fbpx
Wikipedia

Concorde

Concorde
Tipe Passasiersvliegtuig
Bemanning 3 tegniese en 6 kommersiële vlieëniers
Eerste vlug 2 Maart 1969
Vervaardigers Aérospatiale
British Aircraft Corporation
Afmetings
Lengte 62 m
Vlerkspan 26 m
Hoogte 11,40 m
Vlerkoppervlak 328 m²
Massa en kapasiteit
Leë gewig 92 080 kg
Maksimale opstyggewig 185 070 kg
Passasiers 100 passasiers
Bagasies 4 347 kg maksimum
Kragbron
Enjins 4 Rolls-Royce/Snecma Olympus 593-enjins
Werkverrigting 4 X 17 260 Kgp of 69 040 Kgp totaal
Snelheid
Kruissnelheid Mach 2,04 (2 519,4 km/h)
Maksimale snelheid Mach 2,23 (omtrent 2 754 km/h) rekord opgestel op 26 Maart 1974
Afstand 6 300 km
Vlieghoogte 20 000 m
Snelheid tydens opstyging 5 500 tot 6 500 m/min

Die Concorde was 'n lang, smal vliegtuig met ’n skerp gepunte neus wat teen meer as dubbel die snelheid van klank kon vlieg. Die supersoniese passasiersvliegtuig is gemeenskaplik deur die Franse en Britse lugvaartnywerhede vervaardig. Naas die Russiese Toepolef-144 was dit een van slegs twee supersoniese passasiersvliegtuie wat ooit vervaardig en in diens geneem is. Die vliegtuig, wat die tegniese naam Aérospatiale-BAC Concorde 101/102 gedra het, is volgens die ooreenkoms van 29 November 1962 tussen die Franse en Britse regerings oor 'n tydperk van 15 jaar ontwikkel en deur die Franse maatskappy Aérospatiale (tans EADS) en die Britse British Aircraft Corporation (tans BAE Systems) gebou.

'n Concorde tydens landing

Die besluit om 'n nuwe supersoniese vliegtuig te ontwikkel het op 'n kritieke tydstip vir die Britse lugvaartnywerheid gekom, nadat alle ontwikkelingsprogramme van militêre supersoniese vliegtuie gestaak is. Die Concorde-projek het 'n belangrike bydrae tot die behoud van supersoniese navorsing gelewer en was een van die voorlopers van Europa se Tornado-vegvliegtuig wat gebruik maak van Concorde se deltavlerkontwerp tydens supersoniese snelhede.

Die kruissnelheid van die Concorde was 2,04 Mach teen 'n vlieghoogte van tussen 15 650 en 18 000 meter. Dit het net soos die Franse Dassault Mirage 2000-vegvliegtuig oor deltavormige vlerke en nabrander-enjins beskik wat oorspronklik vir die Britse Avro Vulcan-bomwerper ontwikkel is. Die Concorde was ook die eerste passasiersvliegtuig voor die Airbus wat van elektroniese vliegtoerusting voorsien was.

Die eerste kommersiële dienste van British Airways en Air France op die Transatlantiese roete is op 21 Januarie 1976 ingestel. Hierdie gesogte vlugte was peperduur en het die vliegtyd vanaf Parys en Londen na New York met tussen drie en drie en 'n half uur verkort. Ná 'n noodlottige ramp naby die Paryse lughawe, waarin 113 mense gesterf het, is alle Concorde-vlugte op 31 Mei (Air France) en 24 Oktober 2003 (British Airways) gestaak. Die ramp, wat deur die bandbreuk van 'n Amerikaanse vliegtuig veroorsaak is, was die eerste in 27 jaar se diens. Die vliegtuie was egter oud en dit sou te duur wees om nuwes te bou.

Inhoud

Concorde 001, 2 Maart 1969

Tydens die ekonomiese bloeitydperk van die sestigerjare het 'n groot aantal lugdienste belang gestel in die Concorde, tot so 'n mate dat Frankryk en die Verenigde Koninkryk besluit het om die projek gemeenskaplik aan te pak. Belangrike internasionale lugdienste soos Pan American Airways, British Overseas Airways Corporation en Air France het ses vliegtuie elk bestel; ander dienste soos Panair do Brasil, Japan Airlines, Lufthansa, American Airlines, United Airlines, Air Canada, Braniff, Iran Air, Qantas, CAAC, Middle East Airlines en Trans World Airlines het by hulle aangesluit, en uiteindelik was daar meer as 100 vliegtuie op die bestelboek. Concorde-stralers is slegs in Toulouse (Frankryk) en Filton (Verenigde Koninkryk) gebou.

