fbpx
Wikipedia

Duits

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Duitsers.

Duits (Deutsch [ˈdɔʏtʃ](hulp·inligting) of die deutsche Sprache) is deel van die Germaanse taalfamilie en, met meer as 100 miljoen sprekers, die elfde grootste taal wêreldwyd. Dit word onder andere gepraat in Duitsland, Oostenryk, Switserland, Luxemburg, Suid-Tirool (Italië), Eupen-Malmédy (België), Liechtenstein, Noord-Sleeswyk (Denemarke) en Namibië, en is nog steeds 'n belangrike vreemde taal in Oos-Europese lande.

Duits
Deutsch
Gepraat in: Duitsland
Oostenryk
Liechtenstein
Luxemburg
Switserland
Denemarke
Frankryk (Elsas, Moselle)
België
Nederland
Spanje
Pole
Italië (Suid-Tirool)
Roemenië (Transsilvanië)
Hongarye
Ysland
Rusland (Kaliningrad-oblast, Orenburg-oblast)
Kasakstan
Tsjeggië
Slowakye
Namibië
Suid-Afrika
Slowenië
Kroasië
Estland
Letland
Litaue
Argentinië
Brasilië
Kanada
Verenigde State
Gebied: Europa, Asië, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Suider-Afrika
Totale sprekers: 95 tot 118 miljoen (moedertaal)
80 miljoen (tweede taal)
Rang: 10
Taalfamilie: Indo-Europees
Germaans
Wes-Germaans
Hoog-Duits
Duits
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: Europese Unie
Duitsland
Oostenryk
Switserland
Liechtenstein
Luxemburg
België
Trentino-Suid-Tirool
Vatikaanstad deur die Switserse wagte, mede-amptelike taal van Namibië tot 1990.
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: de
ISO 639-2: deu
ISO 639-3:

Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Dit is ook die tweede belangrikste taal op die internet en derde grootste taal waarin boeke verskyn. Die feit dat Duitsland se moderne universiteite tot onlangs geen studiegelde gevra het nie, het die taal aantreklik gemaak vir die 258 513 (2007) buitelandse studente wat hul opleiding daar ontvang.

Duitssprekendes aan die Kaap die Goeie Hoop, wat Nederlands slegs as 'n aangeleerde taal gepraat het, het 'n groot invloed op die ontwikkeling van Afrikaans uitgeoefen, veral op die gebied van die grammatika. Die invloed op die Afrikaanse woordeskat het egter beperk gebly tot enkele woorde, soos "werskaf" (van Duits wirtschaften).

Inhoud

Die Latynse naam is lingua theodisca, terwyl die Oudhoogduitse en Middelhoogduitse terme respektiewelik diutisk en tiutsch is. Die woord Duits is afgelei van theoda, wat oorspronklik na die Germaanse taal van die volk verwys, in teenstelling met die Latynse kerktaal en walhisk, die tale van die Romaanse volke.

Eers vanaf die 9de eeu word na die mense, wat die Duitse taal praat, ook as theodisci verwys, terwyl vroeë bronne eerder na die verskillende stamme, soos byvoorbeeld die Franke, verwys. Vanaf die 10de eeu word met die term veral die stamme van die Oosfrankiese Ryk bedoel (Franke, Saksers, Beiers, Friese, Alemanne, Thuringers en ander).

Tot by die 19de eeu is die skryfwyse "teutsch" gebruik, 'n foutiewe afleiding van die Latynse teutonicus, wat deur die Romeinse skrywer Livius gebruik word.

Oudhoogduits

Die historiese Duitse taalgebied voor die Eerste Wêreldoorlog
Die historiese Duitse taalgebied in 1929
Die historiese Duitse taalgebied ná die Tweede Wêreldoorlog
Die Duitse taalgebied met dialekte

Oudhoogduits is die vroegste, Opper-Duitse vorm van die Duitse taal, wat tussen die 8ste en laat 11de eeu gepraat word. Die term verwys eerder na 'n aantal dialekte, wat deur die tweede (Oudhoogduitse) klankverskuiwing beïnvloed is, soos byvoorbeeld Alemannies, Beiers, Middelfrankies, Oosfrankies en Rynfrankies. Weens die gebrek aan 'n standaardtaal word hierdie dialekte naas mekaar gepraat en geskryf. Die skryf- en kopieerwerk bly 'n domein van die kerk, en tot by die 8ste eeu is dokumente byna uitsluitend in Latyn geskryf.

