fbpx
Wikipedia

Demi Lee Moore

Demi Lee Moore, soms ook gespel Demi-Lee Moore, van Durbanville is ’n Suid-Afrikaanse sangeres en die wenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak op die TV-kanaal VIA. Sy het ’n platekontrak by Coleske Artists losgeslaan en op 2018 se Afrikaans Is Groot-konserte opgetree as deel van haar prys.

Demi Lee Moore
GeboreWorcester, Suid-Afrika
OorsprongDurbanville
Beroep(e)Sangeres
Liedjieskrywer
InstrumenteStem
Jare aktief2009 – tans
EtiketteColeske Artists

Demi Lee se eerste liedjie by Coleske Artists, "Mis Eet Slaap Herhaal", is net voor die konsert uitgereik en was gou no. 1 op die Afrikaanse iTunes.

Inhoud

Demi Lee is op Worcester gebore, maar die gesin het later na Durbanville getrek. Sy het op negejarige ouderdom begin sing en op 19 besluit om voltyds te sing. Sy het onder meer vir ’n paar maande by The Barnyard Theatre aangesluit en is in 2013 benoem vir ’n Ghoema vir beste popalbum vir Net ’n Mens. Sy het in 2014 aan Idols X deelgeneem, waar sy die sewende plek behaal het. Haar enkelsnit "Liefdes Wen Resep" is in 2015 uitgereik en het binne die eerste dag die no. 1-plek op die Afrikaanse iTunes behaal.

In 2018 het Demi Lee aan Die Kontrak deelgeneem. Dit was ’n realiteitsangkompetisie waarop agt aspirantmusieksterre ná ’n landwye aanlynveldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is. Hulle is deur mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf. Demi Lee en Ivan Roux was die laaste twee deelnemers wat oorgebly het en een van hulle moes as die wenner gekies word. Demi Lee het eindelik gewen. Haar mentor was Monique Steyn.

Demi Lee se album Mis Eet Slaap Herhaal is op 30 November 2018 uitgereik. Dit bevat die volgende snitte:

  • "Mis Eet Slaap Herhaal"
  • "Vulkaan"
  • "Lelie"
  • "Spore"
  • "Lei My na die Water"
  • "Sproetjies"
  • "Ek Is Hier"
  • "Diane" (saam met Monique Steyn)
  • "My Alles"
  • "Gooi Jou Arms om My"
  • "Somebody to Love "

Albums

  • Net ’n Mens (2014)
  • Mis Eet Slaap Herhaal (2018)
  • Country (2019)

Liedjies

  • Liefdes Wen Resep (2015)
  • Jy Maak My Beter (2016)
  • Amanda (2018, saam met Steve Hofmeyr)
  • There was Jesus (2020, saam met Riaan Benadé)
  1. Jakaranda FM, 23 November 2018. Besoek op 10 Julie 2019.
  2. “ Afrikaanse Musieknuus, 23 November 2018. Besoek op 25 November 2018.
  3. Nico Strydom. 24 November 2018. Maroela Media. Besoek op 25 November 2018
  4. Besoek op 25 November 2018
  5. 4 Maart 2013, Sarie. Besoek op 25 November 2018
  6. Besoek op 25 November 2018
  7. Die Boer. [dooie skakel] 4 Augustus 2015, zajazz. Besoek op 25 November 2018
  8. Afrikaanse Musieknuus, 26 September 2018. Besoek op 6 November 2018.

Demi Lee Moore
demi, moore, suid, afrikaanse, sangeres, taal, wysig, soms, gespel, demi, moore, durbanville, suid, afrikaanse, sangeres, wenner, musiekwerklikheidsreeks, kontrak, kanaal, platekontrak, coleske, artists, losgeslaan, 2018, afrikaans, groot, konserte, opgetree, . Demi Lee Moore Suid Afrikaanse sangeres Taal Hou dop Wysig Demi Lee Moore soms ook gespel Demi Lee Moore van Durbanville is n Suid Afrikaanse sangeres en die wenner van die TV musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak op die TV kanaal VIA Sy het n platekontrak by Coleske Artists losgeslaan en op 2018 se Afrikaans Is Groot konserte opgetree as deel van haar prys 2 Demi Lee MooreGeboreWorcester Suid AfrikaOorsprongDurbanville 1 Beroep e Sangeres LiedjieskrywerInstrumenteStemJare aktief2009 tansEtiketteColeske Artists Demi Lee se eerste liedjie by Coleske Artists Mis Eet Slaap Herhaal is net voor die konsert uitgereik en was gou no 1 op die Afrikaanse iTunes 3 Inhoud 1 Lewe 2 Diskografie 2 1 Albums 2 2 Liedjies 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsLewe WysigDemi Lee is op Worcester gebore maar die gesin het later na Durbanville getrek Sy het op negejarige ouderdom begin sing en op 19 besluit om voltyds te sing 4 Sy het onder meer vir n paar maande by The Barnyard Theatre aangesluit en is in 2013 benoem vir n Ghoema vir beste popalbum vir Net n Mens 5 Sy het in 2014 aan Idols X deelgeneem waar sy die sewende plek behaal het 6 Haar enkelsnit Liefdes Wen Resep is in 2015 uitgereik en het binne die eerste dag die no 1 plek op die Afrikaanse iTunes behaal 7 In 2018 het Demi Lee aan Die Kontrak deelgeneem Dit was n realiteitsangkompetisie waarop agt aspirantmusieksterre na n landwye aanlynveldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is Hulle is deur mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf Demi Lee en Ivan Roux was die laaste twee deelnemers wat oorgebly het en een van hulle moes as die wenner gekies word Demi Lee het eindelik gewen Haar mentor was Monique Steyn 8 Demi Lee se album Mis Eet Slaap Herhaal is op 30 November 2018 uitgereik Dit bevat die volgende snitte Mis Eet Slaap Herhaal Vulkaan Lelie Spore Lei My na die Water Sproetjies Ek Is Hier Diane saam met Monique Steyn My Alles Gooi Jou Arms om My Somebody to Love Diskografie WysigAlbums Wysig Net n Mens 2014 Mis Eet Slaap Herhaal 2018 Country 2019 Liedjies Wysig Liefdes Wen Resep 2015 Jy Maak My Beter 2016 Amanda 2018 saam met Steve Hofmeyr There was Jesus 2020 saam met Riaan Benade Verwysings Wysig Demi Lee Moore wins Die Kontrak Jakaranda FM 23 November 2018 Besoek op 10 Julie 2019 Die Kontrak En die wenner is Afrikaanse Musieknuus 23 November 2018 Besoek op 25 November 2018 Nico Strydom Demi Lee Al my drome is besig om waar te word 24 November 2018 Maroela Media Besoek op 25 November 2018 Demi Lee Moore op Facebook About Besoek op 25 November 2018 Ghoema 2013 Benoemings bekend 4 Maart 2013 Sarie Besoek op 25 November 2018 SA Management Demi Lee Moore Besoek op 25 November 2018 Die Boer Demi Lee Moore Jy maak my beter dooie skakel 4 Augustus 2015 zajazz Besoek op 25 November 2018 Die Kontrak Hier is die top 8 deelnemers Afrikaanse Musieknuus 26 September 2018 Besoek op 6 November 2018 Eksterne skakels WysigDemi Lee Moore op FacebookOntsluit van https af wikipedia org w index php title Demi Lee Moore amp oldid 2433900,