- Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se televisiediens begin in Julie uitsaai.
- Die Mediese Universiteit van Suider-Afrika (MEDUNSA) naby Pretoria word gestig.
- 21 Januarie – Concorde se kommersiële vlugte word die eerste keer tegelykertyd op twee roetes onderneem.
- 4-15 Februarie – Die twaalfde Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 21-28 Februarie – Die eerste Paralimpiese Winterspele word in Örnsköldsvik, Swede, aangebied.
- 27 Februarie – Die Polisario verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laâyoune as hoofstad.
- 18 Maart – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik.
- 24 Maart – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep.
- 26 Maart – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk stuur die eerste koninklike e-pos.
- 1 April – Die rekenaarmaatskappy Apple Computer word gestig deur Steve Jobs en Steve Wozniak.
- 5 April – James Callaghan word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk.
- 9 Mei – Ulrike Meinhof van die terroriste-organisasie "RAF" (Rote Armee Fraktion) word dood aangetref in haar sel in die gevangenis in Stuttgart-Stammheim.
- 16 Junie – Die Soweto-opstand begin in Suid-Afrika.
- 22 Junie – Die Kanadese laerhuis skaf die doodstraf af.
- 26 Junie – Die CN-toring in Toronto, die wêreld se hoogste vrystaande gebou, word geopen.
- 29 Junie – Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 2 Julie – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam as Viëtnam. Saigon word na Ho Chi Minh-stad hernoem.
- 4 Julie – Israeliese valskermsoldate bevry 103 gyselaars wat deur Palestynse vliegtuigkapers in Entebbe, Uganda, aangehou word tydens Operasie Entebbe.
- 17 Julie-1 Augustus – Die 21ste Olimpiese Somerspele word in Montreal, Kanada, aangebied.
- 20 Julie – Viking 1 land op Mars, en teken die eerste besoek vanaf die Aarde aan die planeet aan.
- 3-11 Augustus – Die vyfde Paralimpiese Somerspele word in Toronto, Kanada, aangebied.
- Onbekend – Saskia de Coster, Vlaamse skryfster.
- 4 Februarie – Yuval Noah Harari Israeli geskiedkundige en skrywer.
- 29 Februarie – Chadwick Boseman, Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer († 2020)
- 24 Maart – Peyton Manning, Amerikaanse NFL-ster
- 1 April − John Elkann, Italiaans-Amerikaanse nyweraar.
- 13 April – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur († 2003).
- 20 April – Joey Lawrence, Amerikaanse akteur
- 7 Mei – Ayelet Shaked, Israelse politikus.
- 30 Mei – Omri Katz, Amerikaanse akteur.
- 3 Julie – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein.
- 15 Julie – Diane Kruger, Duitse aktrise en model.
- 2 Augustus – Lianie May, Afrikaanse ligte sangeres.
- 15 Augustus – Abiy Ahmed, Ethiopiese politikus en 12de premier van Ethiopië.
- 24 Augustus – Alex O'Loughlin, Australiese akteur
- 27 Augustus – Mark Webber, Australiese F1-renjaer.
- 4 Oktober – Alicia Silverstone, Amerikaanse aktrise.
- 19 Oktober – Pro Legoete, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 27 November – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer.
- 3 Desember – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 23 Desember – Kyle Kinane, Amerikaanse akteur, skrywer en vervaardiger.
- Onbekend – Annanias Mathe, gevonnisde reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek († 2016).
- 12 Januarie – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890).
- 23 Januarie – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis (* 1898).
- 13 Februarie – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan (* 1898).
- 20 Februarie – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige (* 1886).
- 24 Maart – Bernard Montgomery, Britse veldmaarskalk (* 1887)
- 1 April – Max Ernst, Duitse skilder (* 1891).
- 5 April – Howard Hughes, Amerikaanse lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905)
- 11 Mei – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898).
- 12 Mei – Rudolf Kempe, Duitse dirigent (* 1910).
- 9 Junie − Paul Rodenko, belangrike Nederlandse digter, kritikus, essayis en vertaler (* 1920)
- 9 Junie – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer (* 1896).
- 16 Junie – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961).
- 16 Junie – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand van 1976 (* 1964).
- 25 Junie – Johnny Mercer, Amerikaanse liedjieskrywer (* 1909).
- 5 Augustus – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter (* 1888)
- 22 Augustus – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse geneeskundige en politikus (* 1902).
- 9 September – Mao Zedong, Kommunistiese Chinese politikus en partyleier (* 1893)
- 12 November – Walter Piston, Amerikaanse komponis (* 1894).
- 4 Desember – Benjamin Britten, Engelse komponis, dirigent en pianis (* 1913).
- Onbekend – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903).
