fbpx
Wikipedia

Andriamanelo

Andriamanelo (fl. 1540-1575) was koning van Alasora op die sentrale plato van Madagaskar. Hy word algemeen beskou as die stigter van die Koninkryk Imerina en die stamvader van die Merina- koninklike lyn teen die 19de eeu. Hy het sy heerskappy oor feitlik die hele Madagaskar uitgebrei.

Andriamanelo
Koning van Alasora
Regeer c. 1540-1575
Dinastie Hova
Voorganger Rafohy (of Rangita)
Opvolger Ralambo
Gebore Merimanjaka
Oorlede c. 1575; Alasora
Eggenote Ramaitsoanala
Kinders (6 doodgebore/klein dood)
Ralambo
Vader Manelobe
Moeder Rafohy (of Rangita)

Hy was die seun van ’n Vazimba-vrou en ’n man van die Hova-volk wat in Suidoos-Madagaskar ontstaan en nuut in die streek aangekom het. Andriamanelo het eindelik ’n reeks veldtogte teen die Vazimba gelei – hulle is oor dekades van die plato af verdryf. Die konflik wat sy bewind gekenmerk het, het tot baie durende uitvindsels gelei soos die ontwikkeling van versterkte dorpe op die hoogland en die gebruik van ysterwapens. Volgens mondelinge tradisie het hy ook ’n heersersklas bekend as die andriana gevestig en die reëls van opvolging neergelê. Net so word talle kulturele tradisies soos die ritueel van besnydenis, die trougebruik vodiondry en die kuns van Malgassiese astrologie met hom verbind.

Inhoud

Die hoogland van Madagaskar, waaruit Andriamanelo die Vazimba probeer verdryf het.

Van die kenmerke van Andriamanelo se bewind was die uitbreiding van sy gebied om die heilige heuwel Alasora deur middel van ’n militêre veldtog teen die Vazimba in ’n poging om hierdie legendariese, primitiewe eerste setlaars van Madagaskar na die weste van die eiland te verdryf. Nadat hy sy koninkryk uitgebrei het om Alasora in die suide en Merimanjaka in die noorde in te sluit, het die voortgesette teenwoordigheid van ’n Vazimba-groep by Analamanga (geleë tussen die twee helftes van sy koninkryk, met die gevolg dat sy ryk verdeel was), ’n te groot bedreiging ingehou dat hy dit kon toelaat. Hy het besluit om Analamanga te verower en die Vazimba uit sy gebied te dryf, ’n ambisie wat gedeeltelik tydens sy bewind bereik is. Volgens legende was Andriamanelo se miltêre sukses te danke aan verskeie innoverings, onder meer die smelt van yster en die uitvinding van spiese met ysterpunte waarmee sy volgelinge teen die Vazimba met hul kleiwapens geveg het. Hy het ook sy hoofstad by Alasora versterk met droë gragte, verdedigingsloopgrawe en dorpspoorte. Sy poging om Merina-oorheersing op die sentrale hoogland te vestig is egter in die wiele gery toe hy nie Analamanga kon verower nie; dit het eers gebeur in die tyd van sy kleinseun, Andrianjaka.

Andriamanelo het verder met ’n niggie aan sy ma se kant van die familie, Ramaitsoanala, getrou. Sy was ’n prinses deur haar astroloog-pa, koning Rabiby, na wie sy hoofstad, die dorp Ambohidrabiby, genoem is. Haar ma was Ivorombe, wat in legendes beskryf word as ’n Vazimba-watergodin. Hiermee het Andriamanelo verseker hy sou die heerser van die grond om Ambohidrabiby word ná die dood van sy skoonpa. Ramaitsoanala het die naam Randapavola aangeneem ná haar troue en bekend geword as koningin Rasolobe ná die geboorte van die egpaar se sewende en jongste seun, Ralambo – die enigste van Andriamanelo se kinders wat ’n volwasse ouderdom bereik het. Ses vroeëre swangerskappe het gelei tot doodgeboortes of ’n vroeë dood.

Andriamanelo se graftome in Alasora.

Andriamanelo word gewoonlik uitgebeeld as ’n beskaafde koning in vergelyking met die primitiewe Vazimba teen wie hy geveg het. Verskeie uitvindsels word aan hom toegeskryf. Die oorsprong van baie daarvan kan egter teruggespoor word na die suidoostelike deel van die eiland wat die Hova agtergelaat het toe hulle na die sentrale hoogland migreer het. Astrologie is byvoorbeeld vroeër aan die Malgasse bekend gestel deur handelskontakte met Arabiese seevaarders. Ysterimplemente het ook al vier eeue voor sy oorloë teen die Vazimba op die eiland bestaan. Dit dui daarop dat Andriamanelo dalk die eerste koning van Imerina was wat in militêre veldtogte van die tegnologie gebruik gemaak het, maar dat dit nie in sy tyd ontdek is nie.