Op 2 Maart 1969 word die eerste toetsvlug van 29 minute oor die Franse stad Toulouse onderneem. In Oktober van dieselfde jaar het die eerste supersoniese vlug plaasgevind, en een jaar later is 'n snelheid van Mach 2 bereik. Alle toetse van die prototipe 001 was suksesvol, en die nuwe vliegtuig is op 4 September 1971 aan die publiek bekend gestel. 'n Tweede prototipe 002 is op 2 Junie 1972 in die Midde- en Verre Ooste getoets. Concorde se koue weektoetse het plaasgevind by Fairbanks, Alaska waar die vliegtuig oornag op -44°C gelaat is. Die warm en hoë toetse het in Januarie en Februarie 1973 by die Jan Smuts Lughawe (tans O.R. Tambo Internasionale Lughawe) plaasgevind waar die temperatuur 30°C behaal het en die lugdruk was tipies 850 mbar.

Die Concorde se romp

Die koste van navorsing en ontwikkeling, wat in die Verenigde Koninkryk in 1962 nog op 'n totaal van £150 miljoen beraam is, het gaandeweg handuitgeruk en in 1970 reeds £800 miljoen beloop. Dit het kort daarna die £1 miljard-kerf verbygesteek. So het die Arbeiderkabinet in 1964 oorweeg om die prestigeprojek te staak, maar weens die ooreenkomste wat met Frankryk gesluit is en die vrees dat 'n groot aantal Britse werkers sonder werk sou sit, is met die ontwikkeling van die projek, wat ten minste in 'n tegniese opsig suksesvol was, voortgegaan.

Die Verenigde State het hul eie supersoniese projek, wat in 1971 aangepak is, later gekanselleer. Twee modelle is oorspronklik beplan: Die Lockheed L-2000, wat baie ooreenkomste met die Concorde getoon het, maar ten gunste van die projek Boeing 2707 gestaak is. Die Boeingmodel was 'n hoogs gesofistikeerde ontwerp met 'n kapasiteit van driehonderd passasiers en sou 'n groter snelheid as die Concorde bereik het. Sy opvallendste kenmerk was die veranderlike geometrie van sy vlerke.

Die Amerikaanse regering het Frankryk en die Verenigde Koninkryk probeer oorreed om die Boeing-projek gemeenskaplik aan te pak en na besware van Amerikaanse burgers teen die Concorde se moontlike geraasbesoedeling verwys. Inderwaarheid was die Amerikaners gekant teen die idee van 'n Europese supersoniese vliegtuig en die mededinging van Europese vervaardigers op die internasionale mark, wat destyds nog deur Amerikaanse maatskappye oorheers is. Nogtans het die Amerikaners nie werklik oor 'n alternatief beskik nie.

Die Concorde se passasierskajuit
Die laaste vlug van 'n Concorde, G-BOAF van Londen-Heathrow na Bristol, op 26 November 2003

Met die veranderde ekonomiese situasie ná die oliekrisis van 1973 en as gevolg van 'n ongeluk met die Russiese supersoniese straler Toepolef TU-144 het baie lugdienste hulle supersoniese planne egter begin heroorweeg, en uiteindelik is alle bestellings weens die hoë bedryfskoste van supersoniese vlugte gekanselleer. Net Air France en British Airways was verplig om Concorde-vliegtuie in gebruik te neem.

Belangrike prestasies van Concorde:

2 Maart 1969 Die eerste toetsvlug van die prototipe 001 vind in Toulouse plaas
1 Oktober 1969 Mach 1 word vir die eerste keer oorskry
4 November 1970 Die Concorde bereik 'n snelheid van Mach 2 en vlieg 53 minute lank teen hierdie spoed
21 Januarie 1976 Die eerste twee kommersiële roetes word tegelykertyd deur twee Concordes bedien (*)

(*) ParysDakarRio de Janeiro en LondenBahrein

Teen die einde van die sewentigerjare het ook Singapore Airlines en Braniff International in samewerking met British Airways twee lugvaartroetes met Concorde-vliegtuie bedien. Die bou van die Concorde is egter in 1979 gestaak, nadat twee prototipes, twee toetsmodelle en sestien vliegtuie vir kommersiële gebruik vervaardig is.

