fbpx
Wikipedia

Affrikaat

'n Affrikaat is 'n kombinasie van twee konsonante, waarvan die eerste een 'n (bv. dentale) plosief is en die tweede een 'n homorgane (bv palato-alveolare) vryfklank. Homorgaan dui daarop dat die vryfklank in terme van artikulasieposisie en stemhebbendheid dieselfde eienskap as die voorafgaande plosief het. Hoewel dit dus inderwaarheid om 'n kombinasie van twee klanke gaan, word affrikate as 'n enkele foneem beskou. Daarom word dit ook met die aparte term aangedui.

Die mees algemene affrikate is /pf/, /ts/, /kch/ en /dz/.

In Duits kom daar veral aan die begin van woorde affrikate voor. Die klank wat in 'n woord soos Zaun met die grafeem 'Z' weergegee word is 'n voorbeeld hiervan. Tydens uitspreek van hierdie klank lê die artikulasieposisie van die /t/ baie naby aan dié van die daaropvolgende /s/. Sulke woorde is soms moeilik om uit te spreek vir nie-modertaalsprekers.

Affrikaat
affrikaat, taal, wysig, kombinasie, twee, konsonante, waarvan, eerste, dentale, plosief, tweede, homorgane, palato, alveolare, vryfklank, homorgaan, daarop, vryfklank, terme, artikulasieposisie, stemhebbendheid, dieselfde, eienskap, voorafgaande, plosief, hoew. Affrikaat Taal Hou dop Wysig n Affrikaat is n kombinasie van twee konsonante waarvan die eerste een n bv dentale plosief is en die tweede een n homorgane bv palato alveolare vryfklank Homorgaan dui daarop dat die vryfklank in terme van artikulasieposisie en stemhebbendheid dieselfde eienskap as die voorafgaande plosief het Hoewel dit dus inderwaarheid om n kombinasie van twee klanke gaan word affrikate as n enkele foneem beskou Daarom word dit ook met die aparte term aangedui Die mees algemene affrikate is pf ts kch en dz In Duits kom daar veral aan die begin van woorde affrikate voor Die klank wat in n woord soos Zaun met die grafeem Z weergegee word is n voorbeeld hiervan Tydens uitspreek van hierdie klank le die artikulasieposisie van die t baie naby aan die van die daaropvolgende s Sulke woorde is soms moeilik om uit te spreek vir nie modertaalsprekers Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Affrikaat amp oldid 1313591,