fbpx
Wikipedia

Donker materie

Donker materie is in astrofisika en kosmologie ’n hipotetiese soort materie om ’n groot deel van die algehele massa van die heelal te verklaar. Dit kan nie met teleskope waargeneem word nie; net soos donker energie is donker materie 'n knoeifaktor. Sommiges spekuleer dat dit nie waargeneem kan word nie omdat dit nie betekenisvolle hoeveelhede lig of ander elektromagnetiese straling uitstraal nie. Die bestaan van donker materie word eerder afgelei van die swaartekraginvloed daarvan op sigbare materie, straling en die enorme grootte van die heelal. Donker materie beslaan na raming 84% van die totale materie in die heelal.

Sterk gravitasielense soos waargeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop in die sterrestelselswerm Abell 1689 dui op die teenwoordigheid van donker materie. (Vergroot die foto om die lensboë te sien.)

Donker materie het onder astrofisici se aandag gekom vanweë die teenstrydighede tussen die massa van groot astronomiese voorwerpe wat van hul swaartekraginvloed afgelei is, en die massa wat volgens hul "helder materie" bereken is, soos sterre, gas en stof. Jan Oort het in 1932 vir die eerste keer aangeneem donker materie verklaar die wentelsnelhede van sterre in die Melkweg, en Fritz Zwicky in 1933 dat dit "vermiste massa" verklaar in die wentelsnelhede van sterrestelsels in swerms.

Daarna het ander waarnemings ook gedui op die bestaan van donker materie in die heelal, onder meer die rotasiespoed van sterrestelsels, gravitasielense wanneer die lig van voorwerpe op die agtergrond deur sterrestelselswerms op die voorgrond gebuig word, en die temperatuurverspreiding van warm gas in sterrestelsels en swerms. Kosmoloë stem saam dat donker materie hoofsaaklik saamgestel is uit ’n nuwe, tot nog toe ongeïdentifiseerde soort subatomiese deeltjie, die graviton. Die soeke na hierdie deeltjie is vandag ’n belangrike aspek in deeltjiefisika.

Hoewel die bestaan van donker materie algemeen aanvaar word deur die hoofstroom-wetenskapgemeenskap, is verskeie ander teorieë al voorgestel om die afwykings te verduidelik wat donker materie sou veroorsaak.

  1. Trimble, V. (1987). "Existence and nature of dark matter in the universe". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 25: 425–472. Bibcode:. doi:.
  2. Hinshaw, G. F. (29 Januarie 2010). . Universe 101 (in Engels). Nasa/Goddard Space Flight Center. vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op17 Maart 2010.
  3. Copi, C. J.; Schramm, D. N.; Turner, M. S. (1995). "Big-Bang Nucleosynthesis and the Baryon Density of the Universe". Science. 267 (5195): 192–199. arXiv:. Bibcode:. doi:. PMID .
  4. Bergstrom, L. (2000). "Non-baryonic dark matter: Observational evidence and detection methods". Reports on Progress in Physics. 63 (5): 793–841. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  5. Bertone, G.; Hooper, D.; Silk, J. (2005). "Particle dark matter: Evidence, candidates and constraints". Physics Reports. 405 (5–6): 279–390. arXiv:. Bibcode:. doi:.

Donker materie
donker, materie, taal, wysig, astrofisika, kosmologie, hipotetiese, soort, materie, groot, deel, algehele, massa, heelal, verklaar, teleskope, waargeneem, word, soos, donker, energie, donker, materie, knoeifaktor, sommiges, spekuleer, waargeneem, word, omdat, . Donker materie Taal Hou dop Wysig Donker materie is in astrofisika en kosmologie n hipotetiese soort materie om n groot deel van die algehele massa van die heelal te verklaar Dit kan nie met teleskope waargeneem word nie net soos donker energie is donker materie n knoeifaktor Sommiges spekuleer dat dit nie waargeneem kan word nie omdat dit nie betekenisvolle hoeveelhede lig of ander elektromagnetiese straling uitstraal nie 1 Die bestaan van donker materie word eerder afgelei van die swaartekraginvloed daarvan op sigbare materie straling en die enorme grootte van die heelal Donker materie beslaan na raming 84 van die totale materie in die heelal 2 Sterk gravitasielense soos waargeneem deur die Hubble ruimteteleskoop in die sterrestelselswerm Abell 1689 dui op die teenwoordigheid van donker materie Vergroot die foto om die lensboe te sien Donker materie het onder astrofisici se aandag gekom vanwee die teenstrydighede tussen die massa van groot astronomiese voorwerpe wat van hul swaartekraginvloed afgelei is en die massa wat volgens hul helder materie bereken is soos sterre gas en stof Jan Oort het in 1932 vir die eerste keer aangeneem donker materie verklaar die wentelsnelhede van sterre in die Melkweg en Fritz Zwicky in 1933 dat dit vermiste massa verklaar in die wentelsnelhede van sterrestelsels in swerms Daarna het ander waarnemings ook gedui op die bestaan van donker materie in die heelal onder meer die rotasiespoed van sterrestelsels gravitasielense wanneer die lig van voorwerpe op die agtergrond deur sterrestelselswerms op die voorgrond gebuig word en die temperatuurverspreiding van warm gas in sterrestelsels en swerms Kosmoloe stem saam dat donker materie hoofsaaklik saamgestel is uit n nuwe tot nog toe ongeidentifiseerde soort subatomiese deeltjie die graviton 3 4 Die soeke na hierdie deeltjie is vandag n belangrike aspek in deeltjiefisika 5 Hoewel die bestaan van donker materie algemeen aanvaar word deur die hoofstroom wetenskapgemeenskap is verskeie ander teoriee al voorgestel om die afwykings te verduidelik wat donker materie sou veroorsaak Verwysings Wysig Trimble V 1987 Existence and nature of dark matter in the universe Annual Review of Astronomy and Astrophysics 25 425 472 Bibcode 1987ARA amp A 25 425T doi 10 1146 annurev aa 25 090187 002233 Hinshaw G F 29 Januarie 2010 What is the universe made of Universe 101 in Engels Nasa Goddard Space Flight Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020 Besoek op 17 Maart 2010 Copi C J Schramm D N Turner M S 1995 Big Bang Nucleosynthesis and the Baryon Density of the Universe Science 267 5195 192 199 arXiv astro ph 9407006 Bibcode 1995Sci 267 192C doi 10 1126 science 7809624 PMID 7809624 Bergstrom L 2000 Non baryonic dark matter Observational evidence and detection methods Reports on Progress in Physics 63 5 793 841 arXiv hep ph 0002126 Bibcode 2000RPPh 63 793B doi 10 1088 0034 4885 63 5 2r3 Bertone G Hooper D Silk J 2005 Particle dark matter Evidence candidates and constraints Physics Reports 405 5 6 279 390 arXiv hep ph 0404175 Bibcode 2005PhR 405 279B doi 10 1016 j physrep 2004 08 031 Sien ook WysigMassa lig verhouding Donker energie Donker vloeistofEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir donker materie Donkermaterie n knoeifaktor Geargiveer 8 Februarie 2014 op Wayback Machine What is dark matter Geargiveer 4 Januarie 2013 op Wayback Machine by cosmosmagazine com The Dark Matter Crisis Geargiveer 20 Julie 2011 op Wayback Machine The European astroparticle physics network Helmholtz Alliance for Astroparticle Physics NASA 2006 08 21 NASA Finds Direct Proof of Dark Matter Persberig http www nasa gov home hqnews 2006 aug HQ 06297 CHANDRA Dark Matter html Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Donker materie amp oldid 2437781,