In Afrikaans verteenwoordig ý soos alle akuut-aksenttekens 'n klem. Dit word nie as 'n aparte letter beskou nie. In Yslands is ý die 29ste letter van die alfabet, tussen Y en Þ. Dit verteenwoordig die klank [iː] ( soos "bier"). In Turkmeens is ý die 29ste letter van die alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [j]( soos "ja" ). In Faroëes is ý die 27ste letter van die alfabet, tussen y en æ en verteenwoordig die klank [ʊi] of [ʊiː] (soos Engels "boil"). In Tsjeggies is ý die 40ste letter van die alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [iː] (soos "bier"). Ý is die 44ste letter van die Slowaakse alfabet, tussen y en z en verteenwoordig die klank [iː] (soos "bier"). Ý is die 29ste letter van die Kasaks Latynse alfabet, tussen y en z. Dit verteenwoordig die klank [w] (soos "kwart"). In Viëtnamees beteken ý "Italië", wat kort vir Ý Đại Lợi is. In Afrikaans
In Yslands
In Turkmeens
In Faroëes
In Tsjeggies
In Slowaaks
In Kasaks
Ý word nie in Moderne Spaans gebruik nie, maar ý bestaan wel in die eienaam Aýna, 'n dorp in Spanje.