Karel die Grote bevorder omtrent 800 die onderwys en wetenskappe; belangrike godsdienstige tekste word dikwels in die volkstaal vertaal. Slegs 'n relatief klein aantal tekste uit die Oudhoogduitse tydperk is bewaar, en dit is veral dokumente wat in belangrike kloosters gekopieer is. Dikwels word tekste vanuit een dialek na 'n ander vertaal, wat in die praktyk 'n vermenging van dialekkenmerke beteken. Die monnike, wat in 'n bepaalde dialekgebied skryf, is dikwels die plaaslike dialek nie magtig nie, en hulle kopieerwerk bevat hiperkorrekte vorme. Ook die gebruik van die Latynse alfabet skep 'n probleem; weens die fonetiese verskille tussen die klassieke Romeinse taal en die Oudhoogduitse dialekte is die ortografiese weergawe van klanke in die meeste gevalle twyfelagtig.

Middelhoogduits

Die tydperk van die Middelhoogduitse taal begin omtrent 1100 in die tyd van die kruistogte en eindig met die reformasie omtrent 1500. Dit is 'n aantal dialekte, wat uit die Oudhoogduits ontwikkel, ofskoon daar nog nie sprake van 'n algemene standaardtaal kan wees nie. Net soos in die Oudhoogduitse periode bestaan 'n aantal skryfdialekte naas mekaar. Die skrywers van die tyd probeer egter die opvallendste dialekkenmerke vermy, veral in die liriek.

Vanaf die 12de eeu word die Middelfrankiese literêre taal die oorheersende dialek, terwyl in die 13de eeu die taal van die hoofse digters as belangrikste norm erken word. Praag en die Oosmiddelduitse gebiede skep in die 14de eeu die sogenaamde stadhuistaal, wat deur Martin Luther as die grondslag van sy Duitse Bybelvertaling gebruik word.

Nieuhoogduits

Die moderne Nieuhoogduitse periode begin met die Bybelvertaling van Luther in 1525. Volgens die hoofsaaklike kenmerke word die periode onderverdeel in die tyd van die volkstaalinvloed (1500–1648); die tyd van die Franse invloed (1648–1748); die tyd van die klaarheid (onder meer deur die skrywer Gotthold Ephraim Lessing (1729–1789) oorheers), die tyd van die gevoelens in die letterkunde (Sturm und Drang), die tyd van die verdieping (Friedrich Gottlieb Klopstock, 1724–1803), die tyd van die rede (Johann Gottfried Herder, 1744–1803) en voltooiing tydens die klassieke en romantieke periode (Johann Wolfgang von Goethe).

Die Nieuhoogduitse spelling is tydens die 19de eeu, veral met die publikasie van Konrad Duden se Orthographisches Wörterbuch der deutschen Sprache (1880) gestandaardiseer. Hierdie woordeboek vorm sedert die spellinghervorming van die jaar 1901 die grondslag van die amptelike spelling. Die laaste spellinghervorming is in 1996 deurgevoer.

Die ingrypendste veranderings tydens die 20ste eeu is die ondergang van die Duitse taalgebiede en dialekte in Oos-Europa en die toenemende invloed van die media en die Engelse taal op die taalgebruik. Die taal van die media- en reklamebedryf skep selfs nuwe woorde (neologismes) uit oorspronklik Engelse woordelemente soos handy (selfoon) en dressman ('n manlike fotomodel), wat in Engels nie gebruiklik is nie.

  1. 2006 ondersoek
  2. (in Engels). Ethnologue. vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op14 Februarie 2016.
  3. SIL Ethnologue (2006). 95 miljoen Standaard-Duits sprekers; 114 miljoen insluitend Middel- en Hoë-Duits dialekte; 118 miljoen insluitende Nedersaksies en Jiddisj.
  4. . Geargiveer vanaf op 10 April 2011. Besoek op6 April 2011.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Duits.
Sien Duits in Wiktionary, die vrye woordeboek.
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Duits
  • (en) Learn German online
  • 21 Oktober 2016 op Wayback Machine Deutsch oder Welsch
  • German Visual Thesaurus

