsels met 785 stelsels wat meer as een planeet het 2 Daar is dus n voortdurende stroom nuwe ontdekkings n Kunstenaarsvoorstelling van hoe algemeen planete voorkom om sterre in die Melkweg 1 Wat meer se die Keplersending het reeds n paar duisend bykomende kandidate opgespoor insluitende n paar honderd wat lewe sou kon huisves 3 4 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Voorkoms 3 Buiteaardse lewe 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigBaie filosowe en wetenskaplikes het eeue lank aangeneem eksoplanete bestaan maar daar was geen manier om vas te stel hoe algemeen hulle voorkom of hoeveel hulle met die planete in ons Sonnestelsel ooreenstem nie Verskeie bewerings van waarnemings vanaf die 19de eeu is eindelik deur sterrekundiges verwerp Die eerste bevestigde waarneming was in 1992 met die ontdekking van verskeie aardgrootte planete om die pulsar PSR B1257 12 Die eerste ontdekking van n eksoplaneet om n hoofreeksster was in 1995 n reuseplaneet met n wentelperiode van vier dae om die nabygelee ster 51 Pegasi Danksy verbeterde opsporingstegnieke het die tempo van waarnemings sedertdien vinnig toegeneem 5 Sommige eksoplanete is deur teleskope afgeneem maar die oorgrote meerderheid is opgespoor met indirekte metodes soos die meet van radiale snelhede 5 Ook komete buite ons Sonnestelsel is al waargeneem en kan algemeen in die Melkweg voorkom 6 Voorkoms Wysig Die heel eerste foto van n eksoplaneet links onder wat in 2004 deur die Baie Groot Teleskoop geneem is Dit wentel om die bruindwerg 2M1207 en sy massa is vyf keer so groot soos Jupiter s n Daar is na verwagting in die Melkweg alleen miljarde planete gemiddeld minstens een planeet vir elke ster dus na skatting 100 400 miljard eksoplanete 7 8 9 10 plus nog talle vrybewegende enkelplanete wat nie om n ster wentel nie 11 Die naaste bekende eksoplaneet is Alpha Centauri Bb Byna al die planete wat tot dusver waargeneem is le in die Melkweg Sterrekundiges aan die Harvard Smithsonian sentrum vir Astrofisika CfA het in Januarie 2013 aangedui dat daar minstens 17 miljard aardgrootte eksoplanete in die Melkweg is 6 Die meeste bekende eksoplanete is gasreuse soortgelyk aan Jupiter en Neptunus maar dit is waarskynlik omdat hulle makliker is om op te spoor vanwee hul grootte 12 Daar is ook kleiner planete bekend wat net n paar keer so groot as die Aarde is sulke planete staan deesdae bekend as superaardes Volgens nuwe statistiese studies kom hulle meer algemeen voor as die gasreuse terwyl verskeie planete kleiner as die Aarde onlangs ontdek is 13 14 15 Daar is ook planete om bruindwergsterre en ander hemelliggame wat vry rondbeweeg in die ruimte en nie om n ster wentel nie maar hulle word nie altyd planete genoem nie Buiteaardse lewe WysigDie ontdekking van eksoplanete veral die in die bewoonbare sone van sterre waar moontlik vloeibare water op die oppervlak en dus lewe kan voorkom het die belangstelling in die soeke na buiteaardse lewe verhoog 16 Die soeke na eksoplanete sluit dus ook die studie van planetere bewoonbaarheid in Op 7 Januarie 2013 het sterrekundiges van die Keplersending die ontdekking van KOI 172 02 aangekondig n planeet baie soos die Aarde wat binne die bewoonbare sone om n ster wentel wat met die Son ooreenstem Dit is dus n goeie kandidaat om buiteaardse lewe te huisves 17 Verwysings Wysig Planet Population is Plentiful ESO Press Release in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 13 Januarie 2012 Schneider J Interactive Extra solar Planets Catalog The Extrasolar Planets Encyclopedia Besoek op 1 Julie 2021 Detection of Potential Transit Signals in the First Twelve Quarters of Kepler Mission Data 12 Des 2012 Peter Tenenbaum Jon M Jenkins Shawn Seader Christopher J Burke Jessie L Christiansen Jason F Rowe Douglas A Caldwell Bruce D Clarke Jie Li Elisa V Quintana Jeffrey C Smith Susan E Thompson Joseph D Twicken William J Borucki Natalie M Batalha Miles T Cote Michael R Haas Dwight T Sanderfer Forrest R Girouard Jennifer R Hall Khadeejah Ibrahim Todd C Klaus Sean D McCauliff Christopher K Middour Anima Sabale Akm Kamal Uddin Bill Wohler Thomas Barclay Martin Still Planetary Habitability Laboratory Universiteit van Puerto Rico by Arecibo 3 Januarie 2012 My God it s full of planets They should have sent a poet Persberig http phl upr edu press releases mygoditsfullofplanetstheyshouldhavesentapoet Besoek op 4 Januarie 2013 5 0 5 1 The Extrasolar Planets Encyclopaedia Paryse Sterrewag 6 0 6 1 Staff 7 Januarie 2013 Exocomets Common Across Milky Way Galaxy in Engels Space com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020 Besoek op 8 Januarie 2013 AS1 onderhoud gebruik authors parameter link Claven Whitney 3 Januarie 2013 Billions and Billions of Planets in Engels NASA Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 3 Januarie 2013 Staff 2 Januarie 2013 100 Billion Alien Planets Fill Our Milky Way Galaxy Study in Engels Space com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 3 Januarie 2013 AS1 onderhoud gebruik authors parameter link Cassan A Kubas D Beaulieu J P Dominik M Horne K Greenhill J Wambsganss J Menzies J Williams A 11 Januarie 2012 One or more bound planets per Milky Way star from microlensing observations Nature 481 7380 167 169 arXiv 1202 0903 Bibcode 2012Natur 481 167C doi 10 1038 nature10684 PMID 22237108 Besoek op 2012 01 11 Wall Mike 11 Januarie 2012 160 Billion Alien Planets May Exist in Our Milky WayGalaxy in Engels Space com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 11 Januarie 2012 Nomads of the Galaxy Louis E Strigari Matteo Barnabe Philip J Marshall Roger D Blandford skat dit op 700 voorwerpe groter as 10 6 sonmassas per hoofreeksster tussen 0 08 and 1 sonmassa waarvan miljarde in die Melkweg is http arxiv org ftp astro ph papers 0603 0603200 pdf Johnson Michele 20 Desember 2011 NASA Discovers First Earth size Planets Beyond Our Solar System in Engels Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 20 Desember 2011 Hand Eric 20 Desember 2011 Kepler discovers first Earth sized exoplanets Nature doi 10 1038 nature 2011 9688 Overbye Dennis 20 Desember 2011 Two Earth Size Planets Are Discovered New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 21 Desember 2011 Terrestrial Planet Finder science goals Detecting signs of life Terrestrial Planet Finder Jet Propulsion Laboratory Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011 11 17 Besoek op 2006 07 21 Moskowitz Clara 9 Januarie 2013 Most Earth Like Alien Planet Possibly Found in Engels Space com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020 Besoek op 9 Januarie 2013 Eksterne skakels WysigUniversity of California Planet Search Project The Geneva Extrasolar Planet Search Programmes The Extrasolar Planets Encyclopaedia Paryse Sterrewag NASA Exoplanet Archive The Visual Exoplanet Catalogue Nasa Geargiveer 25 Februarie 2011 op Wayback Machine Planetary Society Catalog of Exoplanets Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eksoplaneet Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Eksoplaneet amp oldid 2434423,