Aanvanklik is ook roetes na Rio de Janeiro en Singapoer met Concorde-vliegtuie bedien, tog het die reikwydte van die supersoniese straler, van sowat 6 000 kilometer, te klein vir die meeste oorsese bestemmings gebly en tussenlandings noodsaaklik gemaak. In baie gevalle is ook geen landingsregte vir Concorde-vliegtuie verkry nie, aangesien die geraas van sy enjins met 119,5 dB dié van gewone stralers ver oorskry het. Naas geskeduleerde internasionale vlugte is nogtans 'n groot aantal huurvlugte na oorsese bestemmings aangebied. Op 28 Maart 1985 duur 'n huurvlug tussen Londen en Kaapstad slegs 8 uur 8 minute, terwyl die vliegtuig by Monrovia moet hervul.

By die Paryse ramp in 2000 het sowat 100 Duitse toeriste gesterf wat vir 'n vakansiehuurvlug vertrek het.

Concorde G-BOAF in stoor by Londen-Heathrow

Supersoniese vlugte met Concorde het beperk gebly tot die luuksemark van Transatlantiese roetes, en die verbindings tussen Parys en Londen en New York, wat uitsluitlik aangebied is, was tot by die ramp van die jaar 2000 selfs winsgewend.

Die Concorde-passasiersdiens is in Oktober 2004 gestaak. Diensvliegtuie is in museums regoor die wêreld opgeneem om hierdie merkwaardige vliegtuig te help bewaar.

Lys van bestemmings wat deur die Concorde bedien is

(AF) verwys na Air France-vlugte (soos in 1998)
Verenigde Koninkryk
Afrika
Amerika
Oseanië
Europa en Midde-Ooste
Asië
Lughawens waarna vlugte kon uitwyk
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (in Engels). www.concordesst.com. vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op10 Junie 2019.
  3. John Burke: An illustrated History of England. Nuwe uitgawe. Londen: Collins 1985, bl. 357
  4. (in Engels). AP News. 29 Maart 1985. vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020. Besoek op12 Mei 2020.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Concorde.