Duits
duits, taal, lees, ander, taal, wysig, hierdie, artikel, handel, taal, etniese, groep, sien, deutsch, ˈdɔʏtʃ, luister, hulp, inligting, deutsche, sprache, deel, germaanse, taalfamilie, meer, miljoen, sprekers, elfde, grootste, taal, wêreldwyd, word, onder, and. Duits taal Lees in 039 n ander taal Hou dop Wysig Hierdie artikel handel oor die taal Vir die etniese groep sien Duitsers Duits Deutsch ˈdɔʏtʃ luister hulp inligting of die deutsche Sprache is deel van die Germaanse taalfamilie en met meer as 100 miljoen sprekers die elfde grootste taal wereldwyd Dit word onder andere gepraat in Duitsland Oostenryk Switserland Luxemburg Suid Tirool Italie Eupen Malmedy Belgie Liechtenstein Noord Sleeswyk Denemarke en Namibie en is nog steeds n belangrike vreemde taal in Oos Europese lande Duits DeutschGepraat in Duitsland Oostenryk Liechtenstein Luxemburg Switserland Denemarke Frankryk Elsas Moselle Belgie Nederland Spanje Pole Italie Suid Tirool Roemenie Transsilvanie Hongarye Ysland 1 Rusland Kaliningrad oblast Orenburg oblast Kasakstan 1 Tsjeggie Slowakye 1 Namibie Suid Afrika Slowenie 1 Kroasie 1 Estland Letland Litaue Argentinie 1 Brasilie 1 Kanada Verenigde State Gebied Europa Asie Noord Amerika Suid Amerika Suider AfrikaTotale sprekers 95 tot 118 miljoen moedertaal 1 2 3 80 miljoen tweede taal 1 Rang 10Taalfamilie Indo Europees Germaans Wes Germaans Hoog Duits Duits Skrifstelsel Latynse alfabet Amptelike statusAmptelike taal in Europese Unie Duitsland Oostenryk Switserland Liechtenstein Luxemburg Belgie Trentino Suid Tirool Vatikaanstad deur die Switserse wagte mede amptelike taal van Namibie tot 1990 Gereguleer deur geenTaalkodesISO 639 1 deISO 639 2 deuISO 639 3 deu Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Dit is ook die tweede belangrikste taal op die internet en derde grootste taal waarin boeke verskyn Die feit dat Duitsland se moderne universiteite tot onlangs geen studiegelde gevra het nie het die taal aantreklik gemaak vir die 258 513 2007 buitelandse studente wat hul opleiding daar ontvang 4 Duitssprekendes aan die Kaap die Goeie Hoop wat Nederlands slegs as n aangeleerde taal gepraat het het n groot invloed op die ontwikkeling van Afrikaans uitgeoefen veral op die gebied van die grammatika Die invloed op die Afrikaanse woordeskat het egter beperk gebly tot enkele woorde soos werskaf van Duits wirtschaften Inhoud 1 Etimologie 2 Taalgeskiedenis 2 1 Oudhoogduits 2 2 Middelhoogduits 2 3 Nieuhoogduits 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie Latynse naam is lingua theodisca terwyl die Oudhoogduitse en Middelhoogduitse terme respektiewelik diutisk en tiutsch is Die woord Duits is afgelei van theoda wat oorspronklik na die Germaanse taal van die volk verwys in teenstelling met die Latynse kerktaal en walhisk die tale van die Romaanse volke Eers vanaf die 9de eeu word na die mense wat die Duitse taal praat ook as theodisci verwys terwyl vroee bronne eerder na die verskillende stamme soos byvoorbeeld die Franke verwys Vanaf die 10de eeu word met die term veral die stamme van die Oosfrankiese Ryk bedoel Franke Saksers Beiers Friese Alemanne Thuringers en ander Tot by die 19de eeu is die skryfwyse teutsch gebruik n foutiewe afleiding van die Latynse teutonicus wat deur die Romeinse skrywer Livius gebruik word Taalgeskiedenis WysigOudhoogduits Wysig Die historiese Duitse taalgebied voor die Eerste Wereldoorlog Die historiese Duitse taalgebied in 1929 Die historiese Duitse taalgebied na die Tweede Wereldoorlog Die Duitse taalgebied met dialekte Oudhoogduits is die vroegste Opper Duitse vorm van die Duitse taal wat tussen die 8ste en laat 11de eeu gepraat word Die term verwys eerder na n aantal dialekte wat deur die tweede Oudhoogduitse klankverskuiwing beinvloed is soos byvoorbeeld Alemannies Beiers Middelfrankies Oosfrankies en Rynfrankies Weens die gebrek aan n standaardtaal word hierdie dialekte naas mekaar gepraat en geskryf Die skryf en kopieerwerk bly n domein van die kerk en tot by die 8ste eeu is dokumente byna uitsluitend in Latyn geskryf Karel die Grote bevorder omtrent 800 die onderwys en wetenskappe belangrike godsdienstige tekste word dikwels in die volkstaal vertaal Slegs n relatief