- 1 Januarie – Die Eurobanknote en -muntstukke word ingevoer in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje.
- 1 Januarie – Prof. Theuns Eloff aanvaar diens as rektor van die PU vir CHO.
- Die negende uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
- 8-24 Februarie – Die 19de Olimpiese Winterspele word in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 7-16 Maart – Die agste Paralimpiese Winterspele word in Salt Lake City, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 20 Mei – Herstel van Oos-Timor se onafhanklikheid van Indonesië.
- 31 Mei-30 Junie – Die 17de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Suid-Korea en Japan gespeel, wat deur Brasilië gewen word.
- 8 Junie – Serena Williams wen die Franse Ope.
- 9 Julie – Stigting van die Afrika-unie, die opvolger van die Organisasie vir Afrika-eenheid, in Lusaka.
- 10 September – Switserland sluit aan by die Verenigde Nasies.
- 1 November – Uitbreek van die Ears in die Yunnanprovinsie van die Volksrepubliek China.
- 15 November – Hu Jintao word algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van China.
- Maart (dag onbekend) – Pieter Pieterse, Afrikaanse skrywer en TV-aanbieder (* 1936).
- 22 Januarie – Sheldon Allman, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 28 Januarie – Astrid Lindgren, Sweedse skrywer wat onder andere ook Pippi Langkous geskryf het (* 1907).
- 22 Februarie – Tilana Hanekom, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1921).
- 27 Maart – Dudley Moore, Engelse akteur en musikant (* 1935).
- 27 Maart – Milton Berle, Amerikaanse akteur, komediant (* 1908).
- 30 Maart – Elizabeth Bowes-Lyon, voormalige Britse koningin (* 1900).
- 18 April – Thor Heyerdahl, 'n Noorse ontdekkingsreisiger (* 1914).
- 22 April – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise (* 1949).
- 5 Mei – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië (* 1926).
- 25 Mei – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder, komediant en skepper van programme (* 1967).
- 1 Junie – Hansie Cronjé, Suid-Afrikaanse oud-krieketkaptein (* 1969).
- 10 Junie – Attie van der Colf, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en digter van 126 omrymings in die Liedboek van die Kerk (* 1933).
- 24 Junie – Jurie Ferreira, Afrikaanse sanger (* 1921).
- 29 Junie – Stephen Fry, Suid-Afrika se drie-en-twintigste Springbokkaptein (* 1924).
- 1 Julie – Eleanor Baker, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944).
- 9 Julie – Rod Steiger, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 1 Oktober – Walter Annenberg, Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat (* 1908).
- 13 Oktober – Stephen E. Ambrose, Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente (* 1936).
- 13 Oktober – Garfield Todd, 'n eerste minister van Suid-Rhodesië (* 1908).
- 12 November – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant (* 1960).
- 2 Desember – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog (* 1926).