Concorde
concorde, taal, wysig, tipe, passasiersvliegtuigbemanning, tegniese, kommersiële, vlieënierseerste, vlug, maart, 1969vervaardigers, aérospatiale, british, aircraft, corporationafmetingslengte, mvlerkspan, mhoogte, mvlerkoppervlak, massa, kapasiteitleë, gewig, . Concorde Taal Hou dop Wysig ConcordeTipe PassasiersvliegtuigBemanning 3 tegniese en 6 kommersiele vlieeniersEerste vlug 2 Maart 1969Vervaardigers Aerospatiale British Aircraft CorporationAfmetingsLengte 62 mVlerkspan 26 mHoogte 11 40 mVlerkoppervlak 328 m Massa en kapasiteitLee gewig 92 080 kgMaksimale opstyggewig 185 070 kgPassasiers 100 passasiersBagasies 4 347 kg maksimumKragbronEnjins 4 Rolls Royce Snecma Olympus 593 enjinsWerkverrigting 4 X 17 260 Kgp of 69 040 Kgp totaalSnelheidKruissnelheid Mach 2 04 2 519 4 km h Maksimale snelheid Mach 2 23 omtrent 2 754 km h rekord opgestel op 26 Maart 1974Afstand 6 300 kmVlieghoogte 20 000 mSnelheid tydens opstyging 5 500 tot 6 500 m min Die Concorde was n lang smal vliegtuig met n skerp gepunte neus wat teen meer as dubbel die snelheid van klank kon vlieg Die supersoniese passasiersvliegtuig is gemeenskaplik deur die Franse en Britse lugvaartnywerhede vervaardig Naas die Russiese Toepolef 144 was dit een van slegs twee supersoniese passasiersvliegtuie wat ooit vervaardig en in diens geneem is Die vliegtuig wat die tegniese naam Aerospatiale BAC Concorde 101 102 gedra het is volgens die ooreenkoms van 29 November 1962 tussen die Franse en Britse regerings oor n tydperk van 15 jaar ontwikkel en deur die Franse maatskappy Aerospatiale tans EADS en die Britse British Aircraft Corporation tans BAE Systems gebou n Concorde tydens landing Die besluit om n nuwe supersoniese vliegtuig te ontwikkel het op n kritieke tydstip vir die Britse lugvaartnywerheid gekom nadat alle ontwikkelingsprogramme van militere supersoniese vliegtuie gestaak is Die Concorde projek het n belangrike bydrae tot die behoud van supersoniese navorsing gelewer en was een van die voorlopers van Europa se Tornado vegvliegtuig wat gebruik maak van Concorde se deltavlerkontwerp tydens supersoniese snelhede Die kruissnelheid van die Concorde was 2 04 Mach teen n vlieghoogte van tussen 15 650 en 18 000 meter Dit het net soos die Franse Dassault Mirage 2000 vegvliegtuig oor deltavormige vlerke en nabrander enjins beskik wat oorspronklik vir die Britse Avro Vulcan bomwerper ontwikkel is Die Concorde was ook die eerste passasiersvliegtuig voor die Airbus wat van elektroniese vliegtoerusting voorsien was Die eerste kommersiele dienste van British Airways en Air France op die Transatlantiese roete is op 21 Januarie 1976 ingestel Hierdie gesogte vlugte was peperduur en het die vliegtyd vanaf Parys en Londen na New York met tussen drie en drie en n half uur verkort Na n noodlottige ramp naby die Paryse lughawe waarin 113 mense gesterf het is alle Concorde vlugte op 31 Mei Air France en 24 Oktober 2003 British Airways gestaak Die ramp wat deur die bandbreuk van n Amerikaanse vliegtuig veroorsaak is was die eerste in 27 jaar se diens Die vliegtuie was egter oud en dit sou te duur wees om nuwes te bou 1 Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Lys van bestemmings wat deur die Concorde bedien is 2 Verwysings 3 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Concorde 001 2 Maart 1969 Tydens die ekonomiese bloeitydperk van die sestigerjare het n groot aantal lugdienste belang gestel in die Concorde tot so n mate dat Frankryk en die Verenigde Koninkryk besluit het om die projek gemeenskaplik aan te pak Belangrike internasionale lugdienste soos Pan American Airways British Overseas Airways Corporation en Air France het ses vliegtuie elk bestel ander dienste soos Panair do Brasil Japan Airlines Lufthansa American Airlines United Airlines Air Canada Braniff Iran Air Qantas CAAC Middle East Airlines en Trans World Airlines het by hulle aangesluit en uiteindelik was daar meer as 100 vliegtuie op die bestelboek Concorde stralers is slegs in Toulouse Frankryk en Filton Verenigde Koninkryk gebou Op 2 Maart 1969 word die eerste toetsvlug van 29 minute oor die Franse stad Toulouse onderneem In Oktober van dieselfde jaar het die eerste supersoniese vlug plaasgevind en een jaar later is n snelheid van Mach 2 bereik Alle toetse van die prototipe 001 was suksesvol en die nuwe vliegtuig is op 4 September 1971 aan die publiek bekend gestel n Tweede