klein aantal tekste uit die Oudhoogduitse tydperk is bewaar en dit is veral dokumente wat in belangrike kloosters gekopieer is Dikwels word tekste vanuit een dialek na n ander vertaal wat in die praktyk n vermenging van dialekkenmerke beteken Die monnike wat in n bepaalde dialekgebied skryf is dikwels die plaaslike dialek nie magtig nie en hulle kopieerwerk bevat hiperkorrekte vorme Ook die gebruik van die Latynse alfabet skep n probleem weens die fonetiese verskille tussen die klassieke Romeinse taal en die Oudhoogduitse dialekte is die ortografiese weergawe van klanke in die meeste gevalle twyfelagtig Middelhoogduits Wysig Die tydperk van die Middelhoogduitse taal begin omtrent 1100 in die tyd van die kruistogte en eindig met die reformasie omtrent 1500 Dit is n aantal dialekte wat uit die Oudhoogduits ontwikkel ofskoon daar nog nie sprake van n algemene standaardtaal kan wees nie Net soos in die Oudhoogduitse periode bestaan n aantal skryfdialekte naas mekaar Die skrywers van die tyd probeer egter die opvallendste dialekkenmerke vermy veral in die liriek Vanaf die 12de eeu word die Middelfrankiese literere taal die oorheersende dialek terwyl in die 13de eeu die taal van die hoofse digters as belangrikste norm erken word Praag en die Oosmiddelduitse gebiede skep in die 14de eeu die sogenaamde stadhuistaal wat deur Martin Luther as die grondslag van sy Duitse Bybelvertaling gebruik word Nieuhoogduits Wysig Die moderne Nieuhoogduitse periode begin met die Bybelvertaling van Luther in 1525 Volgens die hoofsaaklike kenmerke word die periode onderverdeel in die tyd van die volkstaalinvloed 1500 1648 die tyd van die Franse invloed 1648 1748 die tyd van die klaarheid onder meer deur die skrywer Gotthold Ephraim Lessing 1729 1789 oorheers die tyd van die gevoelens in die letterkunde Sturm und Drang die tyd van die verdieping Friedrich Gottlieb Klopstock 1724 1803 die tyd van die rede Johann Gottfried Herder 1744 1803 en voltooiing tydens die klassieke en romantieke periode Johann Wolfgang von Goethe Die Nieuhoogduitse spelling is tydens die 19de eeu veral met die publikasie van Konrad Duden se Orthographisches Worterbuch der deutschen Sprache 1880 gestandaardiseer Hierdie woordeboek vorm sedert die spellinghervorming van die jaar 1901 die grondslag van die amptelike spelling Die laaste spellinghervorming is in 1996 deurgevoer Die ingrypendste veranderings tydens die 20ste eeu is die ondergang van die Duitse taalgebiede en dialekte in Oos Europa en die toenemende invloed van die media en die Engelse taal op die taalgebruik Die taal van die media en reklamebedryf skep selfs nuwe woorde neologismes uit oorspronklik Engelse woordelemente soos handy selfoon en dressman n manlike fotomodel wat in Engels nie gebruiklik is nie Sien ook WysigDuits as vreemde taal Lys van gedrukte Afrikaans vreemdtalige woordeboeke Valse vriendeVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 1 6 1 7 1 8 National Geographic 2006 ondersoek Ethnologue Languages of the World Seventeenth edition German in Engels Ethnologue Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020 Besoek op 14 Februarie 2016 SIL Ethnologue 2006 95 miljoen Standaard Duits sprekers 114 miljoen insluitend Middel en Hoe Duits dialekte 118 miljoen insluitende Nedersaksies en Jiddisj Deutscher Akademischer Austauschdienst DAAD Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2011 Besoek op 6 April 2011 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Duits Sien Duits in Wiktionary die vrye woordeboek Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Duits Woordeboek Duits Afrikaans Duits en German 101 Learn German online Deutschtum net Geargiveer 21 Oktober 2016 op Wayback Machine Deutsch oder Welsch German Thesaurus German Visual ThesaurusIndo Europese tale Kentum tale Germaanse taleNoord Germaanse tale Deens Faroees Noors Bokmal Nynorsk Sweeds YslandsWes Germaanse tale Afrikaans Duits Engels Fries Noord Fries Oos Fries Saterfries Wes Fries Jiddisj Limburgs Luxemburgs Nederduits Nederlands Oos Vlaams Wes Vlaams Nedersaksies Wes Veluws SkotsOos Germaanse tale Boergondies Goties Vandaals Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Duits amp oldid 2434247,