Andriamanelo het regeer tot met sy dood op ’n gevorderde ouderdom omstreeks 1575 en is deur sy enigste oorlewende seun, Ralambo, opgevolg. Hy is in ’n grondgrag in Alasora begrawe. Volgens oorlewering was sy graf suidoos van sy koninklike kompleks in plaas van noord, soos die gebruik was. Dit kon gewees het om simbolies klem te lê op sy "andersheid" as ’n man met ’n gemengde etniese agtergrond.

  1. de la Vassière & Abinal (1885), p. 62
  2. Ogot (1992), p. 430
  3. Kent (1970), p. 93
  4. You (1905), p. 34
  5. Buyers, Christopher (2008). (in Engels). www.royalark.net. vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op3 April 2011.
  6. Radimilahy (1993), pp. 478–483
  7. Madatana (2011). (in Frans). www.madatana.com. vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020. Besoek op10 November 2010.
  8. Kus (1982), pp. 47–62
  • Kent, Raymond (1970). Early Kingdoms in Madagascar and the Birth of the Sakalava Empire, 1500–1700, Volume 1. Madison WI: Holt, Rinehart and Winston.
  • Kus, Susan (1982). "Matters Material and Ideal". In Hodder, Ian (red.). . New York: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-24406-0.
  • Ogot, Bethwell A. (1992). (in Frans). Paris: UNESCO. ISBN 978-0-520-06700-4.
  • Radimilahy, Chantal (1993). "Ancient Iron-working in Madagascar". In Shaw, Thurstan (red.). . London: Taylor & Francis. ISBN 978-0-415-11585-8.
  • de la Vaissière, Camille; Abinal, Antoine (1885). (in Frans). Paris: V. Lecoffre. ISBN 3-540-63293-X.
  • You, André (1905). (in Frans). Paris: Berger-Levrault & cie.