prototipe 002 is op 2 Junie 1972 in die Midde en Verre Ooste getoets Concorde se koue weektoetse het plaasgevind by Fairbanks Alaska waar die vliegtuig oornag op 44 C gelaat is Die warm en hoe toetse het in Januarie en Februarie 1973 by die Jan Smuts Lughawe tans O R Tambo Internasionale Lughawe plaasgevind waar die temperatuur 30 C behaal het en die lugdruk was tipies 850 mbar 2 Die Concorde se romp Die koste van navorsing en ontwikkeling wat in die Verenigde Koninkryk in 1962 nog op n totaal van 150 miljoen beraam is het gaandeweg handuitgeruk en in 1970 reeds 800 miljoen beloop Dit het kort daarna die 1 miljard kerf verbygesteek So het die Arbeiderkabinet in 1964 oorweeg om die prestigeprojek te staak maar weens die ooreenkomste wat met Frankryk gesluit is en die vrees dat n groot aantal Britse werkers sonder werk sou sit is met die ontwikkeling van die projek wat ten minste in n tegniese opsig suksesvol was voortgegaan 3 Die Verenigde State het hul eie supersoniese projek wat in 1971 aangepak is later gekanselleer Twee modelle is oorspronklik beplan Die Lockheed L 2000 wat baie ooreenkomste met die Concorde getoon het maar ten gunste van die projek Boeing 2707 gestaak is Die Boeingmodel was n hoogs gesofistikeerde ontwerp met n kapasiteit van driehonderd passasiers en sou n groter snelheid as die Concorde bereik het Sy opvallendste kenmerk was die veranderlike geometrie van sy vlerke Die Amerikaanse regering het Frankryk en die Verenigde Koninkryk probeer oorreed om die Boeing projek gemeenskaplik aan te pak en na besware van Amerikaanse burgers teen die Concorde se moontlike geraasbesoedeling verwys Inderwaarheid was die Amerikaners gekant teen die idee van n Europese supersoniese vliegtuig en die mededinging van Europese vervaardigers op die internasionale mark wat destyds nog deur Amerikaanse maatskappye oorheers is Nogtans het die Amerikaners nie werklik oor n alternatief beskik nie Die Concorde se passasierskajuit Die laaste vlug van n Concorde G BOAF van Londen Heathrow na Bristol op 26 November 2003 Met die veranderde ekonomiese situasie na die oliekrisis van 1973 en as gevolg van n ongeluk met die Russiese supersoniese straler Toepolef TU 144 het baie lugdienste hulle supersoniese planne egter begin heroorweeg en uiteindelik is alle bestellings weens die hoe bedryfskoste van supersoniese vlugte gekanselleer Net Air France en British Airways was verplig om Concorde vliegtuie in gebruik te neem Belangrike prestasies van Concorde 2 Maart 1969 Die eerste toetsvlug van die prototipe 001 vind in Toulouse plaas1 Oktober 1969 Mach 1 word vir die eerste keer oorskry4 November 1970 Die Concorde bereik n snelheid van Mach 2 en vlieg 53 minute lank teen hierdie spoed21 Januarie 1976 Die eerste twee kommersiele roetes word tegelykertyd deur twee Concordes bedien Parys Dakar Rio de Janeiro en Londen Bahrein Teen die einde van die sewentigerjare het ook Singapore Airlines en Braniff International in samewerking met British Airways twee lugvaartroetes met Concorde vliegtuie bedien Die bou van die Concorde is egter in 1979 gestaak nadat twee prototipes twee toetsmodelle en sestien vliegtuie vir kommersiele gebruik vervaardig is Aanvanklik is ook roetes na Rio de Janeiro en Singapoer met Concorde vliegtuie bedien tog het die reikwydte van die supersoniese straler van sowat 6 000 kilometer te klein vir die meeste oorsese bestemmings gebly en tussenlandings noodsaaklik gemaak In baie gevalle is ook geen landingsregte vir Concorde vliegtuie verkry nie aangesien die geraas van sy enjins met 119 5 dB die van gewone stralers ver oorskry het Naas geskeduleerde internasionale vlugte is nogtans n groot aantal huurvlugte na oorsese bestemmings aangebied Op 28 Maart 1985 duur n huurvlug tussen Londen en Kaapstad slegs 8 uur 8 minute terwyl die vliegtuig by Monrovia moet hervul 4 By die Paryse ramp in 2000 het sowat 100 Duitse toeriste gesterf wat vir n vakansiehuurvlug vertrek het Concorde G BOAF in stoor by Londen Heathrow Supersoniese vlugte met Concorde het beperk gebly tot die luuksemark van Transatlantiese roetes en die verbindings tussen Parys en Londen en New York wat uitsluitlik aangebied is was tot by die ramp van die jaar 2000 selfs winsgewend Die Concorde passasiersdiens is in Oktober 2004 gestaak Diensvliegtuie is in museums regoor die wereld opgeneem om hierdie merkwaardige vliegtuig te help bewaar Lys