Żywiołak
Żywiołak is 'n Poolse folkmusiekgroep wat elemente van Slawiese folk- en psigedeliese musiek, punk, rockmetal, akoestiese transtechnomusiek, drum 'n' bass, dub, chillout en ambient-musiek met die klanke van antieke en moderne musiekinstrumente, argaïese en hedendaagse stemtegnieke kombineer. In April 2006 is Żywiołak met die Grand Prix van die Poolse Uitsaaikorporasie se New Tradition-folkmusiekfees bekroon. Żywiołak was een van dertien Poolse finaliste vir die Eurovision-sangfees in 2008. Hul lied, Noc Kupały, is egter gediskwalifiseer aangesien dit reeds voor 1 Oktober 2007 gepubliseer is – 'n oortreding van die sangfees se reëls. Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. Agtergrondinligting Oorsprong Warskou, Pole Genres Folk, roots, eksperimentele musiek Jare aktief 2005 – hede Etikette Karrot Kommando Webwerf Lede Robert Jaworski (hurdy gurdy, Renaissance-viool, luit, fluit, doedelsak, altviool)
Izabella Byra (stem)
Robert Wasilewski (luit, baskitaar, stem)
Anucha Piotrowska (stem, djembe)
Maciej Dymek (baraban, czynel, dromme en perkussie)
Monika Sadkowska (stem)
Agnieszka Biniek (viool, altviool, stem)