Andriamanelo
andriamanelo, lees, ander, taal, wysig, 1540, 1575, koning, alasora, sentrale, plato, madagaskar, word, algemeen, beskou, stigter, koninkryk, imerina, stamvader, merina, koninklike, teen, 19de, heerskappy, feitlik, hele, madagaskar, uitgebrei, koning, alasorar. Andriamanelo Lees in 039 n ander taal Hou dop Wysig Andriamanelo fl 1540 1575 was koning van Alasora op die sentrale plato van Madagaskar Hy word algemeen beskou as die stigter van die Koninkryk Imerina en die stamvader van die Merina koninklike lyn teen die 19de eeu Hy het sy heerskappy oor feitlik die hele Madagaskar uitgebrei AndriamaneloKoning van AlasoraRegeer c 1540 1575Dinastie HovaVoorganger Rafohy of Rangita Opvolger RalamboGebore MerimanjakaOorlede c 1575 AlasoraEggenote RamaitsoanalaKinders 6 doodgebore klein dood RalamboVader ManelobeMoeder Rafohy of Rangita Hy was die seun van n Vazimba vrou en n man van die Hova volk wat in Suidoos Madagaskar ontstaan en nuut in die streek aangekom het Andriamanelo het eindelik n reeks veldtogte teen die Vazimba gelei hulle is oor dekades van die plato af verdryf Die konflik wat sy bewind gekenmerk het het tot baie durende uitvindsels gelei soos die ontwikkeling van versterkte dorpe op die hoogland en die gebruik van ysterwapens Volgens mondelinge tradisie het hy ook n heersersklas bekend as die andriana gevestig en die reels van opvolging neergele Net so word talle kulturele tradisies soos die ritueel van besnydenis die trougebruik vodiondry en die kuns van Malgassiese astrologie met hom verbind Inhoud 1 Bewind 2 Dood en opvolging 3 Verwysings 4 Bibliografie 5 Eksterne skakelsBewind Wysig Die hoogland van Madagaskar waaruit Andriamanelo die Vazimba probeer verdryf het Van die kenmerke van Andriamanelo se bewind was die uitbreiding van sy gebied om die heilige heuwel Alasora deur middel van n militere veldtog teen die Vazimba in n poging om hierdie legendariese primitiewe eerste setlaars van Madagaskar na die weste van die eiland te verdryf Nadat hy sy koninkryk uitgebrei het om Alasora in die suide en Merimanjaka in die noorde in te sluit het die voortgesette teenwoordigheid van n Vazimba groep by Analamanga gelee tussen die twee helftes van sy koninkryk met die gevolg dat sy ryk verdeel was n te groot bedreiging ingehou dat hy dit kon toelaat Hy het besluit om Analamanga te verower en die Vazimba uit sy gebied te dryf n ambisie wat gedeeltelik tydens sy bewind bereik is 1 Volgens legende was Andriamanelo se miltere sukses te danke aan verskeie innoverings onder meer die smelt van yster en die uitvinding van spiese met ysterpunte 2 waarmee sy volgelinge teen die Vazimba met hul kleiwapens geveg het 3 Hy het ook sy hoofstad by Alasora versterk met droe gragte verdedigingsloopgrawe en dorpspoorte Sy poging om Merina oorheersing op die sentrale hoogland te vestig is egter in die wiele gery toe hy nie Analamanga kon verower nie 1 dit het eers gebeur in die tyd van sy kleinseun Andrianjaka 4 Andriamanelo het verder met n niggie aan sy ma se kant van die familie Ramaitsoanala getrou Sy was n prinses deur haar astroloog pa koning Rabiby na wie sy hoofstad die dorp Ambohidrabiby genoem is Haar ma was Ivorombe wat in legendes beskryf word as n Vazimba watergodin Hiermee het Andriamanelo verseker hy sou die heerser van die grond om Ambohidrabiby word na die dood van sy skoonpa 1 Ramaitsoanala het die naam Randapavola aangeneem na haar troue en bekend geword as koningin Rasolobe na die geboorte van die egpaar se sewende en jongste seun Ralambo die enigste van Andriamanelo se kinders wat n volwasse ouderdom bereik het Ses vroeere swangerskappe het gelei tot doodgeboortes of n vroee dood 5 Andriamanelo se graftome in Alasora Andriamanelo word gewoonlik uitgebeeld as n beskaafde koning in vergelyking met die primitiewe Vazimba teen wie hy geveg het Verskeie uitvindsels word aan hom toegeskryf Die oorsprong van baie daarvan kan egter teruggespoor word na die suidoostelike deel van die eiland wat die Hova agtergelaat het toe hulle na die sentrale hoogland migreer het Astrologie is byvoorbeeld vroeer aan die Malgasse bekend gestel deur handelskontakte met Arabiese seevaarders Ysterimplemente het ook al vier eeue voor sy oorloe teen die Vazimba op die eiland bestaan 6 Dit dui daarop dat Andriamanelo dalk die eerste koning van Imerina was wat in militere veldtogte van die tegnologie gebruik gemaak het maar dat dit nie in sy tyd ontdek is nie 7 Dood en opvolging WysigAndriamanelo het regeer tot met sy dood op n gevorderde ouderdom omstreeks 1575 en is deur sy enigste oorlewende seun Ralambo opgevolg 5 Hy is in n grondgrag in Alasora begrawe Volgens oorlewering was sy graf suidoos van sy koninklike kompleks in plaas van noord soos die gebruik was Dit kon gewees het om simbolies klem te le op sy andersheid as n man met n gemengde etniese agtergrond 8 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 de la Vassiere amp Abinal 1885 p 62 Ogot 1992 p 430 Kent 1970 p 93 You 1905 p 34 5 0 5 1 Buyers Christopher 2008 The Merina or Hova Dynasty 1 in Engels www royalark net Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019 Besoek op 3 April 2011 Radimilahy 1993 pp 478 483 Madatana 2011 Alasora Royaume d Andriamanelo et terre des Velondraiamandreny in Frans www madatana com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2020 Besoek op 10 November 2010 Kus 1982 pp 47 62Bibliografie WysigKent Raymond 1970 Early Kingdoms in Madagascar and the Birth of the Sakalava Empire 1500 1700 Volume 1 Madison WI Holt Rinehart and Winston Kus Susan 1982 Matters Material and Ideal In Hodder Ian red Symbolic and Structural Archaeology New York Cambridge University Press ISBN 978 0 521 24406 0 Ogot Bethwell A 1992 Africa from the Sixteenth to the Eighteenth Century in Frans Paris UNESCO ISBN 978 0 520 06700 4 Radimilahy Chantal 1993 Ancient Iron working in Madagascar In Shaw Thurstan red The Archaeology of Africa Food Metals and Towns London Taylor amp Francis ISBN 978 0 415 11585 8 de la Vaissiere Camille Abinal Antoine 1885 Vingt ans a Madagascar colonisation traditions historiques moeurs et croyances in Frans Paris V Lecoffre ISBN 3 540 63293 X You Andre 1905 Madagascar histoire organisation colonisation in Frans Paris Berger Levrault amp cie Eksterne skakels Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Andriamanelo amp oldid 2432155,