van bestemmings wat deur die Concorde bedien is Wysig AF verwys na Air France vlugte soos in 1998 Verenigde KoninkrykAberdeen Belfast Birmingham Boscombe Down Bournemouth Brize Norton Cardiff Coltishall Derby AF East Midlands Edinburg Exeter Fairford Farnborough Filton Finningley Gatwick Glasgow Hatfield Heathrow Humberside Kinloss Leeds Leuchars Liverpool Luton Macrihanish Manchester Manston Mildenhall Newcastle Prestwick St Mawgan Stansted Teeside YeoviltonAfrikaAbidjan Agadir AF Antananarivo AF Aswan Bamako AF Bujumbura AF Kairo Kaapstad Cartagena AF Casablanca Conakry AF Dakar Djerba AF Douala AF Djiboeti AF Harare Johannesburg Kigali AF Kinshasa AF Kilimanjaro Lagos AF Lome AF Libreville AF Lusaka AF Luxor Marrakesh Mauritius AF Moroni AF Mombasa Nairobi Ouagadougou AF Reunion AF Robertsville Monrovia Seychelle AF Tangier AF Tozeur AF Tunis AF Yamoussoukro AF AmerikaAbbotsford Acapulco Albany Andrews AFB AF Anchorage AF Antigua Aruba Asheville Atlanta Atlantic City Austin Baltimore Bangor Barbados Barreirinhas AF Battle Creek Bermuda Boston Brasilia AF Bogota AF Buenos Aires AF Buffalo Calgary Caracas Cayenne AF Charleston Chicago AF Cincinnati Cleveland Colorado Springs Columbus Dayton Denver Detroit Edmonton Fort de France AF Fort Lauderdale Fort Myers Goose Bay Grand Cayman Hampton AF Harrisburg Hartford Springfield Havana AF Honolulu Houston Ellington Houston Intnl Iguassu AF Indianapolis Jackson Jacksonville Kailua Kona Kansas City Kingston Las Vegas Lexington Lima Little Rock Llanbedr Lubbock Meksikostad Miami Midland Odessa Moncton AF Montego Bay Montevideo AF Montreal Nashville Nassau Newburg Stewart New Orleans Newport New York Oakland Oklahoma City Omaha Ontario Orlando Oshkosh Ottawa Papeete AF Philadelphia Phoenix Pittsburgh Pointe a Pitre AF Port au Prince AF Portland Port of Spain Providence Puerto Rico Quebecstad AF Raleigh Recife AF Regina AF Saint Martin AF OseanieAuckland Brisbane Christchurch Darwin AF Paaseiland AF Fiji Hao AF Jakarta AF Learmonth Mururoa AF Noumea AF Perth SydneyEuropa en Midde OosteArhus AF Alborg AF Aboe Dhabi AF Albacete AF Amman Amsterdam Ancona Ankara AF Aqaba Athene Badajoz AF Baikonoer AF Bahrein Barcelona Basel Bastia AF Beauvais AF Beiroet AF Bergen Berlyn Biarritz AF Billund Bologna Bordeaux Bratislava Brest AF Brussel Budapest Cambrai AF Charleroi AF Chateauroux Clermont Ferrand AF Dijon AF Dhahran Doebai AF Dublin Epinal AF Faro Frankfurt am Main AF Geneve Graz Grenada Grenoble AF Goteborg AF Hamburg AF Hannover Haifa AF Helsinki Ibiza AF Istanboel Ivalo AF Jeddah Kangerlussuaq Sondrestrom Keflavik Keulen Klagenfurt AF Kish AF Kopenhagen Kuweit Lajes AF Lanzarote AF Larnaca Las Palmas AF Leipzig Liege AF Lille AF Linz Lissabon Luxemburg Lyon AF Madrid Malaga Malta AF Marseille AF Metz AF Milaan Linate Milaan Malpensa Montpellier AF Moskou Mulhouse AF Munchen Munster Muscat AF Nantes AF Nice Novossibirsk AF Neurenberg AF Oporto Oslo Oostende AF Patina Parys Charles de Gaulle Parys Orly Parys Le Bourget Pescara Pisa Poitiers Praag Reims AF Riaad Rome Fiumicino Rovaniemi Sana a AF Santiago de Compostela AF Sint Petersburg Salzburg Sevilla Stavanger Stockholm Straatsburg Tarbes AF Tenerife Tel Aviv Toulouse Tours Turyn Turku AF Vasteras Valladolid AF Venesie Vichy AF Warskou WeneAsieBali Bangkok Bangui AF Beijing Calcutta Chiang Mai AF Colombo Dhaka AF Delhi Denpasar AF Djakarta Guam Hongkong Islamabad AF Kathmandu AF Kuala Lumpur Madras Moembaai Nagasaki AF Ōsaka Kansai AF Singapoer Tasjkent Teheran AF Tianjin AF Tokio AF Lughawens waarna vlugte kon uitwykAtlantic City Bangor Boston Cardiff Gander Gatwick Halifax Nova Scotia Lajes Montreal Newark Shannon Windsor LocksVerwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 Concorde History in Engels www concordesst com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 Besoek op 10 Junie 2019 John Burke An illustrated History of England Nuwe uitgawe Londen Collins 1985 bl 357 Concorde Sets London Cape Town Speed Record in Engels AP News 29 Maart 1985 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020 Besoek op 12 Mei 2020 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Concorde Concorde Supersonic Jet en Concorde SST en fr BA Celebrating Concorde en Olympus 593 Mk 610 Geargiveer 3 Mei 2008 op Wayback Machine en Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Concorde amp oldid 2433625,